Kiosk

 

 

Ons wil die Bybel - Brood van die Lewe - so beskikbaar as moontlik maak.

 

Vir hierdie doel is 'n sleepwa spesiaal ingerig en toegerus met 'n groot aantal Bybels in verskillende tale. Spanne vrywilligers sal oor naweke met die sleepwa op plekke gaan  staan waar daar groot getalle mense verby beweeg en dan Bybels teen kosprys verkoop. Dit is 'n liefdesdiens - daar word nie wins gemaak nie.

 

Wonderlike getuienisse word gereeld vertel van die reaksie van mense wat Bybels by die Bybelwa ontvang het.

 

Lees van die getuienisse hieronder.

 

 

 

Martin Alberts is hier besig met voorbereidings by die Bybelwa.

 

 

Frikkie de Bruin is hier in gesprek met iemand wat so pas 'n Bybel gekoop het.

 

 

Navrae: Kerkkantoor

 

Gereeld kom daar pragtige en inspirerende getuienisse na vore en ons deel dit graag met u.

 

1. 23 Aug 2014 -  'n Dag met 'n Uitreik met die Bybelwaentjie in Sunnyside

2. 27 April 2015 - 'n Kiosk Getuienis

3. 23 Mei 2015 -  'n Kiosk Getuienis

4. 09 Des 2015 Bybelwaentjie projek in die weegskaal