Paasfees

 

DAG 7

 

 

Ons nooi u uit om saam met ons

vir Paasfees voor te berei:

 

Jesus word verhoor en valslik beskuldig

 

Sanhedrin

 

Vals beskuldigings is by die Sanhedrin teen Jesus ingebring.

Die mense het nie gehuiwer om hulle na leuens te wend

ten einde hul doel om van Jesus ontslae te raak te bereik nie.

 

 

 

Dag 7 Paaswandeltuin Brosjure :

 

As ons op reis is, het ons 'n gids of padkaart nodig.

 

Hieronder is u gids vir vandag.

 

Kliek op die afsonderlike prentjies hieronder

om die bladsye een vir een af te laai

of

u kan die volledige gids as 'n pdf dokument aflaai

deur op hierdie skakel te kliek: Paaswandeltuin Brosjure

 

 
Paaswandeltuin 01

Paaswandeltuin 02

Paaswandeltuin 03

Paaswandeltuin 04

Paaswandeltuin 05

Paaswandeltuin 06

Paaswandeltuin 07

Paaswandeltuin 08

 

 

Pilatus

 

Pilatus het geswig voor die druk van die mense. Dit was vir hom belangriker om die mense te vrede te stel as om te doen wat hy geweet het reg is.


Tree jy altyd reg op, of gee jy ook toe aan die druk van ander

om hulle te plesier?

 

 
Handewas

Pilatus kon die kruisiging van Jesus verhoed het, maar hy het nie. Populariteit, aanvaarding en politieke stabiliteit was vir hom belangriker as om reg en geregtigheid te laat geskied.

Hy het voor almal sy hande met water gewas en daarmee te kenne gegee dat hy onskuldig is aan die dinge wat nou met Jesus gebeur.


Dit is alleenlik die bloed van Jesus wat ons sonde kan wegwas.

 

 

Paaswandeltuin Projekte :

 

 

 

Ds Chris Olivier en Jaco Pienaar van Drie Riviere Oos gemeente het oulike idees en projekte vir kinders - kyk na die video hieronder:

   

Video Dag 7

 

    

 

 

 

Dr Jan Botha het die stel prente hieronder beskikbaar gestel.

 

Dit wys die betrokkenheid van mediese personeel by mense wat siek is met Covid-19.

 

Ons is baie dankbaar vir mense soos hulle wat bereid is om hulle eie lewe in gevaar te stel en groot persoonlike opofferings te maak om mense in nood by te staan en te versorg.

 

 

01

 

02

 

03

 

04

 

Die prent hierbo het my laat dink:

 

Die prent stel 'n persoon voor wat self oor die afgrond gaan lê sodat ander bo-oor hom na veiligheid kan beweeg.

 

Dit is presies wat Jesus vir ons gedoen het. Dit is alleen deur Jesus dat ons veilig by God kan uitkom. Hy is die weg en die waarheid en die lewe.

 

05

 

06

 

07

 

08

 

09

 

Bid jy vir mense wat met groot gevaar vir hulleself bereid is om ander te help?

 

Wat doen jy in hierdie tyd om 'n verskil te maak?

 

 

Vir die kinders:

 

Kliek asb. op die prent regs om die dokument af te laai.

 

Druk die prent uit en kleur dit in.

 

Skryf die name van die mense vir wie jy lief is neer en maak seker dat jy gereeld vir hulle bid.

 

 

 

Mense vir wie ek lief is

Hou hier dop vir verdere inligting en projekte!

 

 

Dag 1

Dag 2

Dag 3

Dag 4
Dag 5 Dag 6 Dag 7 Dag 8
Dag 9 Dag 10 Dag 11 Dag 12

 

 

Johan Burger