Preke

 

SKRIFLESING:          

SKRIFLESING:           EKSODUS 20:12;

                                    DEUTERONOMIUM 5:16

                                    EFESIERS 6:1-9

                                    ROMEINE 13:1-7

 

TEMA:          KOM ONS BOU HEILSAME GESAGSVERHOUDINGE!

(VYFDE GEBOD)

 

 

Heidelbergse Kategismus Sondag 39 Vraag en Antwoord 104:

Vraag: Wat eis God in die vyfde gebod?

Antwoord: Ek moet my vader en moeder en almal wat oor my gestel is, alle eer, liefde en trou bewys. Aan hulle goeie leer en tug moet ek my met die verskuldigde gehoorsaamheid onderwerp. Ook moet ek met hulle gebreke geduld h, omdat God ons deur hulle wil regeer.

 

 

Gesagsprobleme is niks nuuts nie

Miskien is die gesagsprobleme in ons hededaagse samelewing niks nuuts nie. Ek gaan vir u n aanhaling voorhou waarvan u dan die outeur en tydperk waaruit dit kom, moet raai: Our youths love luxury. They have bad manners, contempt for aothority - they show disrespect for their elders and love to chatter in place of exercise. Children are now tyrants, not servants in their households. They no longer rise when their elders enter the room. They contradict their parents, chatter before company, gobble up food and tyrannize teachers. Wie het wanneer hierdie dinge geskryf?

 

Dit was niemand minder nie as die groot Griekse filosoof, Sokrates - ongeveer 400 voor Christus.

 

Nader aan ons tyd het die skrywer Cas van den Berg eenmaal geskryf: Ek het altyd iewers aan die kortste end getrek. Toe ek n kind was, het die ouers die gesag gehad en die kinders moes luister. Noudat ek groot is en self n ouers is, is die rolle omgeruil: Nou luister die ouers na die kinders. Iewers is n staatsgreep stilweg uitgevoer - en ek het in albei bedelings aan die korste end getrek.

 

Vroer hierdie week doen ek huisbesoek by n senior lidmaat. Hy vertel toe dat hy altyd gesag oor sy kinders gehad het. Intussen het sy kinders groot geword en op hul eie gaan bly. Hy s: En nou sit ek hier met al hierdie gesag - maar het niemand om dit oor uit te oefen nie! Ja, gesagsprobleme is maar n algemeen menslike verskynsel wat - so lyk dit - gekom het om te bly.

 

Israel het waarskynlik reeds voor hulle uit Egipte verlos is, probleme met dissipline gehad

Ek kan my goed voorstel dat die Israeliete wat as n slawevolk uit Egipte weggetrek het, dalk in hulle huishoudings ook probleme met gesag kon gehad het, probleme wat God in die woestyntyd met sy wet wou probeer regstel in die nuwe geloofsgemeenskap wat Hy wou vorm.

 

Vr die uittog was die ouers - die mans in elk geval - die hele dag, sewe dae per week, van sonop tot sononder, by die werk - as slawe. Wanneer hulle vanaand uitgeput van die werk af by hulle gesinne gekom het, het hulle sekerlik nie nog krag oorgehad om met hulle kinders te speel of n liefdesband met hulle te bou nie. Veral die tienerseuns het waarskynlik hande uitgeruk met net n ma of ouma by die huis.

 

Ek kan ook nie dink dat hulle pas se status as slawe die kinders juis sou bendruk en ontsag by hulle sou inboesem nie. Daarom kon die Israelitiese jongmense moontlik n eiesinnige en ongehoorsame spulletjie gewees het. Die wyse waarop Moses sy hande met hulle vol gehad het, kan n aanduiding daarvan wees.

 

God het dit net n die uittog nodig gevind om van hulle almal  eerbied en respek teenoor hulle ouers te eis. Onthou: Die Here was besig om n geordende geloofsgemeenskap te ontwikkel uit n ruwe klomp slawe en hulle verwaarloosde kinders. Hy het geweet dat dissipline en orde in n gemeenskap baie daarvan afhang hoe dit in die huisgesinne tussen ouers en kinders gaan. Daarom vind Hy dit nodig om die eerste gebod op die tweede tafel van die wet oor eerbied vir gesagsdraers te laat handel.

 

Eerbied vir gesagsdraers is die sleutel tot n gesonde en doeltreffende (geloofs)gemeenskap.

Eerbied vir gesagsdraers is die sleutel tot n gesonde en doeltreffende geloofsgemeenskap. Dis ook die sleutel tot n gesonde en doeltreffende samelewing. Daarom is dit belangrik om aan hierdie saak van eerbied vir gesag aandag te gee.

 

Wat beteken dit om eerbied te betoon?

Die Hebreeuse woord vir eer/eerbied het te doen met die gedagte van swaar-wees of gewigtig-wees. Wanneer die vyfde gebod mense dus oproep om hulle vader en moeder te eer, dan beteken dit eintlik dat hulle hulle ouers in hulle eie gemoed as gewigtige mense moet beskou en hulle daarvolgens moet behandel. Hul ouers moet as baie belangrike mense gesien word - en daarom sal hulle met respek en gehoorsaamheid behandel word. Teenoor hul ouers sal hulle dus ook n openheid vir onderrig en leiding openbaar. Hulle sal baie waarde heg aan hulle ouers se raad en vermanings. Hulle sal doen wat hulle ouers van hulle verwag. Hulle sal gehoorsaam wees.

 

Eerbied kom veral uit in gehoorsaamheid

Die apostel Paulus dui aan dat eerbied  veral in gehoorsaamheid uitkom. In Efesirs 6:1 s hy: Kinders, wees as gelowiges aan julle ouers gehoorsaam, want dit is wat die wet van God vereis. En direk daarn haal hy die 5de gebod aan en beklemtoon dat dit die eerste gebod is met n belofte. Eerbied vir ouers kom dus veral tot uitdrukking in gehoorsaamheid. Ouers se gesag moet aanvaar word - en daarvolgens moet gehandel word - in gehoorsaamheid.

 

Dieselfde word in vers 5 van Efesirs 6 van slawe teenoor hulle eienaars gevra.  Diegene wat onder gesag staan, moet as Christene met gehoorsaamheid op die gesagsdraers reageer.

 

Paulus voeg egter daaraan toe: en doen dit met eerbied en ontsag, maar terselfdertyd met n opregte hart asof vir Christus. Hy s ook in vers 7: Al is julle slawe, doen julle werk met lus, soos vir die Here en nie vir mense nie.  Gehoorsaamheid moet dus gepaard gaan met eerbied, ontsag en lus, met opregtheid - soos vir die Here.

 

Eerbied is nie willose, ongemotiveerde gehoorsaamheid nie

Die veronderstelling is dus  ni dat gehoorsaamheid al morrende en klaende bewys moet word nie. Die HK s: Ek moet my vader en moeder en almal wat oor my gestel is, alle eer, liefde en trou bewys. In die woorde van die apostel Paulus kan ons s: Gewillig en van harte, soos vir die Here.

 

Die kombinasie: eer, liefde en trou - wil dus s: Gesag is nie iets wat mense as opponente teenoor mekaar opstel nie. Gesag wil hulle juis in n baie spesiale verhouding met mekaar plaas - maar s dat hulle nie in n magstryd met mekaar vasgevang hoef te raak nie. Want die spelrels is klaar deur God neergel.

 

Gesag moet gesagsdraer en ondergeskikte nader aan mekaar bring

Op gesag word dus gereageer met eer, liefde en trou.  Dt is juis hierdie gesindheid wat gesagsdraer en ondergeskikte nader aan mekaar bring. Eer, liefde en trou wat deur die ondergeskikte openbaar word, sal juis die beste in die gesagsdraer teenoor die ondergeskikte na vore bring. Dit sal die gesagsdraer normaalweg in belang van die ondergeskikte laat handel.

 

Uit Romeine 13:1-7 is dit duidelik dat ook die owerhede as gesagsdraers op hierdie positiewe wyse benader moet word deur ondergeskiktes. Paulus l dus klem daarop dat God sekere rolle in die samelewing toeken. Daar is die rol of amp van eggenoot (man), ouer (pa en ma), baas (eienaar/werkgewer), en owerheid (regeerders). Hulle is die gesagsdraers wat van God n besondere verantwoordelikheid of funksie of werk ten opsigte van die gemeenskap en die samelewing ontvang het.

 

Gesagsdraers moet ter wille van hulle amp geer word

Vir die uitvoering van hulle amp/werk is dit dan nodig dat hulle gesag sal h - en hierdie reg moet erken word. Gesag is die reg om voor te s, die reg om aan te s, te beveel. God delegeer eintlik van sy eie gesag aan gesagsdraers - om te sorg dat daar wet en orde (dissipline) in die menslike samelewing gehandhaaf sal word. Alleen binne s n geordende en gedissiplineerde samelewing is heilsame saamlewe van mense moontlik - en kan hulle gelukkig wees. Dit is God se wil vir menslike samelewings.

 

Daarom het Hy leierskap en gesagsfunksies vir sekere samelewingsverbande vir mense ingestel - vir gesinne, werkspanne, skole, gemeentes en kerke en die staat. Sekere mense moet hierdie leierskap en gesagsfunksies uitoefen, sodat dit  in hierdie samelewingsverbande kan goed gaan. Daarvoor bepaal God dat hulle eerbied en samewerking van die res van die gemeenskap moet kry.

 

Die gesag is egter nie altyd kragtens sulke gesgasfigure se persoonlike voortreflikheid nie - alhoewel dit verkieslik is s. Maar ongeag of hulle werklik oor alle eienskappe beskik wat hulle as gesagsdraers kwalifiseer, moet hulle kragtens hulle rol/amp met eerbied, liefde en trou benader word. As ons die saak s benader,  werk ons aktief met God saam om n gesonde gemeenskap en samelewing daar te stel. As ons dit ni doen nie, ondermyn ons die welsyn van die gemeenskap.

 

Dit is nie maklik om gesag oor jouself te aanvaar nie

Nou  besef ons maar alte goed hoe moeilik dit vir enige mens is om gesag oor jouself te aanvaar. Vir meeste  mense kom dit nie natuurlik nie. Daarvoor is ons te selfgeldend en eiesinnig. Selfs klein kindertjies weier dikwels om te doen soos hulle ouers van hulle verlang. Hulle protesteer en wil weet hoekom. Nie dat dt seker buitengewoon is nie. Maar tendense wat s klein al begin, groei gewoonlik maar uit tot opstandigheid en rebellie wanneer die tiener-jare en jong-volwassenheid bereik word. 

 

Dit is natuurlik ook  hoe n geslote gees en morele onopvoedbaarheid soms van mense meester word. En dikwels bly hulle dan hulle lewe lank dwase. Dwaasheid is die oorsaak en gevolg van verwerping van ouerlike gesag en opvoeding.

 

Net hierdie week hoor ek van n baie eksentrieke oom van 92 wat beweer dat sy ma hom nie root gemaak het nie - hy het homself glo groot gemaak. Ongelukkig moet ek s: Die resultaat was nie baie goed nie. Sosiaal was hy sy lewe lank n kluisenaar. Hy is nooit getroud en het nooit kinders gehad nie. En hy het altyd maar die vreemdste dinge gedoen. Alhoewel hy nogal baie slim en vindingryk is, het hy eintlik maar n dwaas gebly. Hy verstaan vandag nog niks van verhouding en menslike gemeenskap en vriendskap nie.

 

Gesagsondermyning kenmerkend van kultuur en tydgees

Nou, n ander gedagte: Die kultuur en tydsgees wat vandag in ons samelewing heers, bevorder n geweldige ondermyning van gesag en gesagsdraers. Baie faktore het daartoe bygedra dat hierdie situasie ontstaan het. Op n stadium was burgerlike ongehoorsaamheid aangemoedig om die land onregeerbaar te maak - sodat politieke doelwitte bereik kon word. S n kultuur van wetteloosheid verdwyn nie sommer net wanneer die nuwe maghebbers oorgeneem het nie. En wanneer daar dan korrupsie deur die nuwe gesagsfigure gepleeg word, en in die media oopgevlek word,  dan help dit ons nie. En wanneer films en TV-programme dikwels modelleer hoe kinders grootmense verontagsaam en trotseer - dan vind dit vrugbare teelaarde in die menslike natuur van kinders - en lei dit tot disrespek teenoor seniors en tot eiesinnigheid wat hom nie laat teregwys nie.  En wanneer wetgewing onderwysers ook nog in skole verhoed om behoorlike dissipline toe te pas, dan vat die menslike natuur van die kinders (en van hulle ouers) die gaping om dit vir die onderwyser as gesagsfiguur feitlik onmoontlik te maak om orde te handhaaf en onderrig en opvoeding te behartig.

 

Dit verbaas ons dus ni dat daar n groeiende disrespek vir en verontagsaming van wette en wetstoepassers ontwikkel nie. En ook die kerk spring hierdie verskynsel nie vry nie. Daar kom bitter min van kerklike tug en dissipline tereg. Die oomblik dat n ouderling of leraar n lidmaat vermaan tot lewensverbetering, dan neem hulle aanstoot en bedank eenvoudig uit die kerk. Geen vreemde gesag word enigsins meer aanvaar nie. Ook die gees van indiwidualisme in die samelewing bring mee dat al minder mense hulle skik na die rels vir n gesonde gemeenskap. Die indiwidu en sy regte het ononderhandelbaar en oppermagtig geword.

 

Geduld met gesagsdraers se tekortkominge is nodig

Natuurlik sou dit baie gehelp het as alle mense in gesagsrolle integriteit en wysheid gehad het - en in die meeste opsigte beter en voortrefliker was as diegene in ondergeskikte posisies. Maar ons leef nie in n volmaakte wreld nie. Alle gesagsdraers het foute en maak foute. Daarom gebied die 5de gebod diegene in ondergeskikte posisies om ter wille van die amp waarin gesagsdraers staan - en ter wille van die funksie wat hulle in die gemeenskap vervul - hulle aan sulke gesagsdraers te onderwerp in gehoorsaamheid - in eer, liefde en trou.

 

Gesagshantering maak ons mede-bouers van God aan heilsame, gesonde gemeenskappe

Ter wille van die grotere welsyn van die gemeenskap moet alle mense hulle dus in elke samelewingsverband s gedra dat hulle konstruktief meewerk aan n gesonde en goed-funksionerende gemeenskap en samelewing. S word ons medewerkers van God - medebouers aan n menslike gemeenskap,  waarin menslike welsyn en die groei van die koninkryk van God kan gedy.

 

Ondergeskiktes moet geduld h met gesagsdraers se gebreke

Daarom sal elkeen in n ondergeskikte posisie verby die gesagsfigure se foute moet kyk en die groter bedoeling van God met die gemeenskap moet nastreef. Dit sal dan beteken dat ons steeds in lyn met die gesagstrukture sal moet optree - selfs al is die gesagsdraers dit nie waardig nie. Die Weermag is n goeie voorbeeld van hoe n samelewingsverband van mense net kan werk en effektief kan wees wanneer elkeen hulle streng hou by die voorgestrewe gedragskodes in verband met gesag. Stel jou voor dat elke offisier sy ondergeskiktes elke keer eers tot onderdanigheid en gehoorsaamheid moet dwing of oortuig. Dit sal die frustrerendste organisasie denkbaar word. Dit sal geen sukses in enige konflik kan behaal nie. Geen wonder nie alle weermagte streng is oor insubordinasie nie! Dis feitlik gelyk aan verraad teen die gemeenskap!

 

Maar wat nou as gesagsdraers hulle magte misbruik en die perke  van hulle gesag oorskry? Wat as die gesagsdraers onnosel of onopgevoed is? Wat as hulle totaal onbevoeg vir hulle posisie is?

 

Natuurlik hoef eerbied vir gesag nie te beteken dat n ondergeskikte nie beswaar kan maak wanneer gesagsdraers hulle perke oorskry of korrup en oneffektief is nie. Trouens, dit kan van n gelowige verwag word om sodanige stappe te neem dat sulke onwaardige gesagsfigure sal  regmaak of uit die amp wat hulle vervul, verwyder word - ter wille van die groter welsyn  van die gemeenskap.

 

Ons sal egter altyd moet onthou dat ons - nes hulle - mense met foute is. Ons sal ook moet onthou dat hulle - nes ons - ook groeipotensiaal het. Om met hulle gebreke geduld te h, sou dan kan beteken dat ons hulle sal wil help om beter gesagsdraers te word. Hierdie sal ondergeskiktes se eerste strewe en opsie moet wees. Anders bevorder mens n gees van onverdraagsaamheid in gesagsverhoudinge wat op die ou end teenproduktief kan werk op die gemeenskap en samelewing.

 

Gesagsdraers dra n baie groot verantwoordelik

Gesagsdraers aan die ander kant sal weer moet besef dat daar n baie groot verantwoordelikheid op hulle rus - om die gesag verbonde aan hulle posisie konstruktief te gebruik - nie ter wille van eie belang nie, maar in belang van die gemeenskap en die indiwidue waaruit dit saamgestel is.

 

Sulke gesagsdraers moet weet dat hulle teenoor God aanspreeklik is vir wat hulle met hulle gesag en gesagsposisies gemaak het. Die 5de gebod het dus ook iets te s vir gesagsdraers - nie net vir ondergeskiktes nie.

 

Die versoeking om gesagsperke te oorskry, moet weerstaan word

Nooit mag gelowige gesagsdraers die perke van hulle gesag oorskry nie. Nooit mag eiebelang of die eie-groep se belange ten koste van die ander gedien word nie. Hulle moet besef dat hulle betrokke is in God se samelewing - en dat hulle met God moet saamwerk om sy samelewing op te bou - op die manier wat sy goedkeuring wegdra, volgens sy waardes.

 

Die menslike natuur gryp altyd na die kans om gesagsdraers te wees - eerder as om ondergeskiktes te wees. Ek weet egter dat met die rol van gesagsdraer saam n geweldige verantwoordelikheid kom. Niemand behoort n gesagsposisie te aanvaar as hulle nie bereid is om die welsyn van die gemeenskap wat gedien moet word, met integriteit na te streef nie.

 

Gesagsdraers moet integriteit aan die dag l

Integriteit sal dan beteken om jouself as gesagsfiguur ook onder dieselfde stel rels te stel as wat jy op ondergeskiktes toepas. Jy sal jou amp as leier dienend moet uitvoer - ingestel op die bevordering van die belange van die gemeenskap en sy lede. Jy sal volgens die beginsels van geregtigheid en barmhartigheid moet optree. Dt geld vir ouers, vir onderwysers, vir spanleiers, vir klaskapteins, vir prefekte, vir kerkleiers, vir werkgewers, vir offisiere, vir wetstoepassers, vir regeringsamptenare en vir politici - enigeen wat gesag voer oor ander.

 

Die groot gedagte van die 5de gebod

Die groot gedagte van die 5de gebod is dan dat mense met God se bedoelinge met die menslike gemeenskap moet rekening hou - en met Hom moet saamwerk. Hy wil gesonde en doeltreffende gemeenskappe en samelewings ontwikkel - gemeenskappe wat tot sy eer sal lewe.

 

Om dt te kan doen, moet ons dus onsself verlon en sy doelwitte dien. Elke mens - of jy nou gesagsdraer of ondergeskikte is, maak nie saak nie - jy is teenoor God aanspreeklik vir hoe jy hierdie verantwoordelikheid rondom gesagshantering nakom. En elkeen wat dit reg doen, maak beslis n heilsame verskil in die samelewing.

 

Die ander party se foutering onthef jou nie van jou aandeel aan die gesagskontrak nie

Ek en jy moenie dink dat wanneer ander mense hulle ni aan gesonde gesagshantering steur nie - of ni hulle kant van die gesagsverhouding reg hanteer nie - dat ons dit dan ook nie hoef te doen nie. Twee verkeerds maak nie n reg nie. Elkeen bly persoonlik aanspreeklik vir sy deel van die gesagskontrak - ongeag of die ander party dit doen of nie.

 

As jy al aan hierdie versoeking toegegee het om God se gesagsrelings te verontagsaam omdat die ander party dit gedoen het, het jy natuurlik al reeds tn God begin werk. Maar dit is nie te laat om dit reg te stel - en God se medewerker te word nie. Elkeen wat dit wel doen, maak n heilsame verskil, n reddende verskil. Moenie swig voor die tydsgees van onverskilligheid in hierdie opsig nie. Hoe meer mense gesagsverhoudinge konstruktief benader, hoe beter en gesonder word die samelewing. Aan die ander kant: Hoe minder mense gesagsverhoudinge konstruktief benader, hoe meer word die samelewing soos die hel.

 

Die wreld wag op grootskaalse uitvoering van die vyfde gebod

Die wreld daarbuite wag nog om te sien dat die gees en bedoeling van die 5de gebod regtig op groot skaal beslag kry tussen mense. Ons het dit nog nie genoeg in ons omgewing en in ons tyd gesien nie. Die vraag is nou: Sal ek en jy dit n bietjie beter maak? Sal ek en jy met ons hantering van gesagsverhoudinge in hierdie wreld n bal aan die rol kry wat groter en magter sal groei met die verloop van tyd?

 

Ons kan dit net doen as ons ons vereenselwig met God se droom vir n gesonde menslike gemeenskap waarin gesag opbouend hanteer word. Mag die Here deur jou en my nederige maar opregte bydrae so n ietsie van die hemelse bestaanswyse in hierdie aardse bedeling en menslike samelewing laat deurbreek!

 

Amen

 

 

As jy meer wil weet, lees Goeie Nuus ...

 

 

Kontak my gerus as jy behoefte het aan n gesprek :

 

DS GERT BADENHORST

Epos: gerba@absamail.co.za

 

25 September 2005