Goeie Nuus:

 

 

Jy is kosbaar vir God!

 

 

 

 

Miskien voel jy asof jy alleen is op die wreld,

... asof niemand vir jou omgee nie,

... asof niemand vir jou verstaan nie ...

 

Miskien voel jy eensaam of bedruk,

... asof die lewe en sy probleme eenvoudig net te veel geraak het

en jy nie meer kans sien om so aan te gaan nie!

 

Weet dit, my vriend:

 

God sien jou raak ...

God gee om vir jou ...

Hy wil h dat dit met jou sal goed gaan.

 

Jesus nooi jou uit:

 

Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee.

Matt. 11:28

 

God het jou so lief dat Hy van sy kant af alles moontlik gedoen het om die verhouding tussen julle (wat iewers skeef geloop het) reg te stel:

 

God het die wreld so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat di wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal h.

Joh. 3:16

 

Dit is nie nodig dat jy jou swaarkry verder alleen moet dra nie.

 

God wil jou help.

 

Hy kan jou lewe nuut maak ...

 

Wil jy Hom nie nou met jou lewe en toekoms vertrou nie?

 

Bid dan hierdie eenvoudige gebed:

 

Here, ek bely dat ek 'n sondaar is,

Vergewe my asb. alles (noem dit op die naam!) wat verkeerd is in my lewe.

Ek gee nou die beheer van my lewe aan U oor en vra dat Jesus van nou af vir my sal lei op die pad wat U vir my bestem.

Baie dankie dat Jesus reeds die losprys vir my sonde en oortredinge betaal het, en dat U my daarom vryspreek.

Dankie dat ek nou u kind kan wees.

Amen

 

Wil jy dit nie asb. met ons deel as jy hierdie gebed gebid het nie?

 

Ons sal graag vir jou voorbidding wil doen en verdere ondersteuning wil gee.

 

Naam en van:

Tel nr:

Sel nr:

Epos:

Adres:

Rede vir die boodskap:

Boodskap:

Kontak verlang:

 

Ja, kontak my asb.

Dringend

 

 

Indien jy nie nou kans sien om die gebed te bid nie, maar graag met iemand sal wil gesels or voorbidding verlang, kontak ons asb. Ons sal graag wil help.

 

Mag die Here jou wonderlik sen!

 

Johan

jvanas@jeugfokus.org.za