Preke

Die wederkoms van Jesus

 

Tema: Jesus kom weer

 

Hierdie boodskap bou op vorige boodskappe in die reeks

en kyk  in die lig van Bybelse voorspellings

na wreldgebeure in 2008:

 

Die bladsy sal van tyd tot tyd met nuwe inligting opgedateer word.

 

NB: Indien jy op interessante inligting afkom wat nie hier verskyn nie,

stuur dit asb. deur na jvanas@dinamix.co.za vir plasing!

 

 

Skriflesing: Hand 2: 14 21

 

 

Jesus kom weer!

 

Ek is baie opgewonde Jesus kom weer!

 

Die tekens wat Jesus genoem het wat sy wederkoms gaan voorafgaan, kom toenemend voor. Die hewigheid daarvan is ook aan die toeneem. Die tyd van Sy wederkoms kan nie meer te ver wees nie.

 

Sien jy ook uit na sy koms?

 

 

Ek wil dit waag om nog n vraag vra: Is jy reg vir sy koms?

 

Die tien meisies met die lampies wat vir die bruidegom gewag het, het almal gedink hulle is reg.

 

Toe die bruidegom kom, moes 5 tot hulle ontsteltenis uitvind dat hulle nooit werklik reg was soos hulle gedink het nie. Hulle is nie toegelaat om die bruilofsfees by te woon nie.

 

Ek wil weer vra: Is jy reg vir die koms van Jesus? Is jy seker dat jy nie onkant gevang sal word nie?

 

En het jy al ooit seker gemaak jou familie is ook reg? Jou ma en jou pa, jou boeties en sussies, jou man of vrou, jou kinders en kleinkinders? Dit sal vreeslik wees om op n te laat stadium uit te vind een van hulle was nie reg nie! En dit, terwyl jy n verskil kon gemaak het!

 

Jesus se dissipels het die wederkoms van Jesus baie gou verwag. So gou, dat Petrus in sy toespraak in Jerusalem op Pinksterdag s: Hand 2: 16 -21

 

16Nee, hier gebeur wat God deur die profeet Jol ges het:

17S sal dit in die laaste dae wees, s God:

Ek sal my Gees uitstort op alle mense:

julle seuns en julle dogters sal as profete optree;

julle jongmense sal gesigte sien;

julle oumense sal drome droom.

18Ja, op my dienaars en my dienaresse sal Ek in daardie dae my Gees uitstort, en hulle sal as profete optree.

19Ek sal tekens bo in die lug en wonders onder op die aarde gee: bloed en vuur en rookwolke.

20Die son sal pikdonker word en die maan bloedrooi voordat die groot en glorieryke dag van die Here kom.

21So sal dit dan wees: elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.

 

Petrus beskou die uitstorting van die Heilige Gees en die tekens wat daarmee gepaard gegaan het as tekens van die naderende koms van Jesus! Volgens sy interpretasie, en dit is al 2,000 jaar gelede, is hulle reeds in die eindtyd, die laaste dae voor die koms van Jesus.

 

Die doel van die tekens is sodat ons kan besef dat die tyd min is sodat ons betyds ons verhouding met die Here kan regkry, sodat ons nie onkant gevang gaan word nie!

 

Ek wil graag met u so n paar van die tekens waarvan ons in die Bybel lees, deel en dit in die lig van huidige wreldgebeure bespreek.

 

19Ek sal tekens bo in die lug en wonders onder op die aarde gee: bloed en vuur en rookwolke.

 

 

Bloed, vuur en rookwolke kan op oorlo en geweld dui. Daarvan sien en hoor ons meer as genoeg.

Xenofobie is die verskynsel dat vreemdelinge en mense van ander rasse of nasies nie verdra word nie.

 

In die geskiedenis is talle voorbeelde hiervan aangeteken, soos die Duitsers se vervolging van die Jode tydens die 2e Wreld oorlog.

 

Suid-Afrika was die afgelope paar maande byna in n staat van oorlog met die xenofobie wat hier aan die gang was.

 

Vreemdelinge ia aangeval en moes vir hulle lewens vlug.

 

62 mense is dood in die geweld waarvan sommiges lewend verbrand is.

 

Geweld lei tot geweld.

Die polisie kon nie daarin slaag om vrede te bewerkstellig nie en derduisende mense het hulle toevlug tot polisiestasies en kerke geneem.

 

Ons het gebid vir vrede en dinge het weer rustiger geraak. Die Here het ons gebede verhoor!

 

Die Bloed, vuur en rookwolke kan ook op rampe en terugslae dui. Ek dink nie ons besef die volle omvang van die intensiteit van die rampe wat die wreld die laaste tyd tref nie:

 

 

Jesus het gewaarsku: die kragte van die hemelruim sal ontwrig word (Matt. 24: 29)

 

Die aarde se temperature is weens lugbedoedeling en ander redes aan die styg, en dit het baie implikasies:

 

 

 

Sneeu en ys op die pole smelt teen n geweldige tempo,

 

see-temperature styg en dit het groot storms wat ons ken as orkane en siklone tot gevolg.

 

Dit is n enorme warrelwind wat op die see begin en winde van 100e km tot gevolg het.

 

 

 

In Amerika voorspel hulle n baie warm somer wat n baie aktiewe orkaan-seisoen tot gevolg kan h.

Ons onthou almal nog die geweldige storms van 2005 toe orkaan Katrina New Oleans vernietig het, en daardie jaar was daar maar net 4 hewige storms! Proffesore William Gray en Philip Klotzbach van die University van Colorado voorspel dat daar hierdie seisoen 15 en meer baie hewige orkane in die Atlantiese oseaan kan voorkom.

 

Sept. 2008 - Orkaan Ike het in sy kort bestaan van 13 dae geweldige skade aangerig in Kuba, Haiti en die VSA. Die dodetal staan op ongeveer 114 persone en skade word op meer as $10 biljoen geraam. Talle kusdorpe is totaal vernietig.

 

 

Hier het voor die storm huise gestaan! Die skade wat deur Orkaan Ike aangerig is kan duidelik op die foto gesien word.

 

(Klik op die foto hierbo om meer foto's te sien)

 

6/5/2008 Myanmar (naby Indi) is aan die begin van Mei maand deur n sikloon getref (n Sikloon en n orkaan is dieselfde) en meer as 22,000 is dood tydens die sikloon. In een dorp alleen is meer as 10,000 van die inwoners dood. Meer as 40,000 mense is as vermis aangegee en andere het net verdwyn daar was nie oorlewendes om hulle as vermis aan te gee nie! Yangon, die hoofstad van Myanmar is byna platgevee deur die storm.

 

Die oorlewendes bevind hulleself sonder huisvesting, vars drinkwater en kos. Die storm het ook die streek van Myanmar waar rys gekweek word, vernietig. Volgens die Rooikruis het tot meer as n miljoen mense hulle huise verloor en moet hulle in oop skuilings in die ren oornag.

 

 

Tornados het die afgelope paar jaar verwoesting in Amerika gesaai.

 

Die drie jaar gemiddeld vir Januarie is 34 tornados.

 

In Januarie 2008 was daar 136 tornados gewees.

 

Die drie jaar gemiddeld vir Februarie is 25 tornados.

 

In Februarie 2008 was daar 232 tornados gewees.

 

 

Die afgelope week het tornados weereens dood en verwoesting gesaai, by n Voortrekker (BoyScout) kamp is 4 dood en ongeveer 100 beseer. (Junie 2008)

 

Waar die gemiddelde syfer ongeveer 34 tornados per maand is, was daar hierdie week Woensdag meer as 30 tornados vir die dag! (Junie 2008)

 

Tot en met Mei 2008 het daar hierdie seisoen 1,191 tornado's in die VSA plaasgevind. Sommiges was so hewig dat dit totale dorpe en ook blokke geboue in stede vernietig het. Metereolo het nog nooit so baie tornados wat as F-3 en F-4 geklassifiseer word, in so 'n kort tyd ervaar nie!

(Winston Salem Journal, May 28, 2008, AP Washington, D.C.)

 

In September 2008 word 'n baie ongewone verskynsel vanuit Siberi berrig:

 

 

"Tornado? Well, its OK on Cuba, Haiti, in Florida, Louisiana or even Texas, but tornado in cold cold Siberia? Noway! But not in this year, already a few of the have been spotted slashing through Siberian woods. Something is changing in the climate, really." - http://englishrussia.com/?p=2030#more-2030

 

Ek dink ons kan beslis saamstem:

 

Die kragte van die hemelruim is waarlik ontwrig!

 

Daar is ook n derde interpretasie vir hierdie woorde moontlik:

 

Vuur en rookwolke kan ook op die uitbarsting van vulkane dui.

 

Dit is iets wat toenemend voorkom.

  

6/5/2008 Aan die begin van Mei het Chile se Chaiten vulkaan besluit om na meer as 9,000 jaar weer uit te bars.

 

Volgens radio-koolstof datering was die laaste uitbarsting ongeveer teen die jaar 7,420 v.C.

Vulkaniese as is meer as 19 myl (dit is 30 km) die lug ingestoot en het oor n wye area neergesak.

Meer as 4,000 mense moes vlug en alle vee moes ook inderhaas weggeneem word omdat die as alle gras bedek het en hulle niks gehad het om te eet nie.

 

Die as het in die dorp Chaiten en op ander plekke tot meer as 30 cm dik gel. Weens al die as in die lug, was dit skemer gewees. Die son en maan kon nie gesien word nie. Matt. 24:29

 

 

Die baie as wat op plekke geval het, het tot gevolg gehad dat riviere hulle loop verander het en dit het groot oorstromings in Chaiten tot gevolg gehad, so erg dat party huise weggespoel het.

 

Die vulkaniese uitbarsting het met n ongelooflike gesig gepaard gegaan:

Lawa wat in die lug gegooi word en weerligte wat slaan.

 

 

Geleerdes s dat wanneer klein rotsdeeltjies, as en ysdeeltjies in die lug teen mekaar bots, veroorsaak dit wrywing wat statiese elektrisiteit opwek en dan tot die weerligte aanleiding gee.

 

In Indonesi ervaar mense probleme met n ander soort vulkaan:

 

n Maatskappy was besig om gate te boor op soek na olie, toe hulle n moddervulkaan oopgeboor het.

 

Kokende modder stroom nou al vir 2 jaar aanhoudend by die gat uit teen n tempo waar dit ongeveer 50 olimpiese grootte swembaddens per dag kan volmaak.

 

Meer as 50,000 mense moes hulle huise ontruim.

 

Pogings om die vloei te stop, het nie geslaag nie.

 

Dit is skade waaroor mens nie maklik kom, as jy meteens jou huis verloor het nie.

 

In Sjina ry mense deesdae met geduikte voortuie.

 

 

13/5/2008 In die middel van Mei het n massiewe aardbewing die Chengdu gebied in Sjina getref en tienduisende mense is dood in die hewigste aardbewing in Sjina in die afgelope 30 jaar. Op sommige plekke is meer as 80% van die geboue vernietig. Die 8 Rigterskaal aardbewing het verskeie skoolgeboue laat inmekaar tuimel en talle kinders is onder die puin begrawe. Meer as 9,000 kinders is dood. By Dujiangyan alleen is meer as 900 kinders in een skool begrawe.

 

Die dood van n kind is vir ouers altyd n vreeslike ervaring, maar soveel te meer nog as dit jou enigste kind was. Sjina het in die lig van hulle geweldige groot bevolking die afgelope aantal jare die beleid dat ouers net een kind mag h, en nou is hierdie enigste kinders dood. Baie is nou te oud om weer kinders te kry.

 

 

Ek dink ons verstaan nie die erns van hierdie krisis nie.

 

Miljoene mense is sonder huise. Verskeie dorpe is totaal van die buitewreld afgesny. Modderstortings, brue en paaie wat vernietig is maak dit n onbegonne taak om party plekke te bereik. n Gebrek aan water, kos en mediese middels is n geweldige probleem.

 

Troue in Sjina - Tydens die aardbewing was 'n paartjie in 'n kerk besig om te trou.

 

Die gebou het om hulle inmekaar gestort. Gelukkig kon hulle die gebou betyds verlaat ...

en hulle moes die troue op 'n ander plek gaan voortsit.

 

Die vorige baie groot aardbewing het in 1976 daar voorgekom en meer as 300,000 mense het toe gesterf.

 

Na n aardbewing het mense die moeilike taak om van voor af huise te bou. Baie het nie geld om weer te bou nie en leef in haglike omstandighede!

 

 

 

Toevallig of nie?

 

Besluit self:

 

Sjina het die 2008 Olimpiese spele gerel om presies op

08/08/08

(of anders gestel 8/8/8)

om 08:08

te begin.

 

Die geweldige aardbewing wat Sjina vernietig het

op 12 Mei 2008

en ongeveer 10 miljoen mense huisloos gelaat het,

het 88 dae voor die aanvangs van die spele plaasgevind

en het 'n 8 op die Rigterskaal gehaal.

 

Die getal 8 word simbolies gesien as die nommer vir 'n nuwe begin.

Dit kan ons daaraan herinner dat hierdie bedeling tot 'n einde gaan kom

en dat die ewigheid gaan begin.

 

 

 

Saterdag (gister) is die noordelike gedeelte van Japan deur n 7.2 aardbewing getref. Minstens 6 mense is dood en honderde is beseer.

 

(Junie 2008)

 

 

Aardbewings is wreldwyd aan die toeneem en dit het so n alledaagse gebeurtenis geword dat ons nuusmedia ons nie eers meer daarvan vertel nie.

 

 

 

Gedurende April/Mei 2008 was daar meer as 384 aardbewings wat sterker as 4 gemeet het. (US Geological Survey, May 11, 2008, world earthquake map, Washington, D.C.)

 

27/2/2008 Die grootste aardbewing sedert 1984 tref Brittanje. Dit meet 5.2 sterk op die Richterskaal en is tot in Skotland en London gevoel.

 

5/10/2008 - 'n 6.6 aardbewing vernietig Nura, 'n dorpie in Kyrgyzstan, en dood ongeveer 70 mense.

http://www.taipeitimes.com/News/world/archives/2008/10/07/2003425247

 

6/10/2008 - Lhasa, hoofstad van Tibet, word deur 2 aardbewings getref (6.6 en 5.1) Ongeveer 30 mense is dood en talle huise is beskadig of vernietig.

http://english.aljazeera.net/news/asia-pacific/2008/10/2008106132538850191.html

 

21/08/2008 - Die Kaapse Weskus word deur 'n Tsunami getref.

 

Die woordvoerder van die NSRI, Craig Lambinon het ges: Daar is sover alle aanduiding dat wat Donderdag ondervind was in die Weskus, n tsunami was."

 

Op die foto hierbo wat in die Lambertsbaai hawe geneem is, kan gesien word hoe ver die water teruggetrek het voordat die vloedgolwe die land getref het. Die gedeelte van die hawe is gewoonlik (altyd) onder water.

 

(Klik op die foto hierbo om meer foto's te sien)

 

Die tsunami kon die gevolg wees van seismiese aktiwiteite (aardbewing) in die Mid-Atlantiese Oseaan gebied.

 

 

Nou gaan ons na n paar ander tekens kyk:

 

Hongersnood:

 

Meteens is daar internasionaal 'n kosskaarste wat tot gevolg het dat voedselpryse oraloor onbeheerbaar begin styg het.

 

Op verskillende plekke internasionaal, en ook in Suid-Afrika was daar optogte en stakings a.g.v. die ho kospryse.

 

Die afgelope maand (Junie) het die Verenigde Nasies noodvergaderings gehou oor die internasionale voedselnood.

 

 

Die VN beskuldig die Westerse wreld dat hulle te veel eet en die res van die wreld daarom te min kos kry.

 

Afvalligheid:

 

10In daardie tyd sal baie mense van die geloof afvallig word, en hulle sal mekaar verraai en mekaar haat.

 

Paulus het vir Timoteus ges: 1 Tim 4: Die Gees s uitdruklik dat in die eindtyd sommige afvallig sal word van die geloof. Hulle sal misleidende geeste navolg en die leerstellings van bose geeste aanhang. 2Hierdie dwaalleraars is skynheilige leuenaars wie se gewete toegeskroei is.

 

2 Tim 4: daar sal n tyd kom wanneer die mense die gesonde leer nie meer sal verdra nie. Hulle sal hulle eie begeertes volg en vir hulle leermeesters bymekaarmaak wat net sal s wat hulle graag wil hoor. 4Hulle sal die waarheid nie wil hoor nie en hulle tot verdigsels wend.

 

 

Mense is op soek na die waarheid, en skep toenemend hulle eie godsdienste wat op geen vastigheid gebou is nie.

 

Een hiervan is die Jedi-godsdiens. In 1977 het n fantasie film van George Lucas wat iewers in die ruimte afspeel in a galaxy far, far away die lig gesien.

 

Dit vertel die verhaal van Luke Skywalker wat teen bose magte veg en

 

dan deur Joda (Yoda) onderrig word in die vermoe om bonatuurlike kragte (the force) te gebruik. Die Star Wars reeks van films het mense se verbeelding so aangegryp dat daar heel gou n bewonderaarsklub op die been gekom het.

 

Hierdie klub het tot n nuwe godsdiens ontwikkel en op die stadium is daar seker al n half miljoen of meer aanhangers van die Jedi-geloof in Brittanje en ook Australie.

 

Daar is selfs Jedi skole in Brittanje gestig waar kinders van jongs af in die Jedi-geloof opgelei word.

 

 

Ek kry op die internet die volgende aanhaling van n Jedi-volgeling:

 

I am a Jedi

(not in the 'got a light saber'

kind of way).

 

I just follow the teachings

of the Jedi masters.

 

Now I know Yoda is not real

but he is as real to me as Jesus

 

 Kan so n mensgemaakte geloof wat op verdigsels gebasseer is iemand red?

 

Die woorde in die Bybel is besig om waar te word. Ons sien en ervaar dit deurdat al hoe minder mense by kerke inskakel.

 

Daar sal baie vals profete kom, en hulle sal baie mense mislei.

 

 

Talle persone, waaronder die baie bekende Oprah Winfrey is nie skaam om te kenne te gee dat hulle nie glo dat Jesus die enigste weg na God is nie.

 

Daar is baie we en elkeen kan God op sy manier soek.

 

Baie mense heg soveel waarde aan Oprah se woorde dat hulle oop o mislei word!

 

 

Oprah Videosnit -

 

 

(Skakel: http://www.youtube.com/watch?v=pwGLNbiw1gk&feature=related)

 

Dit strook glad nie met die inhoud van die Bybel nie. Die skepsel kan nie vir die Skepper voorskryf oor wat reg of verkeerd is nie.

 

Vals Christusse:

 

Asof dit nie genoeg is nie, is daar mense wat nie sal huiwer om voor te gee of hulle Jesus self is nie, ter wille van die aanhang en voordele wat dit vir hulle kan inhou.

  

Filmsnit: Jesus

 

(Skakel: http://www.youtube.com/watch?v=037HvQ1TyGM)

Jesus het gewaarsku: Matt 24: 4 Pas op dat niemand julle mislei nie. 5Baie sal onder my Naam kom en s: Ek is die Christus, en hulle sal baie mense mislei.

23As iemand in daardie tyd vir julle s: Kyk, hier is die Christus! of: Kyk, daar is Hy! moet julle dit nie glo nie. 24Daar sal vals christusse en vals profete na vore kom, en hulle sal groot tekens en wonderwerke doen om, as dit moontlik was, selfs die uitverkorenes te mislei.

 

 25Kyk, Ek het dit vir julle vooruit ges. 26En as die mense vir julle s: Kyk, Hy is in die woestyn! moet julle nie daarheen gaan nie; of as hulle s: Hy is in die slaapkamer! moet julle dit nie glo nie. 27Die koms van die Seun van die mens sal wees soos n weerligstraal wat in die ooste uitslaan en die hele lugruim tot in die weste verlig.

 

Weet u wat my ontstel van hierdie filmsnitte is dat mense wat vals leerstellinge en vals leermeesters aanhang nie huiwer of skaam is om dit wat hulle glo in die openbaar te gaan verkondig nie. Hulle sleep soveel as moontlik met hulle saam in die afgrond in.

 

Wat my nog meer ontstel is dat ons, wat die waarheid weet, daaroor stilbly en so toelaat dat ander in die verderf ingaan. Het jy al ooit in jou lewe op dieselfde manier gewys dat jy vir Jesus omgee?

 

Ek wil nie die boodskap op n negatiewe noot afsluit nie, maar met n stukkie goeie nuus waaroor ek persoonlik baie opgewonde is.

 

Profesie:

 

Ek het op die internet op n ongelooflike stukkie inligting afgekom wat my baie herinner aan die belofte waarvan ons in Joel lees en wat Petrus in sy Pinksterdag toespraak aanhaal:

 

Ek sal my Gees uitstort op alle mense:

julle seuns en julle dogters sal as profete optree;

julle jongmense sal gesigte sien; julle oumense sal drome droom. Ja, op my dienaars en my dienaresse sal Ek in daardie dae my Gees uitstort, en hulle sal as profete optree.

 

 Die inligting het gegaan oor n baie gesiene Ortodokse Joodse rabbi, Rabbi Jizhak Kaduri, wat so n bietjie meer as n jaar gelede op 108 jarige ouderdom gesterf het.

 

Die laaste paar maande voordat hy dood is, het hy met sy seun (ook n rabbi) wat ook al heelwat in die 80s is, baie oor die Messias en oor die koms van die Messias gesels.

Kort voor sy dood het hy vertel dat die Messias self aan hom verskyn het en het hy vir mense vertel dat hy die Messias ontmoet het!

 

Kaduri het die Naam van die Messias op n stukkie papier geskryf en in n koevert toegeplak. Hierdie brief moes eers n jaar na sy dood oopgemaak word.

 

Toe die brief oopgemaak is, is gevind dat hy daar binne in n kode die naam van die Messias geskryf het, en die Naam is Josua, die Hebreeuse naam van Jesus Christus!

 

 

Vir enige ortodokse Rabbi is dit n absoluut ongehoorde ding om te erken dat Jesus die Messias is! Dit is die allerlaaste ding wat hulle ooit sal erken. Dit is dan ook geen wonder dat hy ges het dat die brief eers n jaar na sy dood oopgemaak moes word nie!

 

Ek weet dat n mens nie alles wat jy op die internet lees voor die voet kan glo nie, omdat daar baie nonsens ook vertel word. Het die voorval regtig gebeur?

 

Ek het na n tydskrif Israel Today in Jerusalem geskryf om die feite van die verhaal te bevestig en gevra of hulle vir my enige inligting oor rabbi Kaduri en sy erkentenis kan stuur. Hulle het vir my n kopie van die tydskrif gestuur waarin die artikel met die inligting gepubliseer is. Hierdie tydskrif word in Jerusalem gedruk en internasionaal versprei, en glo my, hulle sal nie iets soos hierdie publiseer as hulle nie absoluut oortuig is van die egtheid van die storie nie.

 

Rabbi Kaduri het bo en behalwe die feit dat Jesus die Messias is, ook ges dat die Messias vir hom ges het dat Hy binnekort weer gaan kom!

 

(Laai die volledige artikel af)

 

Jesus kom weer.

 

Hy kom spoedig weer.

 

Is jy reg vir sy koms?

 

 

 As jy meer wil weet, lees Goeie Nuus ...

 

 

Kontak my gerus as jy behoefte het aan n gesprek :

 

Johan van As

Sel 083 7072 952

Epos: jvanas@dinamix.co.za

 

 

Ander preke oor die Wederkoms van Jesus:

 

Jesus kom weer - Hand. 2:17 -Fokus op die nuutste wreldgebeure in 2008! (Hierdie boodskap)

 

Die eerste Sleutel - Luk. 21: 26

 

Om die ewigheid te sien - Openb. 22:12

 

 

NB: Indien jy die boodskappe interessant gevind het, wil jy nie asb. die moeite doen om dit onder jou vriende en kennisse bekend te maak nie?

 

Die kennis kan vir iemand dalk die verskil beteken

tussen die ewige dood en die ewige lewe!