Pinkster

 

DAG 7

 

 

Ons nooi u uit om saam met ons

vir Pinkster voor te berei:

 

 

Pinkster

 

 

Pinkster - Dag 7

Woensdag 27 Mei

 

 

1.        Tema vir Dag 7:

Hulle s WAT s hulle?!

Ek sal dit doen as ek tyd het

 

2.        Kuier om die tafel:

2.1     Volg die instruksies van elke Pinkster-dag so goed as moontlik;

2.2     Nooi jou gesin uit om saam met jou om die tafel te sit; (dalk kan jy met iemand ander n video call gesprek voer as jy alleen is)

2.3       Bely die volgende verklaring hardop teenoor mekaar:

Omdat ons in Jesus glo
            IS ons anders,
            Kyk ons anders
            Lf ons anders,

 

2.4       Gebeds-tyd praat met God

2.4.1    Maak tyd vir Gebed en vra die Here om Self met jou / julle te praat.

2.4.2    Bid vir jou familie, die gemeente, die land, die effek van die covid-19 pandemie op ons almal en op die wreld.

 

2.5       Fokus op mekaar ons praat oor mense:

2.5.1    Wat dink jy van hierdie stelling: Ek sal dit doen as ek tyd het

2.5.2    Waarom kom baie mense nie by die uitvoering van hulle beloftes uit nie?

2.5.3    Wat dink jy van die stelling: Van uitstel kom afstel

2.5.4    Kan ander jou vertrou as iemand wat jou woord hou?

2.5.5    Hoe voel jy as jy jou belofte / woord gebreek het (m.a.w. n belofte vir een of ander rede nie na gekom het nie?)

2.5.6    Wat is vir jou die belangrikste prioriteite in jou lewe?

2.5.7    Is ander se geluk en welsyn vir jou belangriker as jou eie geluk en voorspoed?

2.5.8    Hoe vergelyk Jesus se woorde in Johannes 15: 13 met jou antwoord hierbo? Niemand het groter liefde as dit nie: dat hy sy lewe vir sy vriende afl.

5.5.9    Hoe wys jy jou liefde en toeweiding aan ander?

Moenie wag nie, eendag mag dit dalk te laat wees om jou liefde en waardering teenoor iemand te wys.

'n Goeie vriend het onlangs hierdie whatsapp boodskappie  aangestuur:

Waardeer Mekaar.

As ek geweet het dis laaste keer dat ek jou aan die slaap sou sien raak sou ek meer moeite gedoen het om jou warm toe te maak.

As ek geweet het dis die laaste keer, dat ek jou gedruk en gesoen het ~ Sou ek jou terug geroep het vir nog 'n drukkie .

As ek geweet het dis die laaste keer dat ek jou stem sou hoor, sou ek dit op band geneem het sodat ek dit weer en weer kon speel.

Soms leef ons asof daar nog baie tyd oor is om alles te wil doen wat ons graag wil doen, maar s nou vandag is die laaste kans!

Die Bybel s: "Ons is maar 'n damp wat 'n oomblik verskyn en dan weer verdwyn."

Kom ons maak vandag tyd om te s:" Ek is jammer " of " Dankie " of " ek waardeer jou " More mag dit dalk te laat wees en is ons kans verby.

Kom ons leef vandag voluit!

Hou jou dierbares styf vas en fluister in sy /haar oor:" Jy is spesiaal ~ ek is baie Lief vir Jou."

2.5.10  Kan ander vir Jesus in jou raaksien? M.a.w. wys jou houding en optrede die liefde van Jesus? Trek jy hulle nader of stoot jy hulle weg met jou gedrag?

Kan ons enigiets uit hierdie videosnit leer?

 

2.6       Fokus op God - Gesels met mekaar oor God:

2.6.1    Dank die Here vir mense wat groot opofferings gemaak het vir die goeie dinge wat nou deel is van jou lewe. Bid vir wysheid vandag.

 2.7    Luister na die video inleiding -


2.7.1       Luister na God

2.7.2    Lees Rut 1

1 In die tyd van die leiers was daar op n keer hongersnood in die land, en n man met sy vrou en sy twee seuns het uit Betlehem in Juda weggetrek om n heenkome te soek in die gebied van Moab. 2Die man was Elimelek, sy vrou Naomi, en sy twee seuns Maglon en Kiljon. Hulle was afkomstig uit Efrata in Betlehem in Juda. Hulle het in Moab aangekom en hulle daar gevestig. 3Toe Naomi se man, Elimelek, sterf, het sy en haar twee seuns alleen agtergebly. 4Die twee seuns het later getrou met die Moabitiese meisies Orpa en Rut. Naomi en haar seuns het omtrent tien jaar in Moab gebly. 5Toe haar twee seuns Maglon en Kiljon ook sterf, het sy alleen agtergebly sonder haar seuns en sonder haar man. 6Toe sy verneem dat die Here vir sy volk uitkoms gebring het deur vir hulle n goeie oes te gee, het sy en haar skoondogters klaargemaak om van Moab af terug te gaan. 7Sy en haar skoondogters het saam vertrek uit die plek waar hulle gebly het, op pad na Juda toe.

8Toe s Naomi vir haar twee skoondogters: Julle moet liewer teruggaan na julle ouerhuise toe. Mag die Here sy liefde aan julle bewys, soos julle aan die oorledenes en aan my liefde bewys het. 9Mag die Here vir julle elkeen weer n goeie man en n heenkome gee.

Toe sy van hulle wou afskeid neem, het hulle begin huil 10en vir haar ges: Nee, ons wil met Ma saamgaan na Ma se volk toe.

11Maar Naomi het weer vir hulle ges: Gaan terug, my dogters. Waarom sou julle saam met my wou kom? Het ek nog enige hoop om seuns in die wreld te bring, sodat julle met hulle sou kon trou? 12Gaan asseblief maar terug, my dogters, ek is te oud om weer te trou; selfs al sou ek s daar is nog hoop vir my, al sou ek vannag by n man slaap, al sou ek nog seuns in die wreld bring, 13sou julle kon wag tot hulle groot is? Sou julle julle ondertussen daarvan kon weerhou om te trou? Dit is onmoontlik, my dogters. Nee, my lot is swaarder as julle sn: die Here het teen my gedraai.

14Toe het Naomi se skoondogters weer begin huil, en Orpa het van haar afskeid geneem, maar Rut het by haar gebly. 15Toe s Naomi: Kyk, jou skoonsuster het teruggegaan na haar volk en na haar gode toe. Gaan jy nou ook saam met haar terug.

16Maar Rut het geantwoord: Moet my tog nie dwing om van u af weg te gaan en om om te draai nie, want waar u gaan, sal ek gaan; waar u bly, sal ek bly; u volk is my volk; u God is my God; 17waar u sterf, sal ek sterf en daar sal ek begrawe word. Ek l n eed af voor die Here: net die dood sal ons skei.

18Naomi het besef dat Rut vasbeslote was om saam met haar te gaan en sy het opgehou om haar te probeer ompraat. 19Hulle twee is toe saam na Betlehem toe. Met hulle aankoms in Betlehem was daar groot opgewondenheid in die stad, en die vrouens het ges: Maar dis mos Naomi!

20Hierop het Naomi vir hulle ges: Moet my asseblief nie meer Naomi noem nie, noem my Mara , want die Almagtige het die lewe vir my baie bitter gemaak. 21My lewe was vol toe ek hier weg is, maar die Here het my leeg laat terugkom. Waarom noem julle my nog Naomi? Die Here het dan teen my gedraai, die Almagtige het n ramp oor my gebring.

22So het Naomi uit Moab teruggekom en Rut, haar Moabitiese skoondogter, was by haar. Hulle het in Betlehem aangekom aan die begin van die garsoes.

 

Bespreek na aanleiding van die Skrifgedeelte die volgende vrae:

2.7.2.1        Naomi gebruik die woorde vol en leeg in die eerste deel van vers 21. Wat sou sy daarmee bedoel?

2.7.2.2        In haar krisis is al die voor die handliggende opsies nie meer beskikbaar nie. Hoe sou die Here se verrassende uitkoms lyk?

2.7.2.3        Die maar waarmee vers 16 begin, is veelseggend. Gesels daaroor.

2.7.2.4        Hoekom sou Rut so sterk daaroor voel dat sy haar lewe met haar skoonma wou deel?

2.7.2.5        Rut se verbintenis in vers 16 is vol inhoud. Wat tref jou oor haar woorde?

2.7.2.6        Gesels na aanleiding hiervan oor die inhoud van die woord commitment / Toeweiding

2.7.2.7        Met watter ander Afrikaanse woorde sou mens hierdie soort commitment kan omskrywe?

 Ons leer by Rut wat is ware liefde, toeweiding en omgee. Sy het Naomi se belange bo haar eie gestel. God het haar optrede gerespekteer en sy was in die geslagslyn van Jesus opgeneem. Hierdie vrou uit heidense afkoms is 'n voorouer van Jesus Christus!

Hulp met die vrae :

2.7.2.1       Haar man, haar seuns se dood asook die vreemde land was vir Naomi soos n doodsvonnis.

2.7.2.2       n Skoondogter (n ander vrou in plaas van n man wat die verwagte een sou wees) vorm die basis van God se plan.

2.7.2.3       Dit was nie die logiese, verwagte gedrag nie. Orpa se gedrag het meer sin gemaak in daardie situasie.

2.7.2.4       Daar was n besondere band tussen hulle.

2.7.2.5       moet my nie dwing nie sy doen dit uit vrye keuse.

U God is my God = hulle het waardes gedeel.

ek sal sterf waar u sterf hierdie verbintenis is nie net vir die voordele wat dit vir haar kan inhou nie.

Sy het haarself volkome gegee en daarby gestaan.

2.7.2.6       Mense se commitment het vlak / leeg geword. Hulle woord is nie meer hulle woord nie. Hulle eer is nie meer hulle trots nie. Dit het gevolg dat dit baie moeilik raak om ander se beloftes te glo en vertrou. Dit is nie hoe God dit wil h nie.

In Matt, 5: 37 s Jesus: Laat julle ja eenvoudig ja wees en julle nee, nee. Wat meer ges word as dit, kom van die Bose.

Jakobus skryf in hf 5 : 12 My broers, dit is baie belangrik dat julle nie n eed moet afl nie, nie by die hemel nie, nie by die aarde nie en ook nie enige ander eed nie. As julle ja s, moet dit ja wees; as julle nee s, moet dit nee wees. Dan sal julle nie veroordeel word nie

2.7.2.7       Toeweiding, betrokkenheid, toevertrouing, verbintenis.

 

2.8       Fokus na buite Gesels oor ons medemens:

Bevestig julle verbintenis aan mekaar en aan die opdragte wat die Here op jou hart l?

Kom ons doen nou voorbidding vir mekaar asook alle ander sake wat ons na aan die hart l.

 

 

U kan die inligting hierbo aflaai deur op hierdie skakel te kliek.

 

 

Hou hier dop vir verdere inligting en projekte!

 

Dag 1

Dag 2

Dag 3

Dag 4
Dag 5 Dag 6 Dag 7 Dag 8
Dag 9 Dag 10    

 

 

Johan van As