Preke

 

SKRIFLESING:   EKSODUS 20:1-7 (7); MATTEUS 6:5-9; 7:21-23

 

TEMA:                 KOM ONS HEILIG WEER DIE HERE SE NAAM!

 

 

1.         Die Saak waaroor dit Vandag gaan

 

Die saak waaroor dit vandag vir ons gaan, is die goeie Naam en eer van God op aarde. Dit is n saak wat elke Christen en die hele kerk van Christus baie naby aan die hart behoort te l. Toe Jesus sy dissipels leer bid het, was dt die saak wat heel bo aan die gebedsagenda verskyn het. Niks was dus vir Jesus belangriker as om vir die heiliging van God se Naam op aarde te bid nie. En nie net te bid nie, maar ook voor te ywer! Daarom het God ook in sy derde gebod die saak van die gebruik van sy Naam aan die orde gestel. En drom gaan dit vanaand: God se goeie Naam en eer op aarde.

 

2.         Die Saak is belangrik, aktueel en relevant

 

Die goeie Naam en eer van God op aarde is nie net baie belangrik nie, maar ook baie aktueel en relevant. Daar is vandag baie dinge wat gebeur wat nie so kosher is nie. Kom ek noem n paar wat ek gereeld opmerk:

 

* Kruipende devaluasie, groeiende disrespek, verontagsaming

Meer as ooit van te vore kom allerlei ander godsdienste en godsdienstige idees en waardes onder mense se aandag deur blootstelling in die media. Al hierdie blootstelling bevorder die gedagte dat godsdiens n bloot menslike verskynsel is - en dat alle godsdienste dan seker maar ewe goed is.

 

Daar vind in baie mense se gemoed n gelykstelling van die Christelike geloof aan bv die Islam en ander godsdienstige sisteme plaas. Dit bevorder die idee dat ons maar net verskillende name vir God het - en dat almal maar vir dieselfde God bid.

 

Maar sonder dat mense dit besef, vind daar n geleidelike vermindering plaas in die waarde wat hulle aan die ware God heg. Ons praat dus van n kruipende devaluasie wat God in baie mense se gemoed ondergaan. Die gevolg is n groeiende disrespek en verontagsaming van God in hulle lewe.

 

* Onbruik in biddeloosheid

Hierdie verskynsel lei dan ook daartoe dat daar n geleidelike onbruik van die Here se Naam posvat. Mense praat al minder oor God - en ook al minder met God. Biddeloosheid tree by baie lidmate in. Die kommunikasie tussen hulle en God kom tot stilstand, omdat hulle dit net nie meer waardevol genoeg ag nie.

 

En selfs as hulle nog soms daarby uitkom, dan toon hulle liggaamshouding en die prioriteite waarvolgens hulle bid dat hulle Hom gereduseer het tot die status van n bediende of n kersvader wat maar net die presente moet bring. Die heilige respek en eerbied het verdwyn.

 

Die Heidelbergse Kategismus noem gebed die vernaamste deel van ons dankbaarheid. Ons kan dus die gevolgtrekking maak dat daar n groeiende ondankbaarheid met hierdie verskynsel van toenemende biddeloosheid gepaard gaan.

 

* Onbruik in getuienis

En net so belangrik as biddeloosheid: Lidmate getuig byna nie meer deur met dank en lof te vertel van God se liefde, sorg en verlossing waaraan hulle deel het nie. Tevergeefs dat jy soek na die blydskap en opgewondenheid om van God se redding en liefde te getuig wat mens in baie van die Psalms kry. Daarom kry buitestanders nie meer die begeerte om die lewende God beter te leer ken nie. En daarom groei die kerk en die gemeente nie meer agv bekerings van buitestanders nie.

 

Daar is nie meer entoesiasme en vreugde in die harte wat by die mond kan uitborrel nie. Daarom sukkel die kerkraad s om genoeg vrywilligers te kry om die gemeente se uitreik-aksies te onderneem. Wanneer laas het hierdie gemeente n sendeling uit eie geledere opgelewer?

 

Ons heilig dus nie meer die Naam van die Verbondsgod deur dankbare getuienis nie. Duisende kerklidmate het eenvoudig opgehou om die enigste Naam waardeur mense op aarde verlossing kan kry, bekend te maak (Handelinge 4:12). Hulle kan maar na die hel gaan vir al wat ons omgee!

 

* Onbruik in die publieke domein

Baie Christene het ook stil geword oor God in die werkplek, in die skool, en in ander openbare plekke. Hulle vermeld sy Naam nie meer met eerbied buite hulle huise of buite Christelike byeenkomste nie. Dit is asof baie lidmate skaam geword het om met die Naam van God geassosieer te word.

 

Veel eerder probeer hulle in die openbaar so neutraal as moontlik praat - om sg nie aanstoot te gee aan mense van ander geloofsoortuigings nie. Jy sal ook nie in enige teksboek in skole of op universiteite enige vermelding van God se Naam of erkenning van sy wysheid en almag kry nie. Jy sal in die toegepaste wetenskappe geen verwysing kry na die Godgegewe waardes wat praktyke en optrede van mense behoort te bepaal nie.

 

Hierdie sg neutraliteit is niks anders as n verswyging - en selfs n aktiewe verwydering - van God se heilige Naam uit die publieke domein - en dus ook n verloning van die Here Self nie.

 

* Wegbly van eredienste

Toenemend merk ons ook op dat die eerbetoon wat aan God en sy Naam in eredienste behoort gebring te word, deur al hoe minder lidmate gebring word. Deur wegbly van eredienste af maak hulle - of hulle dit nou besef of nie - n stelling oor watter waarde hulle aan die verering van sy Naam op aarde heg. Hierdie dalende getal deelnemers aan die erediens vertel vir ons dat die vlak van eerbied vir God in die rank and file van die kerk se lidmate duidelik aan die daal is.

 

In hierdie verband merk ons ook op dat lidmate al hoe meer daarop aandring dat die mens en sy behoeftes in die erediens sentraal moet staan. Hoe lekkerder ons kry met die lekker liedjies wat ons sing, hoe lekkerder word n erediens vir ons. Ons moet ons mos kan geniet! s baie lidmate. En waar pas God nou in dit alles? Hy is duidelik nie meer van soveel belang nie. Wat het van eerbiedige stilte en aanbidding geword?

 

Sommige s ook eerlik: Ons wil nie voor gepreek word nie! En as die leraar wat God se Woord moet bedien net n bietjie oor die tyd gaan, is hulle ontsteld en dink hulle volgende keer twee maal voor hulle weer kom.

 

Kom die eerbied en respek vir God nie meer uit in die erns en aandag waarmee ons sy Woord wil verstaan nie? Tel Hy nog hoegenaamd? Of tel net ons grille en giere?

 

* Sedelike verval wat Gods Naam beklad

n Verdere verskynsel wat met die heiliging van God se Naam tussen mense te doen het, is die sedelike agteruitgang in lidmate se lewe. Openlike sondes word al meer tussen ons verdra. Ons pas nie meer kerklike tug toe op mense wat n klad op die Here se Naam is nie.

 

 Net soveel kerklidmate as wreldlinge woon deesdae ongetroud saam of beoefen seks buite die huwelik. Net soveel kerklidmate as wreldlinge dobbel en drink en skei en pleeg bedrog en maak hulle aan padwoede en vloekery skuldig.

 

Hulle godsdiens is maar net lippediens, valse godsdiens, skyngodsdiens. Dit heilig nie hulle lewe nie. En daarom is hulle n klad op die Here se heilige Naam. Dit is sulke kerklidmate wat veroorsaak dat die Here se Naam gelaster word deur buitestanders.

 

* Valse beloftes (doop, belydenis, ampte, huwelik, geloofsbeloftes)

n Laaste verskynsel wat met hierdie saak van eerbied vir God te doen het - en wat ons behoort te bekommer - is die valse beloftes wat lidmate in teenwoordigheid van God maak.

 

Doopouers  onderneem  om hulle kinders geestelik te begelei en op te voed om die Here lief te h en te dien. Maar hulle kom eenvoudig nooit sover om hulle beloftes uit te voer nie. Hulle vermeld byna nooit sy heilige Naam met eerbied en respek in gesprekke met hulle kinders nie. Hulle lei hulle kinders nooit tot geloofsoorgawe aan die Here nie. Gods Woord en Naam bly vir daardie kinders n vreemde iets.

 

Verder is daar diegene wat geloofsbelydenis in die erediens voor God en getuies afl. Daardeur onderneem hulle teenoor God dat hulle meelewende en getroue lidmate van God se kerk sal wees. Maar so gou as die nuwigheid af is, is daardie beloftes vergete en sien jy hulle byna nooit weer by die erediens of kerklike werksaamhede nie.

 

Predikante, ouderlinge en diakens belowe tydens bevestiging in hulle ampte om toegewyd hulle ampsverpligtinge uit te voer. Maar hulle verslap baie gou - sodat hulle n bietjie later niks meer beteken nie - en gedurig aangepor moet word. En dan word hulle nog briesend as iemand dit moet doen.

 

Egpare wat in die huwelik bevestig word, skei soms binne maande nadat hulle plegtig trou aan mekaar belowe het met God en medemense as getuies. Geloftes voor God bind hulle eenvoudig net nie meer nie!

 

Lidmate maak soms in die geloof beloftes aan die Here. Maar soos wat die tyd verby gaan, vergeet hulle van die beloftes. Hulle gee daardeur dus te kenne dat dit OK is om God vir die gek te hou.

 

Al hierdie dinge wat ek tot nou toe genoem het, is elke dag rondom ons aan die gebeur. Aan sommige daarvan is ons self skuldig. Die eer en goeie Naam van God is in die gedrang, dit is onder aanvegting!

 

3.         Wat doen ons nou prakties aan hierdie Saak?

 

Maar wat doen ons nou daaraan?

 

* Selfondersoek

Die eerste ding is natuurlik om selfondersoek te doen - om vas te stel of jy self in hierdie opsig in die greep van eiesinnige godsdiens begin kom het. Stel vas of jou aanroeping van die Naam van die Here opreg en getrou is. Is daar heilige eerbied en respek vir God Self in jou hart?

 

Onthou: Sy Naam dui sy identiteit, sy wese aan. Dit staan vir God self. Misbruik van sy Naam dui op kommunikasie oor en met God wat in stryd is met eerbied en respek vir God self.  Oral en altyd waar oor en met God gekommunikeer word, moet dit met die grootste mate van skroom en eerbied plaasvind.

 

Om sy Naam positief te heilig, beteken ook om in al jou optrede en kommunikasie s te werk dat dit sal duidelik blyk dat God Self heilig is, dat Hy ongelooflik spesiaal is. Daarom kan jy wat sy Naam dra, nie anders as om self ook heilig te lewe nie. As Christen dra jy sy Naam, die Naam wat bo elke naam is - soos Filippense 2:9-11 dit stel. God het ook ges: Wees heilig, want Ek is heilig (1 Petrus 1:16).

 

Stel dus deur selfondersoek vas wat die situasie in jou eie lewe is. Glo my: Die hand wat jy in eie boesem steek, sal nie silwerskoon uitkom nie. Daarvan kan jy seker wees.

 

* Praat met die Here daaroor

Maar dan moet jy met die Here oor jou bevinding praat. Roep Hom in berou en skuldbelydenis aan. Bely, bely, bely! Maak seker dat jy opreg en ootmoedig in jou berou en skuldbelydenis is. Vra vir vergifnis en vir krag om reg te maak.

 

Vra vir die vervulling met die Heilige Gees. Dit is God se Heilige Gees wat mens vul met krag om reg te kan lewe. Dis sy Heilige Gees wat jou met entoesiasme en respek oor en met God laat praat - in getuienis en gebed. Vra Hom vir vulling met die Heilige Gees. Jy kan nooit genoeg deur sy Gees in besit geneem wees nie. Vra vir God. Vra met vrymoedigheid en geloof. God gee dit graag. Hy gee in oorvloed wanneer ons Hom iets vra wat volgens sy wil is.

 

* Doen wat jou hand vind om te doen

Dan, doen wat jou hand vind om te doen. Doen wat nodig is om uitdrukking aan jou eerbied en respek vir God te gee.

 

Wees n lewende voorbeeld van eerbied en respek vir God. Moenie geleenthede laat verby gaan om jou eerbied en respek tot uitdrukking te bring nie.

 

In jou persoonlike omgang met God, in jou gebedslewe - bring jou eerbied en respek tot uitdrukking. Doen dit in die wyse waarop jy bid, in die sake wat jy daarin voorrang gee, in die erns waarmee jy met die Here verkeer.

 

In jou betrokkenheid by die eredienste van die gemeente - wees getrou teenwoordig. Neem deel aan wat hier gebeur. Sing en bid uit jou hart uit. Luister met eerbied en respek na die Woordverkondiging. En pas jou lewe by die implikasies van God se Woord aan.

 

Praat dan met ander mense oor die heilige God wat uit liefde verlos en sorg. Wees spesifiek. Vertel wat jyself ondervind. Praat met geesdrif en vreugde.

 

En deel die Evangelie met buitestanders - sodat hulle gered kan word. Doen dit elke keer wanneer jy die kans daarvoor kry.

 

Roep altyd en oral op tot aanbidding van die lewende God . Roep op tot aangryping van die genadetyd wat nog beskikbaar is, maar besig is om verby te gaan.

 

En wanneer jy ook al teenwoordig is wanneer iemand met disrespek na God verwys, maak beswaar - s dat jou eerbied en liefde vir God duidelik sal blyk.

 

Moet nooit swyg wanneer God gelyk geskakel word met ander gode of wanneer daar inhoudloos en neutraal oor God gepraat word nie. Wys op God se verbondsliefde en -trou. Wys op die onbeskryflike voorsiening wat Hy in Christus vir mense gemaak het.

 

Maak seker dat jy jou beloftes nakom. Elkeen van hulle. Getrou en nougeset.

 

Maak seker dat jy altyd die waarheid praat en betroubaar is. Laat jou ja ja wees en jou nee nee.

 

Beywer jou dan op hierdie wyse vir die verhoring van jou eie gebed wanneer  jy vra: Laat u Naam geheilig word. Ons kan nie rus voordat daar universele aanbidding van die lewende God bestaan nie - n omvattende erkenning van God as hoogste en heiligste gesag in die heelal. Ons kan nie vr hierdie stadium rus nie.

 

Beywer jou allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God (Matteus 6:33). God sal dan sorg vir wat jy nodig het. Jy kan Hom daarmee vertrou.

 

Amen.

 

 

 

 As jy meer wil weet, lees Goeie Nuus ...

 

 

Kontak my gerus as jy behoefte het aan n gesprek :

 

DS GERT BADENHORST

Epos: gerba@absamail.co.za

 

4 Sept. 2005