Paasfees

 

DAG 12

 

Die graf is leeg!

 

 

Le graf

 

 

Jesus Christus

het opgestaan uit die dood

en Hy lewe!

 

 

Opstanding

 

 

Vroeg Sondagoggend het Maria Magdalena, Maria die ma van Jakobus en Salome na die graf gegaan om Jesus se liggaam te salf.

 

 

Opstanding

 

 

Toe hulle daar aankom vind hulle tot hulle ontsteltenis dat die klip wat die ingang bedek het weggerol was en dat Jesus se liggaam nie meer daar was nie.

 

Het iemand Jesus se liggaam gesteel?

Wie sou so iets doen?

 

Hulle het nog nie verstaan dat Hy opgestaan het nie.

 

Hulle het haastig vir die dissipels gaan vertel dat Jesus se liggaam weg was.

 

 

Opstanding

 

 

Petrus en Johannes is dadelik na die graf toe om te gaan ondersoek instel.

 

 

Opstanding

 

 

Hulle het gesien dat Jesus se liggaam weg was en dat die doeke waarmee Hy toegedraai was, netjies opgevou was.

 

Wat het gebeur?

Waar was Jesus se liggaam?

 

Matteus vertel ons in hf 28 : 2 en verder:

 

Sondagoggend baie vroeg het daar 'n geweldige aardbewing plaasgevind.

 

'n Engel van die Here het na die graf gegaan en die klip weggerol. Daarna het hy op die klip gaan sit.

 

Die wagte was doodbang en kon nie beweeg nie. Matteus skryf dat hulle soos dooies geword het.

 

 

Opstanding

 

 

'n Paar van die wagte wat die graf moes oppas het (toe hulle van die skok herstel het) met groot spoed na die priesterhoofde gegaan om vir hulle te vertel wat gebeur het.

 

 

Opstanding

 

 

Die priesterhoofde het saam met die familiehoofde vergader en die volgende plan gemaak ...

 

 

Opstanding

 

 

Hulle het vir die soldate n groot som geld gegee en ges:

 

Julle moet s: Sy dissipels het in die nag gekom en sy liggaam gesteel terwyl ons geslaap het. En as die goewerneur daarvan hoor, sal ons hom tevrede stel en sorg dat julle nie bekommerd hoef te wees nie.


Die wagte het toe die geld gevat en gemaak soos hulle voorges is.

Dit is die storie wat deur die priesterhoofde en wagte die wreld ingestuur is.

 

 

Hoe weet ons dat die storie van die priesterhoofde en wagte nie die waarheid was nie?

 

Jesus verskyn aan sy volgelinge

 

 

Jesus het persoonlik aan baie van sy volgelinge verskyn

om vir hulle te wys dat Hy lewe.

 

Die grootste bewys dat Hy lewe was die geweldige verandering wat sy volgelinge ondergaan het. Van mense wat baie bang was het hulle verander in mense wat die goeie nuus oor Jesus (dit is wat die woord Evangelie beteken) tot aan die einde van hulle lewe uitgedra het.

 

Het jy al 'n persoonlike ontmoeting

met die opgestane Jesus gehad?

 

 

 

Dag 12 Paaswandeltuin Brosjure :

 

As ons op reis is, het ons 'n gids of padkaart nodig.

 

Hieronder is u gids vir vandag.

 

Kliek op die afsonderlike prentjies hieronder

om die bladsye een vir een af te laai

of

u kan die volledige gids as 'n pdf dokument aflaai

deur op hierdie skakel te kliek: Paaswandeltuin Brosjure

 

 
Paaswandeltuin 01

Paaswandeltuin 02

Paaswandeltuin 03

Paaswandeltuin 04

Paaswandeltuin 05

Paaswandeltuin 06

Paaswandeltuin 07

Paaswandeltuin 08

Paaswandeltuin 09 Paaswandeltuin 10 Paaswandeltuin 11  

 

 

 

Paaswandeltuin Projekte :

 

 

 

 

Ds Chris Olivier en Jaco Pienaar van Drie Riviere Oos gemeente het oulike idees en projekte vir kinders - kyk na die video hieronder:

   

Video Dag 12

 

    

  

Joh 3 : 16, 17

 

 

Noudat jy al hierdie dinge weet,

gaan vertel die wreld

(daarmee bedoel ons "al die mense in die wreld")

van Jesus

en van wat Hy vir ons kom doen het.

 

 

Dag 1

Dag 2

Dag 3

Dag 4
Dag 5 Dag 6 Dag 7 Dag 8
Dag 9 Dag 10 Dag 11 Dag 12

 

 

Dankie dat jy hierdie Paaswandelroete die afgelope tyd

saam met ons onderneem het.

 

Johan Burger