Uitreike

 

 

Met die talle woonstelle wat in die gemeentegebied is, vind hier 'n taamlike deurbeweeg van mense plaas. Talle bly net vir 'n klein rukkie in die gebied en verhuis dan weer.

 

Dit het tot gevolg dat baie nooit meer by 'n kerk uitkom nie,

en dat die kerk soms ook nie by hulle uitkom nie!

 

Ons wil hierdie situasie voorkom deur op 'n gereelde basis by soveel as moontlik woonstelle aan te doen en met die mense te gesels. Dit maak nie saak in watter kerk hulle is nie - ons wil graag die mense ontmoet en hulle uitnooi om by die gemeente in te skakel.

 

Jy is welkom om in te skakel by die aksie.