60JAAR

Algemene Sinode

 

4 - 8 Junie 2007

 

 

Dag 1: 4 Junie 2007

 

Dag 1: 4 Junie

Dag 2: 5 Junie

Dag 3: 6 Junie 

Dag 4: 7 Junie

Dag 5: 8 Junie

 

Persberigte

Opsomming

 

Belangrike sake wat ons almal raak word by die Algemene Sinode bespreek. Onderstaande verslag is uit verskillende bronne saamgestel en mag op plekke dalk oorvleuel. Die doel is egter om inligting so vinnig as moontlik beskibaar te stel.

 

 

Afgevaardigdes by Birchwood byeen

 

n Volle 373 afgevaardigdes uit n moontlike maksimum 389 het vandag by die Birchwood-konferensiesentrum in Boksburg, neffens die OR Tambo-lughawe, byeengekom. Die vergadering het n lywige sakelys van meer as 500 bladsye om deur te werk. (Die sakelys is op ons webblad beskikbaar.)

 

Die sakelys is so opgestel dat die ou kommissie-gedrewe styl van verslagdoening vervang is met n tematiese aanbieding wat verband hou met temas uit die NG Kerk se roepingsverklaring. Sake wat saamhoort, word saam aangebied. Alreeds op die eerste sittingsdag, met roeping en identiteit as tema, het dit briljant en bemagtigend gewerk.

 

Die Algemene Sinode hanteer ook die appl van Laurie Gaum, wat in camera sal geskied.

 

 

Maandag 4 Junie

 

Gesprek oor wie ons is, is krities belangrik

 

n Behoorlike gesprek oor wie God is, wie ons as sy kerk is en wat ons roeping is, is ver belangriker as wat ons mag dink, het dr Coenie Burger, moderator van die Algemene Sinode, op die eerste sittingsdag ges. Dit mag nie gebeur dat minder belangrike sake die agenda van die kerk domineer sonder dat ons op n diep vlak oor ons identiteit in Christus sake nadink nie.

 

Die identiteitsvraag vra wie ons is.  Daaroor moet ons duidelikheid kry en by die sinode praat ons daaroor aan die hand van twee dokumente, naamlik die roepingsverklaring van die kerk en die een oor ons gereformeerde identiteit.

 

Hieroor het hy drie opmerkings gemaak:

 

  • Ons moet meer erns maak oor die belydenis van die Christelike geloof en ons tradisie (die inhoud van ons Belydenisskrifte) waarin die inhoud van ons geloof verwoord word. Ons leef in ʼn tyd wat die inhoud van ons geloof nie altyd meer vir mense saak maak nie.

  • Die vraag na ons roeping is die vraag na, wat is dit wat die Here nou wil h ons moet doen? Ons kan eers praat oor wat ons moet doen, as ons weet wie ons is.  Daarom is die inhoud van ons verstaan van die Christelike geloof (ons identiteit) van allergrootste belang

  • Ons moet verstaan dat as jy ja s vir Christus, s jy nee vir n klomp ander dinge. Christus-alleen is die Here. Ons harte hang nie aan ʼn klomp ander goed nie.

 

Verder het hy met groot erns ges:

1.     Ons bedien nie pre-moderne mense nie. Ons moet besef dat ons grootste bedienings-konteks is n sekulre een.  Dit moet ons nie blind maak vir ander kontekste nie. Ons moet nie mense uit ander kontekste vervreem uit ons kerk nie. Ons moet ook onthou dat wat in Europa gebeur het, ons nie altyd gehelp het nie.

2.        Ons behoort op te pas vir nieu-Afrikanerdenke. Daar is n groeiende klem op Afrikaneridentiteit en -bewussyn. Sommige mense in die vergadering sal nie hou van wat ek s nie, maar die kerk mag haar nooit so met n bepaalde kultuur identifiseer dat dit bepalned vir ons identiteit en roeping word nie. Daar is ander organisasies wat hulle hiermee kan bemoei. Kultuur en taal is vir Christene ʼn belangrike saak en ons moet die gesprek hieroor voer, maar die Here moet ons help dat ons nie weer in dieselfde slaggat hieroor trap as in die verlede nie. Dit kan nie die kerk se prioriteit word nie.

3.        Burger meen ook dat materile dinge en veral geld besig is om glads te belangrik te word. Dit is n faktor wat Bybelse identiteits- en roepingsvorming belemmer. Wanneer mens Christus volg en Hom as Here bely, is daar n klomp goed waarvan jy dan glo en bely dat dit nie heerskappy voer nie. Jy moet daarteen kies en dit agterlaat. Die suigkrag van materialisme is n ernstige bedreiging vir ons Christelike getuienis as kerk. Ons moet oppas dat geld nie vir ons, in terme van vertroue, belangriker word as die Evangelie nie.

 

Met hierdie woorde is n gesprek oor roeping en identiteit op die eerste sittingsaand van die sinode ingelei. Beide in kleingroepe en in dialogiese debat - n term om luisterende gespreksvoering in die genre van debat te beklemtoon - is daarna ook oor die roepingsverklaring van die Algemene Sinode 2002 gepraat. Uit die terugvoer blyk die oortuiging dat die roepingsverklaring nog meer op grondvlak tuis kan kom.

 

Hierna het die sinode die volgende aanbevelings aanvaar:

 

1. VISIONERING EN ROEPINGSONTWIKKELING

 

Die Algemene Sinode dra dit aan die Moderamen op om deurlopende visionering en roepingsontwikkeling vanuit die besluite van die Algemene Sinode, soos in die opdrag van die Moderamen vervat, n prioriteit in sy werksaamhede te laat wees.

 

2. IMPLEMENTERING VAN DIE ROEPINGSVERKLARING (2002)

 

Die Algemene Sinode

1 Wys n ad hoc-taakspan aan bestaande uit verteenwoordigers van al die diensgroepe om n omvattende, gentegreerde beleidsdokument waarin n strategie vir die implementering van die kerk se roeping in die Suider-Afrika konteks soos dit verwoord is in die Verklaring (2002), voor te berei. Die vorige opdragte rakende strategie vir armoede-bestryding, die bekamping van misdaad en geweld, die MIV en Vigs-strategie (die Goeie Herder-strategie) moet ook in die beleidsdokument opgeneem word.

2 Versoek die Moderatuur om met die ander drie kerke te onderhandel sodat dit n gesamentlike projek sal wees waarin die Verenigde Diensgroep Diens en Getuienis die leiding neem.

3 Gee opdrag dat die taakgroep so gou moontlik n vorderingsverslag aan die ASM voorl.

 

3. NG KERK SE GEREFORMEERDE KARAKTER

 

1 Die Algemene Sinode wys leraars en kerkvergaderings daarop dat daar n kerklike weg is om besware en klagtes oor leersake te hanteer.

2 Die Algemene Sinode moedig die hele kerkverband aan om moeite te doen om geleenthede te skep vir en betrokke te raak by gesprekke oor sake wat die Skrif en ons belydenis raak.

 

4. GEREFORMEERDE IDENTITEIT

 

1 Die Algemene Sinode aanvaar die uitgangspunte in die verslag Gereformeerde Identiteit as riglyn vir ons beskouing oor ons Gereformeerde identiteit.

2 Die Algemene Sinode versoek sinodes om hierdie dokument deur te stuur na kerkrade vir orintasie van die plaaslike bediening.

 

In verband met die laaste besluit (4) is die Moderamen-Bylaag 1 (p 11 van Deel I), Gereformeerde Identiteit, n belangrike orinterings-dokument vir predikante en kerkrade vir hulle bediening op plaaslike vlak.

 

Moderatuur aan die einde van die vergadering verkies

 

Twee beskrywingspunte is van onderskeidelik die Noord-Kaapse en Wes-Transvaalse sinodes ontvang dat die Algemene Sinode haar moderatuur weer aan die begin van die vergadering verkies. Gesprek is aan die begin van die vergadering gevoer, en die saak is tot stemming gebring. Hoewel n meerderheid ten gunste van hierdie wysiging gestem het, kon die vereiste twee-derde meerderheid nie verkry word nie. n Twee-derde meerderheid is nodig omdat dit neerkom op n wysiging van die Kerkorde. Coenie Burger is dus steeds in die moderatorstoel, en onderskeidelik Piet Strauss, Nelus Niemandt en Elsje Bchner in die rolle van assessor, aktuarius en addisionele lid tot aan die einde van die vergadering.

 

Gesprek in kleingroepe en debat aanvullend hanteer

 

Waar die Algemene Sinode tot in 2002 eksklusief van debatte as besprekingsmeganisme gebruik gemaak het, is die 2004-sinode deur kleingroepgesprek oorheers. Dit het tot groot frustrasie gelei. By hierdie sinode word kleingroepgesprekke en debat aanvullend gebruik. Hoewel dit nog te vroeg is om n oordeel te vel, lyk dit word hierdie benadering, tesame met die waardes van die Luisterseisoen - leerbaarheid, vertroue, deernis en openheid - positiewe effek sal h. Kleingroepgesprekke help deelnemers aan debatte om vanuit n brer perspektief bydraes te maak. Die kleingroepgesprekke slaag ook daarin om die groter prentjie van die kerk se identiteit en roeping aanmekaar in die spesifieke bespreking in te dra.

 

 

Agenda Deel II

 

Persone wat belangstel om te sien wat die sinode elke dag bespreek, kan Agenda Deel II volg. Die dagprogram, sake wat bespreek word, en aanbevelings word volledig daarin uiteengesit.

 

NB: Deel 1 en 2 van die Sakelys van die Algemene Sinode is beskikbaar by www.ngkok.co.za/as2007. U kan dit gebruik as verwysing by die lees van hierdie nuusbriefie.

 

 

Dag 1: 4 Junie

Dag 2: 5 Junie

Dag 3: 6 Junie 

Dag 4: 7 Junie

Dag 5: 8 Junie

 

Persberigte

Opsomming