Nuus

 

 

Het jy 'n interessante storie of getuienis om te deel?

Ons wil dit graag hoor!

 

Let wel: Klik op die skakels om die volledige artikels te lees.

 

 

Nuwe Misdaad Statistieke

 

Oktober 2009

 

Feesnaweek 9/10/2009

 

Vrydag-aand is 'n gemeentekonsert gehou met die tema "Van Toeka tot Nou" en is hoogtepunte in die geskiedenis oor die afgelope klomp jare uitgelig.

 

Saterdag is die feestelikhede voortgesit by die Laerskool Wonderboom Suid.

 

Die hoogtepunt was die erediens Sondag-oggend met Wesley de Lange as prediker.

 

Foto Album

Oktober 2009

 

Die Jeug-ondersteuningsgroep besoek Johnny, 'n liggaamlik gestremde jongman, om hom geluk te wens met sy 19e verjaarsdag.

 

Foto Album

Oktober 2009

 

Die jeug besoek 'n blanke plakkerskamp en ervaar die omstandighede waaronder sommige arm mense moet bly.

 

Foto Album

Mei 2009

Griekse Aand

Die Griekse aand saam met Yoti was 'n heerlike ontspan geleentheid. Ons het nooit gedink dit kan soveel pret wees om borde te breek nie!

Foto Album

Maart 2009

 

Fanie en Adele Kruger groet:

 

Fanie en Adele Kruger het na 'n besoek aan hulle kinders in New Zealand 'n werksaanbod daar ontvang wat hom vinning moes laat besluit wat hom te doen staan. Hy is nou reeds geruime tyd in Wellington en dit gaan goed, maar die verlange is maar groot.

 

Hy vertel sy storie:

Maart 2009

 

Besoek aan Petra Kollege

'n Groepie gemeentelede het saam met Ds. Chris Visser die tog na Petra Kollege aangepak.

Foto Album

Februarie 2009

 

Nuwe Suid-Afrikaanse kampioen in die Meester II klas in kragoptel:

 

Willy Johnstone-Robertson het op Saterdag 14 Junie 2008 in Durban aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe in kragoptel (power lifting) deelgeneem en 'n goue medalje verdien. Hy is nou die Suid-Afrikaanse kampioen in die Meester II klas (mans tussen 50 en 60 jaar oud).

 

Baie geluk met die pragtige prestasie!

Mag jy van krag tot krag gaan!

 

 

Retha Nothnagel vertel:

 

 

Die Mighty Men konferensie in Greytown in April 2008 het groot indruk gemaak op diegene wat dit bygewoon het.

 

Frikkie de Bruin en Neels Eicker vertel van hulle ervaringe by die Mighty Men konferensie.

April 2008

Charles Ceronio presteer in die Buiteland

 

Charles, 'n kranige Bonsai kweker, is onlangs by 'n Bonsai geleentheid in Amerika aangewys as een van die beste Bonsai demonstreerders by die geleentheid.

 

 

 

Indien jy interessante nuus het wat jy graag met ander sal wil deel,

stuur dit asb. vir Johan van As by webmaster@ngkwbs.org.za

of handig dit in by Suzette by die Kerkkantoor.