Biblioteek

 

 

Net vir almal wat nog nie weet nie..

 

Ons het ons eie biblioteek in die gemeente.

 

Kom drink gerus Sondag oggend n lekker warm koppie tee na die kerk diens en loer dan in by kamer no. 18 (Dis reg langs die kombuis!).

 

Jy mag dalk net n boek daar ontdek wat spesiaal aan jou behoefte voldoen.

 

Daar is n groot verskeidenheid onderwerpe, en ons vorraad groei nog steeds.

 

Meeste van die boeke is skenkings uit die gemeente, en dis so opwindend om n hopie boeke voor die deur te vind.  Somstyds weet ons nie eens wie die skenker is nie en daarom wil ek hierdie skrywe gebruik om elkeen te bedank vir sy bydrae. Ook vir al die getroue besoekers; dankie vir jul ondersteuning. 

 

Dankie ook aan my getroue helper, Erica Murray, wat soos klokslag daar is om oop te sluit en met  al haar ondervinding en bereidwilligheid, orde te handhaaf.

 

Kom gesels gerus,vertel ons van jou gunsteling skrywer, enige voorstelle is altyd welkom. 

 

Annetjie Michau

012 331 0494

 


 

Nuwe Boeke:

 

Hier is n paar van die boeke wat onlangs by die versameling gevoeg is. 

 

 

OUTEUR TITEL ONDERWERP