Die Verbondsverpligting van ouers:

 

 

As ouers het ons die verant-woordelikheid om ons kinders so groot te maak, dat hulle van kleins af in die ouerhuis kan leer om God te ken en lief te h. Hulle moet weet dat hulle in elke omstandigheid op die Here kan vertrou. Wanneer hulle groot is, moet hulle hulle plek in die samelewing kan volstaan en 'n voorbeeld wees vir ander in die uitleef van hulle geloof ...

 

Hierdie komitee wil ouers help en in staat stel om hierdie taak so goed as moontlik uit te voer.

 

Elsie Ceronio 335 0707

 

Wat is die verbond?

 

n Verbond is meer as n blote ooreenkoms of kontrak. Dit is n permanente ooreenkoms, n ooreenkoms wat slegs deur die dood gebreek kan word. Hierdie ooreenkoms het sekere regte en pligte vir die deelnemers ingehou.

 

In die antieke tyd het konings, wanneer hulle n verbond met mekaar sluit, diere laat slag (hulle is lengte gewys middeldeur gesny) en die gedeeltes van die karkasse is so neergesit dat mens tussen dit kon deurloop. Die persone wat betrokke was by die verbondsluiting het dan tussen die karkas gedeeltes deurbeweeg. Daarmee het hulle vir mekaar ges: My lewe is nou in jou hande. Indien ek ooit hierdie ooreenkoms sou verbreek, het jy die reg om my lewe te neem soos ons met hierdie diere gemaak het. Dit is dus duidelik dat iemand wat in n verbondsluiting betrokke was, alles in sy vermo sou doen om die verbond na te kom. Sy lewe en voortbestaan was op die spel. Gn. 15:921; Jr. 34:1820

 

In die roeping van Abram het die inisiatief volledig van God gekom. Saam met die verbondsluiting gaan n naamsverandering van Abram na Abraham gepaard. In Gn. 15:921 het die Here alleen tussen die stukke deurgegaan, omdat die Here en Abraham nie saam n verbond gesluit het nie, maar omdat die Here met Abraham n verbond gesluit het wat net van Hom af uitgegaan het. God het met hierdie aksie van Hom te kenne gee dat Hy weet dat Abraham nie volmaak is nie en foute kan maak. Indien Abraham ook tussen die stukke deurbeweeg het, sou die Here hom moes uitwis. Van sy kant af, sal Hy wat God is, egter nooit hierdie ooreenkoms breek nie. Hy plaas sy voortbestaan op die spel.

 

Ons noem hierdie verbond gevolglik n genade verbond God is genadig teenoor Abraham. Die verbond wat die Here met die mens gesluit het, is die ruimte waarbinne God vir Hom n volk red, n volk wie se God Hy is. Verbond en kerk het dt gemeen. [1]

 

 

2.       Die verbond hou sekere voorregte en verpligtinge in.

 

2.1     Voorregte:

 

God s:

  • Ek sal jou God wees

  • Ek sal vir jou sen en jou versorg

  • Ek sal vir jou n nageslag gee

  • Ek sal vir jou n land gee

 

2.2     Verpligtinge:

 

  • Jy en jou nageslag moet My aanbid, gehoorsaam en dien.

 

As teken van die verbond word die besnydenis toegepas. n Seuntjie word op 8 dae ouderdom besny. Selfs al is hy te klein om die implikasies van die verbond te verstaan, het hy nogtans die teken van die verbond ontvang. Waarom is die teken nie ook aan dogtertjies bedien nie? In die Ou Testament het die man as hoof van die huis volle verantwoordelikheid vir sy hele huisgesin geneem. Dit het sy vrou, seuns en dogters, slawe en slavinne ingesluit. Dit was voldoende dat die teken aan die manlike persoon bedien is.

In die Nuwe Testament word die besnydenis deur die doop as teken vervang, en word dit verder aan persone van beide geslagte bedien.

 

Abraham moes verantwoordelikheid neem vir sy huisgesin en nageslag, om hulle te leer om die Here lief te h en te dien. Die pa as priester in die huis het die verantwoordelikheid om as tussenganger tussen God en mens vir hom en sy gesin in te tree. Huisgodsdiens het van die vroegste tye af n groot rol gespeel.

 

Deut 6: 6Hierdie gebooie wat ek jou vandag gegee het, moet in jou gedagtes bly. 7Jy moet dit inskerp by jou kinders en met hulle daaroor praat as jy in jou huis is en as jy op pad is, as jy gaan slaap en as jy opstaan. 8Jy moet dit as herinneringsteken vasbind aan jou hande, en dit moet n merk op jou voorkop wees. 9Skryf dit op jou deurkosyne en op jou stadspoorte.[2]

 

Ons moet ons kinders van God leer en dit by hulle inskerp:

  • as jy in jou huis is en

  • as jy op pad is,

  • as jy gaan slaap en

  • as jy opstaan.

 

By die afl van die doopbelofte belowe die ouers om die kinders in die leer te onderrig en te laat onderrig. Die verantwoordelikheid l dan eerstens by die ouerhuis, tweedens by die kerk en gemeenskap.

 

 

3.       Hoe?

 

3.1     Persoonlik:

 

  • Persoonlike voorbeeld van n lewende verhouding met God

  • Hou van stiltetyd in die huis

  • Voorbeeld van n gesonde huwelik en ouers wat die Here respekteer en eer

  • Erediens bywoning

  • Inskakeling by kerklike aktiwiteite

    • Blootstelling van die kinders aan kerklike aktiwiteite Voorbeeld van Hanna, Samuel se ma in 1 Sam. 2

  • Dankoffers

  • Dissipline in die huis

    • Voorbeeld van Eli se seuns: 1 Sam. 2: 17Hierdie sonde van Eli se seuns was baie groot in die o van die Here, want daardeur het die mense hulle agting vir die offer van die Here verloor.[3]

    • Efes 6:4En vaders, moenie julle kinders so behandel dat hulle opstandig word nie, maar maak hulle groot met tug en vermaning soos die Here dit wil.[4]

 

3.2     Kerklik:

 

  • Erediens bywoning

  • Sondagskool en Kategese

  • Jeugaksies - Kinderkrans / JKJA, SKJA

3.3     Gemeenskap:

 

Tot onlangs het skole ook n groot rol gespeel in die godsdienstige opvoeding van ons kinders. Nuwe wetgewing het die situasie verander, en kinders word nou in n multi-kulturele en multi-godsdienstige wreld groot. Hulle word blootgestel aan baie vreemde invloede en idees, en dit word vir hulle al moeiliker om onderskeid te tref tussen reg en verkeerd. Die samelewing en regering speel saam om nie-christelike standaarde af te dwing. Dink maar aan die veldtog teen vigs wat s: Doen wat jy goedvind om te doen. Gaan aan met wat jy doen. Speel net veilig. Gebruik n kondoom. Die kind kry die idee: Dit is reg. Almal doen dit. Ek kan / mag dit maar doen.

 

Die ouers se verantwoordelikheid is nou net soveel groter om aan hulle kinders gesonde lewenswaardes en christelike standaarde te leer. Hoe meer ek my kinders blootstel aan die christelike omgewing met christelike standaarde en waardes, hoe stewiger sal hulle kan staan in die wreld.

 

 

4.       Probleme:

 

4.1     Huisgodsdiens word in min huise getrou gehou.

Saans is mense te moeg en wil hulle ontspan.

Mense sit sommer voor die Tv en eet. Kommunikasie is daarmee heen want almal moet stilbly terwyl die program aan die gang is.

In die oggend gaan dit te dol.

 

4.2     Erediens bywoning min gesinne gaan as gesin kerk toe.

Sommige ouers verontskuldig hulleself deurdat hulle die kinders by die kerk aflaai vir kategese en weer oplaai. Dit is nie voldoende nie. Die kind kry die indruk dat kerkbywoning nie belangrik is nie, en verdwyn na belydenis aflegging uit die kerk.

 

4.3     Enkel-ouer gesinne.

Pa en ma is geskei en die kinders kuier om die beurt oor naweke by die een ouer en dan by die ander. Hulle kry gevolglik min kans om getrou in die kerk te kom en mis groot dele van die katkisasie.

 

4.4     Tydsgees Kinders is opstandig en ongehoorsaam. Dit is egter n eeue oue probleem.

Kom ons kry n paar feite reg: 

  • Ouerskap is n taak wat so oud is as die mensdom self. 

  • Ouerskap gaan gepaard met n geweldige verantwoordelikheid. 

  • Dit is nie vandag enigsins moeiliker of makliker om n ouer te wees as jare gelede nie. 

  • Ons vorm almal deel van een lang tradisie wat deur die eeue kom. 

  • Elke geslag het maar sy probleme gehad, en daardie probleme verskil nie soveel van mekaar as wat n mens sou dink nie.

 

n Woedende pa vra vir sy tiener seun: Waar was jy? Die seun wat op heterdaad deur sy pa betrap is toe hy laat die nag in die huis probeer insluip, antwoord: Nrens nie. Groei tog op!, raas sy pa met hom. Hou op om so op die markplein rond te hang en in die strate rond te loop. Gaan skool toe. Jy irriteer my dag en nag. Nag en dag mors jy jou tyd om plesier na te jaag. Klink dit enigsins bekend? Dit is n vrye vertaling van n 4,000 jaar oue Sumeriese Kleitablet!

 

n Ander geriteerde ouer skryf: Ek sien geen hoop vir die toekoms van ons volk as hulle van vandag se wispelturige jeug afhanklik is nie, want vir seker is alle jongmense te roekeloos vir woorde. Toe ek n kind was, is ons geleer om diskreet te wees en met respek teenoor ouer persone op te tree, maar die hedendaagse jeug is uiters wild en onverantwoordelik. Hierdie opmerking kom van die Griekse digter Hesiod wat in die 8e eeu voor Christus geleef het.

 

Socrates, n bekende filosoof (469-399 vC) skryf as volg oor die jongmense van sy tyd: Vandag se jeug is lief vir luukshede. Hulle het swak maniere, hulle minag gesag, hulle het geen respek vir ouer persone nie en hulle praat nonsens wanneer hulle behoort te werk. Die jongmense staan nie meer op wanneer ouer mense in die vertrek inkom nie. Hulle praat hulle ouers teen, praat te veel in n geselskap, slurp hulle kos, sit hulle voete op die tafel en tiraniseer die ouer mense.

 

4.5     Wreld en Tydsgees:

In die ou dae het die ouer mense die senior posisies in die samelewing ingeneem. Nou word hulle toenemend uitgeskuif en in ouetehuise gestop waar hulle vergeet word. Jongmense het hulle respek vir ou mense verloor.

 

4.6     Onverdraagsaamheid tussen mense van verskillende ouderdomsgroepe:

Die jongmense voel nie tuis en op hulle gemak by die kerk nie, want daar word nie vir hulle voldoende ruimte geskep nie.

Die ouer mense stagneer en steek vas by ou tradisies en gewoontes. Hulle is nie bereid om te verander nie. Hulle wil nie vir die jongmense ruimte skep, soos bv. met die sing van nuwe liedere nie.

Die jonger mense verdwyn uit die kerk en gaan soek hulle heenkome op n ander plek.

 

 

5.       Voorstelle:

 

  • Ons moet kyk na n gesinsgerigte gemeentebediening.

  • Effektiewe huisgodsdiens hoe doen ons dit?

  • Gesinsgerigte eredienste - Die totale gesin moet betrek word by eredienste (Nie n aparte jeugdiens nie, maar ouers en kinders bymekaar).

  • Kyk na saamdoen aktiwiteite in die gesin:

    • Ouer en kind dae kan gehou word

      • n Pa en seun/s dag, n Pa en dogter/s dag

      • n Ma en seun/s dag, n Ma en dogter/s dag

    • Gesinskompetisies waar almal kans kry om deel te neem

  • Seminare kan gemik word vir die Jeug om hulle voor te berei vir die uitdagings van die lewe, bv.

    • Waar kry ek werk na matriek?

    • Hoe weet ek die ou / meisie is die regte persoon vir my?

    • Seks voor die huwelik ja of nee?

    • Vigs en jy / jou vriende

    • Stel vir jou n doelwit in die lewe

  • Seminare waar jonk en oud bymekaar is en saamgesels oor die generasie-gaping en kommunikasiegaping. Hoe kan ons die kommunikasiegaping oorbrug en vir mekaar ruimte skep / meer verdraagsaam wees teenoor mekaar?

  • Die skep van n christelike atmosfeer in die huis. Is daar enigiets in jou huis wat wys dat jy n Christen is?

    • Wanneer jy in n Joodse gelowige se huis kom, is daar die houers met die Wet by die deure opgeplak.

    • Wanneer jy in n Moslem se huis ingaan, kom jy onmiddelik agter dat jy in n Moslem huis is. Op die mure het hulle skilderye wat die lof van Alah besing.

    • Ons het niks om te wys nie, behalwe miskien n met stof bedekte Bybel wat iewers op n rak l n moontlike projek vir die Sondagskool kan wees om iets te maak wat in die kind se huis opgehang kan word.

  • Daar kan vir elke maand van die jaar n tema/slagspreuk gekies word wat een of ander belangrike aspek van die verbondsbediening aanraak.

    • Herinner gesinne elke Sondag/tweede Sondag daaraan, deur iets uit te deel in die verband. Vb.: yskasmagnete/rekenaarmagnete/motorplakkertjies wat jy binne-in(langs die radio), vasplak, wat jy kort-kort raaksien, iets wat jy aan jou deurkosyn vasplak, waaraan jy elke keer raak as jy in/uit beweeg.

    • Ander items om jou te herinner, is koffiebekers/kosblikke met iets geestelik op,  sonpette en ander alledaagse items.

    • Stel rekenaar screensavers saam met Christelike temas. Wanneer jy van jou rekenenaar af weg is, wys die boodskap en kan ander dit lees.

 

Johan van As (Ds)

 

 

6.       Verdere leeswerk:

 

  • Parents as Partners in Youth Ministry - Darrel Pearson,

    SP Publications, USA, 1985. ISBN: 0-89693-922-9

  • Ouerskap is nie kinderspeletjies nie - Arnold Mol,

    Femina Uitgewers, 1984. ISBN: 0-86816-040-7

  • Ma is raad-op - Dr. Jan van Elfen,

    Tafelberg Uitgewers, 1985. ISBN: 0-624-02185-8

  • Die effektiewe vader - Gordon Mac Donald,

    Christelike Uitgewersmaatskappy, 1989. ISBN: 1-86829-018-2

  • Pa en sy Tiener - Mike Muller,

    Lux Verbi, 1988. ISBN: 0-86997-263-4

  • Wat kan ek van my kind verwag - John Drescher,

    Tafelberg, 1989. ISBN: 0-624-02783 X

  • My kind 'n wenner - Coley Lamprecht,

    Tafelberg, 1988. ISBN: 0-624-02591-8

  • Jeugfokus Webwerf: www.jeugfokus.org.za


 


[1]A.H. van Zyl et.al., Die Bybel Verklaar, (Kaapstad: Lux Verbi) 1993.

[2]Die Bybel Nuwe Vertaling, (SuidAfrika: Bybelgenootskap Van SuidAfrika) 1983.

[3]Die Bybel Nuwe Vertaling, (SuidAfrika: Bybelgenootskap Van SuidAfrika) 1983.

[4]Die Bybel Nuwe Vertaling, (SuidAfrika: Bybelgenootskap Van SuidAfrika) 1983.

 

 

Terug na Missie