Preke

 

SKRIFLESING:   EKSODUS 20:8-11 EN DEUTERONOMIUM 5:12-15

 Tema:                Sakramentele Tydsbenutting

 

 

1.       Ons leef in n tyd waarin daar baie aansprake op ons tyd is - en ons baie vrae het oor hoe om as Christene die vierde gebod in ons lewe moet toepas.

 

Daar is vandag baie dinge wat op ons tyd aanspraak maak. Daarom is tydsbenutting n baie belangrike saak. Ons voel suinig oor ons tyd. Ons wil dit nie op die verkeerde dinge vermors nie.

 

En dan is daar die verwarring onder Christene oor die geldigheid al dan nie van die vierde gebod wat oor die 6 dae werk en 1 dag rus handel. Ons is nie meer seker of di gebod nog vir ons geldig is nie. Het Christus nie dalk di gebod kom vervul - en daarom oorbodig gemaak nie? Hy het tog sulke goed ges soos die sabbat is vir die mens gemaak, nie die mens vir die sabbat nie.

 

Dan is daar ook nog die ding dat baie Christene se werk hulle hele lewe oorheers.  Mens kan sekerlik praat van die tiranni van die arbeid in menslike lewe vandag. Al hoe meer mense word onder geweldige druk geplaas by die werk. Hulle moet dikwels baie meer ure werk as waarop ooreengekom is. Baie mense neem werk huis toe om na-ure tuis te gaan doen - saans en oor naweke. Daarom rus hulle nooit behoorlik uit nie - en verwaarloos hulle hulle dierbares en ander aspekte van hulle lewe.

 

Die tekort aan werk maak dinge nie juis makliker nie. Mense is dikwels so bang om hulle werk te verloor, dat hulle liewer maar stilbly eerder as om te protesteer teen onbillike eise ivm werksure wat deur werkgewers van hulle werknemers gevra word. Veral tov werk op Sondae wat deesdae van al hoe meer werkgewers vereis word. Arbeidstiranni is groot en sterk in ons land. Dit kom baie naby aan moderne slawerny.

 

Maar mense werk nie net baie ure omdat hulle deur ander verplig word nie. Baie Christene doen dit ook omdat hulle werkoholiste is. Daar is in hulle n gedrewenheid om altyd te moet werk. Soms is die winsmotief en materialisme die dryfveer daarvoor. Soms is dit ongesonde ambisie. En soms is dit n groot behoefte aan erkenning wat deur prestasie nagejaag word. Baie dinge kan veroorsaak dat mense n gesonde Christelike leefwyse op die altaar plaas. Hulle prioriteite is doodeenvoudig verkeerd.

 

Vandag lyk baie kerklidmate se viering van die dag van die Here kompleet net soos die buitestanders sn. Soos ons uitgewys het, kan baie faktore n rol hierin speel. Maar dikwels pla dit sulke kerklidmate glad nie dat dit s gaan nie. Dit is asof godsdienstige waardes en beweegredes glad nie meer vir hulle n oorweging is wanneer dit kom by die indeling van hulle tyd nie. Gewoonlik dui dit op n vervreemding wat reeds in hulle verhouding met God en sy kerk ingetree het. En dit het eiesinnige godsdiens tot gevolg gehad.

 

Ek is altyd dankbaar om te hoor wanneer mense skuldig voel omdat hulle agv te veel werk nie in die eredienste kan kom nie of nie kan deelneem aan kerklike aktiwiteite nie. Sulke skuldgevoelens bevestig vir my dat hulle darem nog n gewete het en dat hulle begeerte om die Here se wil voorrang in hulle lewe te gee,  nog nie dood is nie.

 

Erediensviering het vir baie lidmate egter opsioneel geword. Soms spruit dit voort uit onkunde oor die betekenis van vierde gebod - maar dikwels eerder uit eiesinnigheid, selfgesentreerdheid, waardeverwarring, en God- en kerkvervreemding.   Baie Christene verstaan eenvoudig nie wat die Sondag in hulle lewe moet en kan beteken nie, wat hulle mis nie. Hulle het geen aanvoeling vir die waarde en potensiaal van n lewe waarin die dag van die Here die hartklop word van n God-gewyde lewe nie, n vreugde!

 

Daarom lyk dit my so relevant om aan die gees en bedoeling van vierde gebod aandag te gee.

 

2.       Ons moenie die OT-lig op die vierde gebod gering skat nie:

Vir die Israeliete van ouds (wat deur die Here uit die slawerny in Egipte bevry is) moes die instelling van die vierde gebod seker n baie welkome geskenk van God gewees het. In Egipte het hulle waarskynlik vir baie dekades in die toestand van slawerny en onderdrukking moes lewe. Sewe dae per week, week in en week uit, moes hulle werk. Die owerhede het die skroewe al hoe meer aangedraai, sodat hulle hele lewe eintlik deur die slawe-arbeid ingesluk is. Miskien was die heimlike gedagte van Egiptiese owerhede dat hulle langs hierdie weg politieke aktiwiteite en organisasie tussen die Israeliete aan bande kon l en beheer oor hierdie groep mense kon behou. Hoe dit dit ook al sy: Vir die Israeliete moes die vierde gebod n geskenk uit die hemel gewees het.

 

Wanneer mens die Eksodus 20-weergawe van die gebod lees, sien jy dat die inleiding in vers 1 vir elkeen van die gebooie n motivering verskaf. Dat die Here Israel met groot mag uit die slawerny in Egipte verlos het, is ook die motivering vir die vierde gebod: Ses dae moet jy werk, maar op die sabbat moet jy rus. God het hulle nie verlos om hulle steeds in toestande van slawerny te laat voortbestaan nie. Ten minste een dag van die week moes hulle werksverantwoordelikhede heeltemal onderbreek word, sodat hulle kon rus. Dit moes bydra tot hulle verkwikking en herlaaiing. Dit moes hulle weer met nuwe lus vir die lewe vul. Hulle moes op die sabbat ast ware herskep word, nuwe lewe en krag kry. Daar moes rekreasie plaasvind van hulle kragte.

 

Veral ook in die Deuteronomium 5 weergawe sien ons die Here maak nie net vir die mans voorsiening nie, maar ook vir die kinders en slawe/werkers in die Israelitiese huishoudings. Ex-slawe moet hulle eie werkers nie soos slawe behandel nie. Kinders het gewoonlik ook maar in die huishouding moes werk verrig. Selfs die vreemdelinge by hulle moes in hierdie maatrel deel. Geen dubbele standaarde nie. In Eksodus 35:1-3 sien ons dat bepaal is dat daar geen vuur in hulle wonings gemaak mag word op die sabbat nie. Is dit nie dalk om te sorg dat die vroue in die huishouding ook hulle aandeel aan die rus kry wat die ander ontvang nie? Ek dink s!

 

Maar dit lyk asof die Here nie net aan die mense gedink het toe Hy hierdie gebod gegee het nie. Die diere wat in menslike diens arbeid verrig het, moes in dieselfde voorreg van een dag rus per week deel. Dit word so mooi gestel in Eksodus 23:12: In ses dae moet jy jou werk doen, maar op die sewende dag moet jy nie werk nie, sodat jou beeste en donkies kan uitrus en jou werksmense en die vreemdelinge by jou n bietjie kan asem skep. Is dit nie mooi nie? Dis die besorgde en versorgende Verbondsgod in Wie se hart ons hiermee n kykie kry. Vir Hom is dit belangrik dat mens en dier nie tot arbeidslawe gereduseer word nie, maar gesond kan lewe.

 

Lees asseblief Eksodus 31:12-17.  Hier staan n paar baie belangrike dinge ivm die sabbat waarvan ons moet kennis neem.

 

Eerstens, dit moet van geslag tot geslag n teken wees God en sy volk - sodat hulle kan besef dat God hulle vir Hom geheilig het (vers 13). As dit geslag na geslag n teken moet wees, sal die een geslag die betekenis van die sabbat dit aan die volgende geslag moet oordra. Hulle moet as deel van die huislike lewe die volgende geslag s gewoond maak aan die onderhouding aan die sabbat, dat hulle dit graag sal wil voortsit en weer aan hulle kinders sal wil oordra. Die woord onderhou veronderstel dat aktiewe maatrels en gewoontes in plek is dat die sabbat sy volle werking en betekenis van die geloofsgemeenskap kan h.

 

Die feit dat dit vir altyd n teken n teken moet wees, laat mens onwillekeurig dink aan aan iets soos die besnydenis of die pasga - iets wat herinner aan die verbond tussen God en sy geloofsgemeenskap. Mens sou met reg kon s dat die sabbat n teken was daarvan dat daar n verbond tussen God en Israel bestaan het. Die sabbat is dus n verbondsteken by uitnemendheid. Dit was ook in Bybelse tye met dieselfde erns bejen as die besnydenis en die pasga. Dit was die drie dinge wat Israel destyds sy besondere identiteit gegee het. Die volkere rondom het nie s n weeklikse rusdag gehad nie. Daarin was Israel uniek. Daarin was hulle getuies van God wat sorg en red, wat mense liefhet en die beste vir hulle wil h.

 

Maar wat die sabbat vir Israel so spesiaal gemaak het, was dat dit n viering van die verbond was. Net soos die pasga en die besnydenis was dit n teken wat van iets groters vertel het. Die iets groters was die verlossing uit die slawerny en die sorg van God in hulle lewe, sy verbondsverhouding met hulle. Daarom kan ons seker s dat die sabbat n sakramentele funksie in die lewe van die gelowige verbondsvolk gehad het. Deur daaraan deel te neem, kon hulle iets van die verlossing en die heilsaamheid van hulle verhouding met God aan eie lyf belewe.

 

S onderhou hulle dus die verbondsverhouding met God. S hou hulle die dankbaarheid teenoor God in hulle harte lewendig. Die sabbat word die sakrale ruimte van waar af hulle hulle hele lewe in diens van God kon stel. Die sabbat was die hartklop van hulle verhouding met die Verbondsgod. Die sabbat moes lewegewende bloed en krag deur die liggaam van hulle ganse bestaan pomp om dit lewendig en kragtig te maak. God s in vers 13 dat Hy die sabbat ingestel het sodat julle kan besef dat Ek julle vir My geheilig het. Dit beteken hulle moet besef dat hulle spesiaal vir diens aan God afgesonder is, eenkant gesit is. Dit was die hoofrede vir hulle bestaan.

 

Ek kan my nouliks indink dat Israel se lewenswyse dan nie ook as heilig beskou sou kon word nie, of liewer dat dit nie die kwaliteit van heiligheid sou moes h nie. Hulle hele lewe moes heilig wees vir God. Nie net hulle lewe op die sabbat nie, maar elke dag heilig. Nie net eendag behoort aan Hom nie, maar elke dag. Die sabbat moes die kragbron van lewe vir God word 7 dae per week.

 

Kyk mens na Jesaja 1:12-17 dan sien mens dat dit vir die Here onaanvaarbaar is dat lede van sy geloofsgemeenskap aan die eredienste deelneem terwyl hulle in die week onreg en geweld pleeg teenoor ander mense en die reg vertrap - veral van die weerloses in die samelewing, die weduwees en die wese. Hulle erediensdeelname op die sabbat was dus n vergryp aan die heiligheid van die Here en n duidelike weerspreking met hulle lewe van die die boodskap wat hulle met hulle deelname aan die erediens probeer te kenne gee. Die sabbat en die gewyde byeenkoms daarop het dus ten doel gehad om as n standhoudende impuls in Israel se lewe te doen om heilig te lewe - sewe dae per week. Die vierde gebod is dus ook die gebod wat lewensheiliging ten doel het. Die sabbat was n permanente oproep om barmhartigheid en hulp aan die hulpbehoewendes in die gemeenskap te bewys. Gaan lees gerus hieroor ook maar Jesaja 58:13-14.

 

Ons sal in die Christelike kerk darem n groot verarming ondergaan as ons hierdie aspekte van die vierde gebod sommer net so prysgee. Vir ons moet die Sondag as dag van die Here hierdie selfde hartklopfunksie h as wat die sabbat vir Israel gehad het.

 

Die sabbat moes vir hulle n gewyde dag wees. Levitikus 23:1-3 maak dit ook duidelik dat daar op die sabbat n gewyde byeenkoms moes wees. By hierdie gewyde byeenkoms het ook tuisgehoort die gee van offergawes aan God se saak. Die sabbat val onder die gewyde feeste wat die lewe van die geloofsgemeenskap moes begelei.

 

Met dit in gedagte, kan mens nie anders as om in te sien dat die Christelike erediens sy wortels het in die eredienste op die sabbat in die OT-tydperk nie. As God dan die fokuspunt in die sabbat moes wees, dan kan dit nie minder s wees in die NT-tydperk nie. Dit druis dus teen die gees en bedoeling van die vierde gebod in om erediensdeelname op die dag van die Here een maal per week agterwe te laat bly. Al word ons nie met die lyflike doodstraf gedreig in die NT periode nie, is dit steeds n saak van baie groot erns. In Hebrers 10:25 word lidmate opgeroep om die onderlinge byeenkomste van die gemeente te versuim nie. En net n klein entjie verder in dieselfde hoofstuk word dit gestel dat dit verskriklik is om te val in die hande van die lewende God. Die instandhouding van die erediens in die gemeente - en lidmate se persoonlike deelname daaraan - word sterk ondersteun vanuit die OT.

 

3.       Ons moet ook die lig van die NT in berekening bring

 

Kom ons by die NT en Christus se optrede, dan voel dit soms vir ons asof Christus Hom nie soveel gesteur het aan die sabbat as sy tydgenote nie - alhoewel hy die gewoonte gehad het om op die sabbat na die sinagoge toe te gaan. ( )

 

Lees nou eers Markus 2:13-3:6.

 

Die agtergrond van Jesus se byna uitdagende optrede mbt die sabbat was natuurlik die kenmerkende wettiese ingesteldheid wat die godsdienstige leiers van sy tyd gekenmerk het, Hulle was die selfaangestelde sedepolisie wat moes sorg vir konsekwente wetstoepassing - s het hulle geglo. Hulle was gedurig daarop uit om mense op oortredings te betrap. Op di manier het hulle van die sabbat in die gemoed van die geloofsgemeenskap iets onaangenaams gemaak - byna n nuwe slawerny aan letterknegtery. Daar was by hulle geen begrip dat God die sabbat aan die begin as n geskenk aan sy volk gegee het wat vir hulle lewensruimte moes skep nie. Hulle het vergeet dat die Here baie belanggestel het in die welsyn van mens en dier - ongeag hulle rang of stand. En dis hierdie onbegrip wat hulle toegelaat het om die sabbat as n ondraaglike las op hulle mense te l.

 

En dis hierteen dat die Here Jesus vas geskop het. Byna uitdagend genees Hy mense op die sabbat - selfs binne in die sinagoges. En die vrae wat Hy aan hulle stel en die opmerkings wat Hy maak, onderstreep juis die feit dat die sabbat deur God bedoel was om vir mense heilsaam te wees. Wat is heilsamer as om te rus en in gemeenskap met God te verkeer? Wat is heilsamer as om genees te word van dit wat jou lewe hel gemaak het? Wat is heilsamer as om bevry te word van iets wat jou so lank al bind?

 

Sy opmerking dat die sabbat vir die mens gemaak is en nie die mens vir die sabbat nie, moet dus teen hierdie agtergrond verstaan word. Jesus is nie n humanis wat die mens in die sentrum van alles wou stel nie. Hy wou maar net die ware bedoeling van die sabbat tot sy reg laat kom. Hy wou dat die godsdienstige leiers raaksien wat hulle al vir so lank mis gekyk het. Hy wou dit aan hulle duidelik maak dat hulle die slagoffers van n kruipende wettisisme geword het sonder om dit te besef.

 

Hierdie gevaar van kruipende wettisisme is altyd baie groot. Voor mens jou kom kry, dink jy wetties, maak jy jou interpretasie en toepassing van die wet die hoofsaak waarom die lewe gaan. Voor jy jou kom kry, gaan die lewe nie meer oor die liefde en genade van God nie, maar oor jou en my gehoorsaamheid en God se strafmaatrels wat jy moet vrees.

 

Daarom is dit nie vreemd nie dat die apostel Paulus baie sterk uitsprake maak wat maklik verkeerd verstaan kan word. Ook hy het hom hewig verset teen die Judaseerders van sy dag wat die Christelike gemeentes uit die heidendom wou oortuig dat hulle hulle nog moes laat besny ook - en nog die ander Joodse gebruike moes nakom om die saligheid te berf. Daarom beklemtoon hy die Christelike vryheid so sterk en maak hy opmerkings asof die wet geen betekenis meer vir n Christen het nie.

 

In Galasirs 4:8-11 praat hy van die onderhouding van dae en maande en feesgeleenthede en jare as minderwaardige en armsalige wettiese godsdienstige rels waarin hulle tog net nie moet terugval nie. En in Kolossense 2:16-17 waarsku hy dat die gemeente hulle nie moet laat voorskrywe oor wat hulle moet eet en drink, of dat hulle die jaarlikse feeste of die nuwemaansfees of die sabbatdag moet vier nie. Hy noem dat alles maar net die skaduwee was van wat sou kom. Die werklikheid is Christus.

 

Ook Paulus het gewaak teen die kruipende wettisisme wat veral kenmerkend was by die Jode van sy tyd. Om die waarheid te s, dit is vandag nog baie kenmerkend van die ortodokse Jode van vandag. Tot op die letter kom hulle die voorskrifte en bepalings na - tot die absurde toe! Paulus het leer verstaan dat die evangelie van verlossing in Christus Jesus ons van hierdie swaar laste wat die godsdienstige leiers van sy dag die mense opgel het, kom bevry het. Hoe heerlik is dit nie! Hy het verstaan dat ons nie die wet kan gebruik om vrygespreek te word van ons sondeskuld nie. Ons kan die wet net as tugmeester na Christus toe en as riglyn vir n dankbaarheidslewe gebruik.

 

Toe die Christelike kerk hulle begin losmaak het van die Joodse godsdiens waaruit hulle hulle voedingsbodem gehad het, moes n paar dinge verander. Die pasga en die besnydenis was tipies Joodse sakramente wat vervang moes word deur die nagmaal en die doop. Maar ook die sabbat was tipies van die Joodse geloofsgemeenskap wat vir Christus verwerp het. Daarom is hierdie sabbatdag deur die kerk vervang met die Sondag as dag van die Here. Daaraan kon jy die kerk van die Joodse geloof onderskei.

 

Maar die vierde gebod is nie ongeldig verklaar vir Christene nie. n Nuwe dag is gevind: die opstandingsdag van die Here Jesus uit die dood, die dag ook waarop die Heilige Gees uitgestort is en die Christelike kerk gekonstitueer het. Aan die begin kon hulle nie daarvan n rusdag maak nie. Die omstandighede waar hulle gewoon en gewerk het, het hulle nie toegelaat nie. Hulle het of vroeg in die oggend of in die aand na werk byeengekom as gemeente. Die gewyde byeenkomste het hulle gehou. Eers later kon hulle werklik n godsdienstige feesdag instel.

 

Die OT riglyne oor die gees en bedoeling van die vierde gebot kan steeds kosbare lig werp op die vraag hoe ons die vierde gebod moet benader. S ook is die lig van die NT ook nodig om werklik die ware betekenis daarvan te kan behou.

 

Die rusdag een maal per week is dan veral in ons gejaagde moderne lewe baie noodsaaklik - en n wonderlike geskenk van God. Maar die sisteme en die ongelowige wreld wil dit van ons wegroof. Ons moet daarom daaroor waak.

 

n Laaste aspek waarvan ons tog ook moet kennisneem is die volgende. In Hebrers 4:1-11 word genoem dat die sabbatdag in die ou bedeling n rus belowe het waarin die Here se volk sou ingaan. Daarmee is die lewe in die beloofde land bedoel. Maar die skrywer wys ook uit dat daar later weer na s n komende sabbatsrus verwys is. Die skrywer maak dit van toepassing op diegene wat in Christus glo. Vir hulle is daar die ewige rus waarin ons uiteindelik sal ingaan. Die vierde gebod wil vir die Christelike kerk juis aan hierdie komende rus, die ewige sabbatsrus, herinner en daarna laat verlang. Die Christelike kerk kyk met die dag van die Here nie net terug na die verlossing wat God deur Christus vir ons uit die sondeslawerny bewerk het nie, maar ook vorentoe - na die ewige sabbatsrus op die nuwe aarde by God. Dan sal die verbond van God sy volle klimaks bereik. God sal dan alles vir almal wees - iets waarheen die vierde gebod steeds maar in ons lewens wou mik.

 

4.       Ons moet twee uitdagings die hoof bied

 

Daar bly vir ons veral twee uitdagings oor: ons moet waak teen die kruipende wettisime en ons moet iets van die sakramentele dimensie van die dag van die Here probeer terug kry in ons lewe.

 

Ons moet waak teen n wettisistiese benadering van die vierde gebod (Ons moenie slawe van arbeid of van wettiese godsdienstige rels word nie) Dit is vreeslik moeilik om daarvan weg te kom: Voor jy jou kom kry, vra jy: Wat mag ek en wat mag ek nie op die Sondag nie? Voor jy jou kom kry weeg en veroordeel jy ander mense soos sedepolisie. Behoud van oorwinnende Christelike vryheid - los van verdienstelikheidsgedagte - gedryf deur ware liefde, is die ideaal. Ons sal baie graag baie anders wil lyk as die wreldse mense. Ons sal naby God wil wees. Ons sal voorkeurtyd met Hom wil deurbring. Ons sal in die openbare erediens eer aan Hom wil toebring. Maar dit sal nodig wees om teen die wettiese gees van die Jodendom moet waak. Dit sal nie beteken dat ons nie kerklike tug in die gemeente van die Here kan toepas nie. Maar ons sal veral dan maar op die positiewe funksie en betekenis van die gebod moet fokus.

 

En dan moet ons iets van die sakramentele betekenis van die dag van die Here probeer terugvind. Kom ons maak die Sondag die hartklop van n lewe waarin alle dae aan God gewy is. Kom ons vier die dag van die Here met blydskap en vreugde. Kom ons onderhou die eredienste as gewyde byeenkomste wat daarop ingestel is om die Here te verheerlik en te aanbid. Kom ons doen goed op die dag. Kom ons bewys liefde en barmhartigheid aan swakkes en behoeftiges. Kom ons beywer ons vir reg en geregtigheid. Kom ons fokus op n helige lewe as sondagskinders 7 dae van die week. Kom ons verlang vorentoe na die ewige sabbatsrus waarheen die Here met ons op pad is.

 

Amen.

 

 

 As jy meer wil weet, lees Goeie Nuus ...

 

 

Kontak my gerus as jy behoefte het aan n gesprek :

 

DS GERT BADENHORST

Epos: gerba@absamail.co.za

 

11 September 2005