Preke

 

Skriflesing    Genesis 39

 

Tema          Hou koers op die Here se pad -

                    ten spyte van verleiding en onreg!

 

Iemand het eenmaal ges dat as dit nou koning Dawid van ouds was wat hom in Josef se situasie bevind het daar in Potifar se huis, sou die verhaal n heel ander wending geneem het. Hy sou die ou gelukkie sekerlik nie deur sy vingers laat glip het nie! Daarvoor was Dawid heeltemal te vleeslik en te veel van n opportunis (n kansvatter)!

 

Maar miskien moet ons nie te vinnig vir koning Dawid veroordeel nie. Wat sou gebeur het as ek of jy ons in Josef se situasie bevind het? Ons kan vandag dalk maklik dink dis ver benede ons om ons aan owerspel met iemand anders se lewensmaat skuldig te maak. Maar wat nou as ons jonk en gesond was (dws vol hormone) en sonder familie naby? Wat nou as ons geweet het niemand van die kerk of ons vriendekring gaan ooit daarvan hoor nie? Wat nou as die persoon wat hom/haarself seksueel vir ons aanbied, seksie, wulps en besonder begeerlik is? Wat as hy/sy aanhou om ons in die versoeking te lei? Wat as hy/sy ook nog mag en invloed oor ons het? Wat sou gebeur het as ons dalk groot moeilikheid sou kry as ons sou weier? Wie kan met sekerheid s dat hy/sy beslis nie gevly sou gevoel het oor s n aanbod - en daaroor sou begin nadink het nie? As jy soos Josef die persoon was wat die ander personeel kan rondstuur, sou jy sekerlik kon begin dink oor hoe om seker te maak jou avontuurtjie word nie deur die ontydige opdaag van mense in die huis kort-geknip nie!

 

Seksuele versoeking het in ons wreld vandag baie algemeen geword. Dis vandag n vry algemene praktyk om seksuele avonture met verskeie nuwe persone te h. Die houding is deesdae: as mense tot mekaar aangetrokke voel - en albei is gewillig - hoekom nie? En dis nie net jeudiges wat s voel nie. Baie ouer mense - al is hulle getroud - het dieselfde ingesteldheid. (n Mens moet darem maar baie oud wees voordat jy nie meer die versoekings hoef te vermy nie - omdat hulle jou dan begin vermy!)  Ek wens ek kon s dat kerkmense heeltemal anders optree as wreldlinge. Maar ongelukkig kan ek nie. Daar is helaas geen verskil tussen baie kerklike en buite-kerklike mense nie. Seksuele opportunisme (kansvattery) is ongelukkig baie meer algemeen as wat ons sou wou erken - ook onder kerkmense. Is dit nie s nie?

 

Maar dan: Seksuele teistering is ongelukkig ook veel meer algemeen as wat ons sou wou erken. Ek weet sommige mans sou Josef beny het om s n probleem te h. Maar die res van die verhaal wys vir ons  dat dit nie werklik pret is nie. Ek weet ook dat dit vir vroue glad geen pret is om seksueel geteister te word nie. Gelukkig is daar vandag duidelike wetgewing daarteen, maar ongelukkig is dit nog steeds nie maklik om teistering te bewys as die teisteraar so slim soos Potifar se vrou te werk gaan nie. Dikwels trek die onskuldige slagoffer van sulke teistering in elk geval maar aan die kortste end. Sulke situasies kan dan jou hele lewe onherroepelik op sy kop keer en in n gans ander rigting stuur - soos in die geval van Josef.

 

Waaroor gaan dit eintlik in hierdie verhaal van Josef en Potifar se vrou?

 

Ja, hierdie verhaal wl k vir ons s dat ons by ons godsdienstige beginsels as mense van God moet staan - al is die versoekings hoe kragtig  en al is die gevolge ook rampspoedig! Die verhaal wl k vir ons s dat ons versoeking kn weerstaan as ons fokus op die groter prentjie waarvan God deel is. Die verhaal wl k vir ons s dat seksuele vergrype in die eerste plek ook sonde teen God is. Dit wil k vir ons s dat seksuele opportunisme wat gelukkies aangryp wanneer dit hulle aanbied, baie gevaarlik is, omdat dit ander mense n houvas op jou kan gee - maar veral ook omdat dit jou van God kan vervreem en jou van jou integriteit as die Here se kind kan beroof.

 

Ja, die verhaal wil al hierdie dinge k vir ons s, maar daar is n belangriker boodskap in hierdie verhaal opgesluit, waarna ons vandag wil kyk.

 

Hierdie belangriker boodskap het te doen met  die feit dat selfs kinders van die Here baie dikwels nie veel beheer het oor hulle lewensomstandighede nie, dat hulle dikwels  (ten spyte van die feit dat hulle getrou aan die Here en hulle godsdienstige lewensbeginsels wil bly)   tog nog die slagoffer word van groter magte, invloede en gebeure wat hulle in bitter moeilike omstandighede dompel. Hierdie verhaal wil ons juis leer hoe om sulke onregverdige en moeilike omstandighede te verwerk as die Here se mense.

 

Die verhaal in Genesis 39 is natuurlik n onderdeel van Josef se lewensverhaal. Dit fokus op n deel van die gebeure wat hom by rock bottom gebring het, kan ons maar s. Hy kon nie eintlik veel laer nie. Juis toe hy op die drumpel van sy fleur as jeugdige was, het sy eie broers hom as slaaf aan vreemdes verkoop. Hy word na n vreemde omgewing met n vreemde taal en kultuur weggeneem. As slaaf moet hy vir iemand anders werk en lewe. Hy het nie meer n lewe van sy eie gehad nie. En asof dit nie genoeg is nie, teister sy baas se vrou hom - om hom skuldig te maak aan n daad waarvoor hy doodgemaak kon word. En as hy nie wil saamspeel nie, troef sy hom met n infame leuen wat hom in die tronk laat beland. Nie langer is hy net n slaaf nie, maar nou ook slaaf en tronkvol wat ast ware daar vergeet is. Hoe donker kan n jeugdige (of enige mens) se lewe word? Seker nie veel donkerder as wat Josef sn hier geword het nie?

 

Wat bly daar in die lewe vir hom oor?

 

Dis hierdie vraag waarby lewensomstandighede baie keer ook vir jou en my bring. Wanneer mense en omstandighede skielik - en ten onregte - ons lewensituasie s verander dat dit werklik donker vir ons word en ons nie weet wat daar in die lewe vir ons oorbly nie, dan wil hierdie verhaal vir ons leiding en troos gee. Dan wil dit vir ons hoop en rigting gee - ten spyte van die donkerte!

 

Natuurlik is dit nie net slawerny en tronkstraf wat n mens in groot donkerte kan bring nie. Daar is baie ander dinge wat dit kan doen. Dink maar aan die effek wat afdanking en uitgerekte werkloosheid op jou kan h. n Lang en uitgerekte lyding agv kanker of verlamming. n Kind wat die spoor byster raak en met dwelms, misdaad en prostitusie besig raak - en net nie wil luister nie. Die verlies van n lewensmaat wat jou onversorg en eensaam agterlaat. Mediese rekenings en ander lewenskoste wat jy eenvoudig net nie meer kan betaal nie. Ja, daar is regtig baie dinge wat die lewe vir jou uitsigloos en donker kan maak.

 

Vir sulke mense ontstaan die vraag: Wat bly daar in die lewe vir my oor?

 

Dis dan vir sulke mense wat hierdie verhaal wil kom s: Moenie moed verloor nie! Daar s altyd hoop - want daar s nog altyd God!

 

Ek gee toe: Wanneer jy jou midde-in die donkerte en voortdurende onreg en swaarkry bevind, is dit nie maklik om moed te hou en die lewe positief te benader nie. Maar watter aanvaarbare alternatief is daar dan vir jou? Ja, jy het die moontlikheid om in bitterheid en opstand te broei op die onreg wat jou aangedoen is, maar waar bring dit jou? Dit vergiftig net jou gees en liggaam! Ja, dis reg: Ook jou liggaam! Want die aggressie en bitterheid wat jy in jou gedagtes koester en troetel, dit lei tot die afskeiding van baie streshormone in jou bloedstroom. En uiteindelik sal dit depressie en allerlei liggaamlike ongesteldheid by jou meebring. En dan word dit n bose kringloop waaruit dit moeilik is om te ontsnap!

 

Natuurlik sal die satan s n situasie wil misbruik om jou teen God in opstand te laat kom. (Hoe dikwels kry hy dit nie ook reg nie!) Op di manier dryf hy n wig tussen jou en die Here in - tussen jou en die Bron van geestelike gesondheid, tussen jou en die Enigste Een wat jou lewe weer betekenisvol kan maak, tussen jou en die Een wat ons van alle slawerny en bindinge wil bevry!

 

Uit die verhaal van Genesis 39 is dit vir ons duidelik dat Josef dt nie toegelaat het nie. Al het wat ook al met hom gebeur: Hy raak nie opstandig teen die Here nie. Hy gaan eenvoudig van die veronderstelling uit dat God goeie bedoelinge met hom wat Josef is, het. Daarom neem hy oral waar hy hom bevind verantwoordelikheid. Wanneer hy n slaaf in Potifar se huis word, werk hy hard en bevorder hy sy baas se belange. Hy volg n konstruktiewe benadering. Hy lewer diens - uitstekende diens! En wanneer hy onskuldig in die tronk gegooi en daar vergeet word, doen hy dit nog: Hy lewer uitstekende diens in die tronk en neem verantwoordelikheid vir diegene rondom hom - bewaarders en gevangenes, almal.

 

Hoe anders is ns nie dikwels nie: Wanneer dinge vir ons sleg begin gaan, hou ons op om konstruktief betrokke te wees by diegene rondom ons. Ons fokus dan op onsself en op ons ongelukkigheid. Ons raak in onsself gekeer en wil niks met ander mense en die kerk te doen h nie. Ons bedank uit die kerkraad of die jeugaksie. Ons gee nie meer n dankoffer nie. Ons wil nie meer betrokke wees nie. Ons is mos te ongelukkig, te kwaad.

 

Maar Josef wys ons hoe God se kinders sulke onvermydelike terugslae behoort te hanteer. Hy raak dienend en opbouend betrokke. Hy g homself in gemeenskap en diens!

 

Hoekom kon Josef dt regkry?

 

Soos ons ges het: Hy laat nie toe dat die duiwel n vatkans op hom kry nie. Hy broei nie in bitterheid nie. Hy gaan eenvoudig van die veronderstelling af uit dat die Here n plan het met sy lewe - dat die Here met hom iewers heen op pad is. In Engels kan ons s: He believed that he was a man of destiny - n man met n bestemming, n roeping, n taak!

 

Later in sy geskiedenis, toe sy broers wat hom as slaaf verkoop het, in Egipte kom kos koop het, het hy aangedui dat dt is hoe hy die saak beskou het. In Genesis 45:4 en verder s hy: Ek is julle broer Josef. Julle het my verkoop, en ek is Egipte toe gebring. Maar julle moet nou nie sleg voel of bang wees omdat julle my verkoop het nie, want God het my voor julle uitgestuur om lewens te red. En vanaf vers 7 s hy: God het my voor julle uitgestuur om vir julle n oorblyfsel in hierdie land te laat oorbly, om julle aan die lewe te hou en sodat baie aan die dood sal ontkom. Dis nie julle wat my hierheen gestuur het nie, maar God.

 

Wanneer Josef s praat oor alles wat met hom gebeur het, wys hy daarmee dat hy iemand was wat besef het dat God hom geroep het tot n bestemming, n doel. Hy het besef dat hy n verskil moet maak. Daarom was dit vir hom makliker om te kon vergewe en vorentoe te kyk. Daarom kon hy eenvoudig voortgaan en opbouend betrokke raak en verantwoordelikheid neem - waar hy ook al was. Hierdie lewensingesteldheid is baie duidelik kenmerkend van iemand wat glo dat God n plan met sy/haar lewe het.

 

Nou kan ek en jy vanmre dalk redeneer: Ja, dis nou goed en wel: God het groot planne vir Josef (of vir oud pres Mandela) gehad, maar hoe weet ek nou of dit ook met my die geval is? Ek kan mos nie sommer aanvaar dat God vir my lewe ook sulke duidelike planne het nie, of hoe?

 

Ja, dit is n legitieme punt hierdie. Want Josef het as kind drome gedroom waarin vir hom gewys is hoe die son en maan en elf sterre voor hom kom buig. Miskien kon hierdie drome hom onder die indruk gebring het dat God vir hom n groot bestemming beplan.  Maar ons mag nie vergeet nie dat God ook reeds vir sy oupagrootjie, Abraham, die vader van alle gelowiges, sekere versekerings gegee het wat op al sy nasate van toepassing is - op Josef n op ons. Moontlik het Josef dikwels ook hieraan teruggedink toe hy moes besluit oor wat sy reaksie gaan wees op die talle onregte wat hom aangedoen is.

 

Jy sal nou vra: Watter versekerings ht God vir Abraham en sy nageslag gegee?

 

In Genesis 12:2-3 s die Here vir Abraham: Ek sal jou n groot nasie maak, Ek sal jou sen en n man van groot betekenis maak, en jy moet tot sen wees. Ek sal sen wie jou sen, en hom vervloek wat jou vervloek. In jou sal al die volke van die aarde gesen wees.

 

Hierdie is baie betekenisvolle woorde van God. Dit het verreikende implikasies vir almal wat tot God se volk behoort. Nie net Abraham nie, maar al sy geestelike nakomelinge, moes besef dat God die wreld - al die volke van die aarde - dur hulle wil sen.

 

Josef het nie drome van grootheid nodig gehad om hom met verantwoordelikheid opbouend te laat reageer op sy teenspoed en veronregting nie. Al wat hy nodig gehad  het, was om terug te dink aan wat God vir sy voorvader Abraham ges het. As Josef God se woorde geglo het, dan het hy nie nodig gehad om presies te weet hoe sy paadjie vorentoe sou loop nie. As Josef God se woorde aan Abraham geglo het, sou hy selfs van die onregte wat hom aangedoen is, geleenthede kon maak om tot sen te wees vir diegene rondom hom - al was hulle nie van sy volk of familie nie. Hy sou geweet het: Al wat hy hoef te doen, is om altyd konstruktief betrokke te raak en verantwoordelikheid te neem - maw om tot sen te wees!

 

Binne die tronk sou hy seker kon dink God het van hom vergeet. Maar hy het geglo God het nie. En God ht nie! Die verhaal - soos dit verder loop - wys vir ons dat God eintlik besig was om Josef vir iets baie groters voor te berei. Josef het dit nie t s besef nie. Maar hy het God vertrou en met Hom rekening gehou in sy reaksie op die onreg en tespoed in sy lewe. En dt het hom op koers gehou. Dt het gemaak dat God hom volgens se plan kon gebruik.

 

Ek en jy is dalk nie bestem om onderkoning van Egipte of Suid-Afrika te word nie. Miskien is ons maar net bestem om in ons gesin of by ons werk of in Wonderboom-Suid n opbouende rol te speel. Dit maak nie regtig saak nie. Dis vir God om te besluit wie Hy waar wil gebruik.

 

Wat wel belangrik is, is hoe ons die lewe benader, hoe ons ook die tespoed en veronregting in ons lewe, benader. Ons reaksies daarop en ons hantering daarvan is van die uiterste belang. Soos Josef van ouds moet ons onder alle omstandighede altyd ons beste gee en tot sen wees. Dan werk ons met God saam aan Sy groter plan. Dan kan Hy ons gebruik as sy sleutelpersoneel in krisistye - selfs sonder dat ons altyd die groter prentjie vraf kan sien.

 

Mag die Here ons hiertoe in staat stel - ook al veroorsaak groter magte buite ons beheer dat dit soms baie donker en uitsigloos raak rondom ons.

 

Amen.

 

 

 

 As jy meer wil weet, lees Goeie Nuus ...

 

 

Kontak my gerus as jy behoefte het aan n gesprek :

 

DS GERT BADENHORST

Epos: gerba@absamail.co.za