|
|
|||||||||||||||||||||||||||
|
Paasfees
DAG 11
Gister was dit Paasfees :
Ons het gister die kruisiging van Jesus Christus herdenk.
Jesus het vasgenael met spykers van 09:00 tot 15:00 aan die kruis gehang en het van bloedverlies, pyn en lyding gesterf.
Die soldate het 'n spies in Jesus se sy ingesteek om seker te maak dat Hy wel dood is.
Een van Jesus se volgelinge, Josef van Arimatea, het vir Pilatus toestemming gevra dat Jesus in sy graf begrawe kan word.
Hulle het Jesus se liggaam van die kruis afgehaal ...
en met doeke toegemaak.
Aangesien dit alreeds begin skemer raak het en Sabbat met sonsondergang aanbreek, was daar nie tyd om Jesus se liggaam te behandel soos dit hulle gebruik was nie.
Hulle het haastig Jesus se liggaam weggedra en in die graf gaan sit. 'n Groot klip is voor die ingang gerol.
Die Joodse Priesters het vir die Romeine gevra om die graf te verseël en ook om soldate rondom die graf op te stel sodat niemand by die graf kan uitkom en dalk Jesus se liggaam steel om te maak asof Hy opgestaan het uit die dood nie.
Op Saterdag (wat vir hulle die Sabbat was) was Jesus se liggaam in die graf gewees en meer as 30 Romeinse soldate het om die graf gestaan om dit op te pas.
Dag 11 Paaswandeltuin Brosjure :
As ons op reis is, het ons 'n gids of padkaart nodig.
Hieronder is u gids vir vandag.
Kliek op die afsonderlike prentjies hieronder om die bladsye een vir een af te laai of u kan die volledige gids as 'n pdf dokument aflaai deur op hierdie skakel te kliek: Paaswandeltuin Brosjure
Paaswandeltuin Projekte :
Maak 'n Paasfees bottel
Dit is 'n bottel wat die storie van Paasfees uitbeeld en ons herinner aan alles waardeur Jesus gegaan het en aan wat Jesus vir ons gedoen het.
Begin om eers die Paasverhaal in die Bybel te lees:
Stap 2 is om alles neer te skryf wat jy dink belangrik is en om 'n prent van die paasgebeure te teken.
Stap 3: Kry die items bymekaar wat in die bottel moet kom.
Stap 4: Kyk of jy beskrywende woorde in tydskrifte en koerante kan kry en knip dit uit.
Stap 5: Plak van die woorde aan die binnekant van die bottel. Hierdie kind het ook 'n doringkroon gemaak wat bo-op die deksel van die bottel pas.
Stap 6: Judas Iskariot het Jesus vir 30 muntstukke verraai. Die prentjies van munte beeld die verraad uit.
Stap 7: Reuben het 'n kruis van spykers gemaak wat in sy bottel kan kom.
Stap 8: Nog iemand het 'n kruis en 3 spykers in sy bottel gesit. Twee vir Jesus se hande en een vir sy voete.
Stap 9: Skryf ook die Paasverhaal neer en sit dit aan die binnekant van die bottel dat almal kan sien waaroor dit gaan.
Stap 10: Stal die voltooide bottels uit en vertel vir ander wat die betekenis daarvan is.
Idee: http://4kids2guineapigs.blogspot.com/2013/03/the-easter-story-in-jar.html
Stuur asb. vir ons fotos van julle Paasbottels met jou naam en ouderdom dat ons dit hier op die webwerf kan plaas.
Whatsapp die fotos na 083 707 2952
Ds Chris Olivier en Jaco Pienaar van Drie Riviere Oos gemeente het oulike idees en projekte vir kinders - kyk na die video hieronder:
Video Dag 11
Hou hier dop vir verdere inligting en projekte!
Johan Burger
|
|||||||||||||||||||||||||||
|
|