Preke

Die wederkoms van Jesus

 

Reekstema: Kyk, Hy kom met die wolke

 

Skriflesing: Openb. 22: 6 21

Teksvers: 12Jesus s toe weer: Kyk, Ek kom gou! Ek bring die loon saam met My om elkeen te beloon vir wat hy gedoen het.

 

Byna 2,000 jaar gelede het n profeet met n baie belangrike boodskap vir die wreld gekom. Daardie profeet was Jesus Christus, en die boodskap wat Hy gebring het staan bekend as die evangelie letterlik vertaal beteken dit goeie nuus. (Mark 1: 14) Hy het kom vertel van n koninkryk waar God sal heers.

 

 

Dit sal n koninkryk waar daar nie pyn en lyding en swaarkry sal wees nie.

 

Dit is n koninkryk wat so radikaal anders is as dit wat ons nou ken, dat die lam en leeu saam sal wees. Jes 65: 25Die wolf en die lam sal saam wei, die leeu sal strooi vreet soos n bees, en stof sal die kos van die slang wees. Op my heilige berg sal niks verkeerds gedoen word nie, niks vernietig word nie, s die Here.

 

Enigeen is welkom om deel te word van hierdie koninkryk.

 

In Matt 24, Mark 13, Lukas 21 en Openbaringe praat Jesus baie reguit oor die gebeure wat die koms van hierdie koninkryk gaan voorafgaan. Hy waarsku dat daar baie moeilike omstandighede en tye sal kom voordat hierdie ideale koninkryk gaan realiseer. Hy gee n aantal tekens wat ons sal help om te besef dat die koms van die koninkryk naby is. Hy waarsku dat hierdie tekens met verloop van tyd in hewigheid gaan toeneem. Dit gaan al hoe meer dikwels voorkom en ook al hoe hewiger of ernstiger.

 

Hierdie tekens pas soos die stukkies van n legkaart inmekaar. Hulle is afhanklik van mekaar en vul mekaar aan. Dit is ongelooflik / wonderlik dat Jesus die feite so fyn kon voorspel.

 

Ek is nie ten gunste van dobbel nie, maar wil n voorbeeld gebruik. As jy die lotto wou wen, moet jy 6 nommers plus n 7e nommer, die bonusnommer reg h. Elk van hierdie nommers het 49 moontlikhede. Het jy al ooit gaan uitwerk wat is 49 x 49 x 49 x 49 x 49 x 49? Dit is 13,841,287,201. Wanneer hierdie antwoord nog n keer met 49 (bonusnommer se moontlikhede) vermenigvuldig word, het iemandn kans van 1 uit 678,223,072,849 om die eerste prys te wen. Ken julle enigiemand wat elke week die lotto wen? Menslik gesproke is dit feitlik onmoontlik. Jy mors jou geld. Daar is baie beter dinge wat jy met jou geld kan doen. In elk geval vra die Here dat ons Hom vir ons behoeftes sal vertrou.

 

Die waarskynlikheid dat iemand so n groot aantal feite bymekaar kan gooi en steeds elke keer 100% akkuraat kan wees, is baie baie onwaarskynlik. Jesus sou met die akkuraatheid van sy voorspellings elke keer die prys wen.

 

Jesus se voorspellings wat 2,000 jaar gelede gemaak is,

is meer akkuraat as more se koerant!

 

Dit is vir my opmerklik hoedat elk van die tekens wat ons nou sien in oortreffende trap voorkom.

 

         Oorlo

 

Verlede keer het ek genoem dat die beskikbaarheid van grondstowwe en water met verloop van tyd n probleem gaan word, en dit gaan ernstige oorlo tot gevolg h want mense en nasies se oorlewing is op die spel. Ons is almal afhanklik van petrol en sluk swaar aan die duur pryse. Hierdie pryse gaan nie sommer afkom nie, want daar is n tekort aan petrol, en hierdie tekort word groter omdat n aantal Amerikaanse olieboortorings tydens die orkane die afgelope tyd beskadig of vernietig is.

 

Ek kry die indruk dat die oorlog in Irak dalk meer oor die olie en petrol gegaan het as oor mense wat onderdruk word. Dit is nie onwaarskynlik dat hierdie ho pryse tot verdere oorlo kan aanleiding gee nie. Die wreld is reg om te ontplof! Amerika dreig om by die enige terroristeaktiwiteite in Amerika vir Iran binne te val, ongeag of Iran met die aktiwiteite te doene het of nie.

 

o        8 Miljoen mense het in die eerste wreldoorlog gesterf.

o        In die 2e wreldoorlog sterf 10 keer so baie mense.

o        Sedert WO2 het honderde duisende mense omgekom in oorlo in Korea, Vietnam, Afghanistan, Iraq, Iran, Bosnia, Rwanda, Somalie, Angola en ander lande.

o        Sedert die 1990s is daar op enige oomblik tussen 20 en 30 oorlo aan die gang.

o        Geleerdes meen dat die dodetal a.g.v. oorlo in die 20e eeu alleen, meer is as die getalle van al die vorige oorlo bymekaargetel.

o        Toe Hirosjima op 6 Aug. 1945 deur n atoombom vernietig is, kon die b-29 bomwerper slegs die een bom vervoer. Vandag het net een atoomduikboot genoeg plofstof om meer as 25 groot stede te vernietig, en daar is talle sulke duikbote oor die wreld versprei. Dan praat ons nie eers van vuurpyle wat van die land, of van bote en vliegtuie af gelanseer kan word nie. Amerika alleen het ongeveer 2,000 atoombomme wat reg is vir gebruik.

o        Die mens het nou meer as genoeg wapens tot sy beskikking om die totale menseras uit te wis.

o        In Openbaringe. 6 praat Jesus van 4 perderuiters. Hy s: 8Ek het gesien: daar was n vaal perd. Sy ruiter se naam was Die Dood, en die doderyk het agter hom aan gegaan. Aan hulle is mag oor n kwart van die aarde gegee om die mense dood te maak met die swaard en met hongersnood en met pes en deur die wilde diere van die aarde.,

o        Openb. 9:13 18 15Die vier engele wat gereed gehou is vir hierdie uur en dag en maand en jaar, is toe losgelaat om n derde van die mensdom dood te maak.

o        n Derde van die mensdom is meer as 1 biljoen mense. Met al die baie atoom, chemiese en biologiese wapens is dit baie moontlik.

 

         Terrorisme is n nuwe vorm van oorlogvoering

 

o        Met die 911 2001 aanvalle in Amerika het terrorisme n nuwe weg ingeslaan. Selfmoordaanvalle is nou aan die orde van die dag. Mense word gebreinspoel om te glo dat hulle iets goeds doen, en dan opgelei om hulleself te midde van ander mense op te blaas.

 

         Pogings om vrede te bewerkstellig werk nie. Orals oor die wreld soek mense na vrede, sonder blywende sukses.

 

         Rampe raak al hoe erger

 

o        Die orkane, tornados en storms raak al hoe hewiger en veroorsaak al hoe meer skade. Julle sal onthou van die orkane Katrina en Rita waaroor ek by die vorige geleentheid gesels het.

o        Katrina was die 11e orkaan van die seisoen. Daar is n ander kant aan Katrina waarvan baie mense onbewus is. New Orleans is n plek waar voodoo, heksery en sedeloosheid hoogty vier.

Net voor die storm was New Orleans besig om voor te berei vir die grootste fees van die jaar wat op 31 Augustus 5 September sou plaasvind. Hierdie fees staan bekend as Southern Decadence en is n fees vir homoseksuele en lesbieers. Die fees word jaarliks deur meer as 125,000 mense bygewoon en dit gaan rof!

 

o        Verlede jaar het n Pastoor Grant Evans met sy videokamera van die onsedelikhede wat in die publiek by die fees plaasgevind het, afgeneem en die video vir die stadsraad gaan speel om sy teenkanting teen die fees uit te druk. Die stadsraad het eenparig besluit om pastoor Grant te verbied om enigsins met die feesverrigtinge in te meng. Die geld van die besoekers het swaarder geweeg as die absolute sedeloosheid wat met die fees gepaard gaan. Die burgermeester Nagin het ook n amptelike verklaring uitgereik waarin hy al die homoseksuele besoekers verwelkom. Pastor Grant het wel vanjaar met 300 christene hulle opwagting gemaak en die mense gewaarsku om hulle te bekeer anders gaan New Orleans dieselfde pad as Sodom en Gomorra volg. Hulle is uitgelag en uitgejou.

o        God laat egter nie met Hom spot nie. Job 37:

12Hy laat die wolke in die rondte maal,

hulle doen wat Hy bepaal,

hulle gehoorsaam sy bevele die wreld oor.

13God stuur die storm

f om te straf

f om vir die aarde te sorg

f om sy liefde te toon.

7Hy laat alle mensewerk tot stilstand kom

sodat alle mense sy werk kan leer ken.

 

o        Op 29 Augustus maak Katrina n einde aan hierdie fees net voordat dit kon begin met rampspoedige gevolge vir die stad New Orleans. Op een dag word New Orleans in n rommelhoop verander. The city of New Orleans, Louisiana, was reduced in one day to a garbage heap as countless thousands of houses and commercial buildings, shipyards, and enterprises of every kind were crushed like eggshells. Bodies were floating everywhere; and mud, sludge, and abominable filth were everywhere, too.

 

o        Katrina word bestempel as die ergste ramp in Amerika in menseheugenis. Die stad New Orleans is byna heeltemal verwoes in die orkaan. Duisende mense sterf en meer as 3 miljoen mense is huisloos, werkloos en sonder kos. Skade beloop meer as $300 biljoen.

o        Op die oomblik is daar absolute chaos misdaad, diefstal, verkragtings.

 

o        Rita was die 17e orkaan die seisoen en is die derde sterkste orkaan in die geskiedenis. Gelukkig het dit heelwat krag verloor toe dit die land tref. Dit het steeds baie verwoesting gesaai, alhoewel heelwat minder as Katrina. n Kenmerk van Rita is die groot aantal tornados wat saam met dit plaasgevind het.

 

o        20 Oktober - Orkaan Wilma (die 21 orkaan die seisoen) hou mense vasgevang op die oomblik. Die storm het tot n klas 5 storm ontwikkel met winde van 175 myl per uur. Die storm word beskryf as die kragtigste storm in die Altantiese geskiedenis. Dit was so sterk dat wetenskaplik oorweeg om dalk n klas 6 storm te begin onderskei.

 

o        Hierdie seisoen is buitegewoon die hoeveelheid van die storms en die sterkte van die storms is ongekend. Dit was die eerste keer ooit dat daar 3 klas 5 storms na mekaar in dieselfde seisoen was. In die lig van aardverwarming verwag geleerdes dat die aantal storms en krag van die storms net kan toeneem. Die lys met stormname is deurgewerk en nou is daar n storm Beta, die 23e van die seisoen aan die gang. Die vorige rekord was in 1933 toe daar 21 orkane plaasgevind het. Die rekord vir die vinnigste wind is gemeet tydens n tornado in Mei 1999 in Oklahoma met n spoed van 318 myl per uur.

 

         Aardbewings

 http://www.livescience.com/forcesofnature/recent_earthquakes_world.html

o        Die aardbewing wat die Tsunami veroorsaak word beskryf as die kwaaiste in 500 jaar. Tot soveel as 300,000 mense het gesterf a.g.v. die vloedgolf wat deur die tsunami (reuse golf) veroorsaak is. Die aardbewing is so kwaai dat dit die noordpool geskuif het, die aarde se vorm verander het en die spoed waarteen die aarde draai benvloed het. Die magnetiese noordpool val nou buite die grense van Kanada.

o        Die afgelope maand tref die kwaaiste aardbewing in Pakistan se gekiedenis die land. Indie en Afghanistan is ook beinvloed. Ongeveer 40,000 - 50,000 mense sterf. Meer as 51,000 is beseer. Volgens die United Nations is meer as 2.5 miljoen mense huisloos.

o        Die afgelope week het daar 137   sterk aardbewings plaasgevind

 

         Vulkane het uitgebreek in Australie, Nicaragua en baie ander plekke. In die Ooste van Oregon lyk dit of die aarde besig kan wees om n nuwe vulkaan te vorm.

 

o        Daar is meer as 60 aktiewe vulkane, waarvan 21 baie aktief.

o        Die nuutste uitbarsting was op 22 Okt by Sierra Negra, Gallapagos eilande waar vulkansiese-as 12.k km hoog in die atmosfeer gegooi is

o        Ek kan nie uitvind of vulkansiese aktiwiteite aan die toeneem is nie.

 

         Hongersnood

 

o        in 2005 is ongeveer 6 miljoen mense sover dood weens n tekort aan kos.

 

 

o        In Malawi staar ongeveer 4.2 miljoen mense hongersnood in die gesig, wat waarskynlik teen die einde van Januarie sal styg tot 4.6 miljoen! Die Malawi-Raad van Kerke, met n lidmaatskap van 22 denominasies, het pres Bingu wa Mutharika versoek om die gebrek aan kos n nasionale ramp te verklaar.

o        En in Zimbabwe is dit nog erger die regering daar praat hierdie krisis dood deur gedurig die skuld daarvoor op die duiwels Blair en Bush te laai die kerke daar se stemme word gesmoor.

 

         Siektes is aan die toeneem

 

o        In 1918 het Spaanse griep internasionaal die dood van 20 50 miljoen mense tot gevolg gehad. Dit kon soveel as 5% van die wreldbevolking gewees het. Met ernstige griepepidemies laas in 1957 en 1968 het ons nie baie weerstand indien daar nou n groot epidemie sou uitbreek nie.

o        Die afgelope tyd het verskeie virusse die wreld op hol gehad, soos Ebola, Marburg en SARS

o        Wetenskaplikes is baie  bekommerd dat volgriep die volgende dodelike epidemie kan wees. Dit het in Asi onder vols begin en het reeds na verskeie Europese state versprei. Indien die virus sou muteer en mense begin aanval, gaan ons geen weerstand teen die vreemde virus h nie. In Asi is reeds meer as 60 persone hieraan dood. Die spoed waarteen hierdie virus aanhoudend muteer het wetenskaplikes op hulle tone. Dit sal onmoontlik wees om vinnig genoeg voldoende medisyne te ontwikkel om die siekte te keer.

 

o        Indien die volgriep virus mense begin aanval, kan miljoene mense sterf.

o        Vigs kan bydra om die syfer die hoogte te laat inskiet, aangesien die mense se natuurlike weerstand teen siektes vernietig is. Soos julle seker weet, Suidelike Afrika het die hoogste vigssyfers in die wreld. Meer as 5 miljoen mense uit n bevolking van 45 miljoen is besmet. Die jaarlikse sterftesyfer is meer as 450,000. Dit is meer as die normale sterftesyder (alle ander oorsake ingesluit) wat nou op 360,000 staan.

 

         Onsekerheid oor die toekoms maak dat mense wreldwyd toenemend wend tot sg. Fortuinvertellers mense wat voorgee dat hulle die toekoms kan voorspel. Kontak met sulke mense maak dat Satan en sy demoniese magte n houvas op menselewens kry.

 

         Die godsdiens wat op die oomblik internasionaal die vinnigste groei is  satanisme en heksery. Mense draai weg van God en is geweldig hatig teen alles wat aan God behoort. 31 Oktober staan bekend as Halloween en is een van die belangrikste feeste van die sataniste. By die geleentheid word daar ook mense offers gebring.

 

         Dit is daarom geen wonder dat Christenvervolging weer besig is om op verskillende plekke in die wreld uit te breek nie Christene kry baie swaar op baie plekke in die wreld. Geopende deure publiseer elke jaar n lys waarin die 50 lande waar christenvervolging die hewigste is, genoem word.

o        Noord Korea staan nou vir die 3e jaar in n ry bo-aan die lys. Noord Korea word gevolg deur Saudi Arabie en Vietnam.

o        Verlede week is sendelinge in Venezuela daarvan beskuldig dat hulle spioene is en is hulle gevange geneem en opgesluit.

o        In die afgelope paar weke is verskeie christen sendingstasies in Indi deur Hindoe ekstremiste aangeval en is van die mense so geslaan dat hulle in die hospitaal beland het.

o        In Indi is daar ongeveer 20 miljoen mense uit die Dalit bevolkingsgroep wat christene geword het, nou word daar teen hulle gediskrimineer en kan hulle nie werk kry nie. Tans is daar n hofsaak oor hierdie probleem aan die gang. Bid asb. dat die regters van die hooggeregshof n regverdige beslissing sal maak.

o        Op talle ander plekke word christene toegesluit.

 

o        Matt 24: 9Die mense sal julle oorlewer om mishandel te word, en hulle sal julle doodmaak. Julle sal deur al die nasies gehaat word omdat julle my Naam bely. 10In daardie tyd sal baie mense van die geloof afvallig word, en hulle sal mekaar verraai en mekaar haat.

 

Jesus waarsku: Dit sal so swaar gaan dat selfs gesinne geskeur sal word.

 

o        Mark 13: 12Die een broer sal die ander oorlewer om doodgemaak te word, en selfs n pa sy kind. Kinders sal teen hulle ouers in opstand kom en hulle doodmaak. 13Ja, julle sal ter wille van my Naam deur almal gehaat word. Maar wie tot die einde toe volhard, sal gered word.

 

Wanneer mens aanhoudend aan swaarkry, slegte nuus en negatiewe dinge blootgestel is, begin dit jou mettertyd benvloed.

  • Mense raak negatief en morbied.

  • Mense hou op om te lag, want daar is niks om oor te lag nie.

  • Mense ly aan depressie en ontwikkel maagswere.

  • Hulle verloor entoesiasme vir die lewe.

  • Party verloor nie net hulle entoesiasme vir die lewe nie, maar ook vir God. Wat help dit om kerk toe te gaan? God doen niks vir my nie?

  • Mense verloor hulle lus om te lewe pleeg selfmoord. Sommiges neem nie net hulle eie lewe nie, maar ook die van hulle gesinslede.

 

Miskien voel jy ook vanaand moeg en moedeloos, oorweldig deur al die dinge. Jy sukkel om werk te kry, jy sukkel om vir jou gesin te sorg. Jy voel jy weet nie meer watter kant toe nie.

 

Hoe swaar is hierdie glas water? 20 g tot 500 g? Die absolute gewig maak nie regtig saak nie, die werklike gewig wat jy ervaar hang af van hoe lank jy die glas probeer vashou. As ek dit vir een minuut vashou, is dit geen probleem nie.  As ek dit vir een uur lank vashou, sal my arm begin pyn. Jy sal ervaar dat hoe langer jy dit vashou, hoe swaarder raak dit. Later is dit so swaar dat jy dit nie meer kan optel nie.

 

As ons gaan aanhou om ons eie laste self te dra, gaan die gewig daarvan die een of ander tyd vir my te swaar raak, en sal ek dit nie meer kan dra nie.

 

Ek het goeie nuus vir julle: Ons het nie nodig om die slegte nuus en swaarkry self te dra nie. Jesus het dit reeds vir ons gedra.

 

Jesus nooi ons uit: Matt 11: 28Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee.

 

 

Ons het nie nodig dat die slegte nuus ons negatief moet beinvloed en swartgallig moet maak nie. Dit is nie lekker om sulke dinge te hoor nie, of om te weet dat daar ander mense is wat bitter swaar kry nie.

 

Nuus soos hierdie maak my baie opgewonde, want al hierdie dinge vorm deel van een prentjie met n baie positiewe boodskap.

 

Jesus kom weer. Sy wederkoms is naby.

Hy kom om my te kom haal.

Almal wat gereed is, sal saam met Hom gaan.

 

Is jy gereed my vriend?

Is jy gereed vir die koms van Jesus?

Is jy gereed om voor God te staan en rekenskap van jou lewe te gee?

 

Ons almal weet dit kom. Om nie hiervoor te beplan nie, is die domste ding wat enigiemand ooit kan doen.

 

Daar is baie wat eers dan gaan besef dat hulle nooit reg was nie. Party van ons se lewe is soos hierdie kaartjie goed vir niks.

 

 

Dit word vertel dat n koerant op n dag n fout gemaak het en per abuis n doodsberig oor Alfred Nobel gepubliseer het. Hy was nogal geskok om sy eie doodsberig in die koerant te lees. Wat hom veral ontstel het was dat hulle genoem het dat hy die uitvinder van dinamiet was en dat hierdie uitvinding van hom nou in oorlo gebruik word en die dood van baie mense veroorsaak het. Hy het besluit dat hy nie wou h dat mense vir daardie rede sy naam moes onthou nie, en het daadwerklik begin werk om sy lewe en lewensdoel te verander. Vandag word hy onthou as iemand wat hard gewerk het om vrede in die wreld te bevorder.

 

Is die doel waarvoor jy lewe die moeite werd? As jy nie beplan nie, sal jy nie kom waar jy wil wees nie. Dit is ongelooflik om te sien hoe baie mense wag totdat daar n krisis is voordat hulle God se hulp soek.

 

Onthou dit: n Mens kan nie goun boom dieper plant as daar n storm kom nie. As die boom se wortels nie sterk genoeg is nie, word dit omgewaai.

 

Die Bybel vertel ons daar kom swaar tye. Is jy reg om die swaarkry wat kan kom te hanteer?

 

Fietsry Ek mag die fout maak om my eie vermoeens te oorskat. As ek nie gefokus is op die wenpaal nie, gaan ek dalk nie daar uitkom nie. Ek mag dalk die kans om n prys te kry verloor.

 

Daarom moet ek leer om op die Here se krag te vertrou: Maar wees waaksaam en bid altyddeur dat julle die krag kan ontvang om deur al hierdie dinge wat gaan gebeur, behoue deur te kom en om voor die Seun van die mens te verskyn

 

Satan gaan omdat hy weet sy tyd raak min - alles in sy vermo doen om God se kinders seer te maak. Jy het egter nie nodig om vir hom of die bedreiginge wat kan kom, bang te wees nie. God sal ons beskerm in hierdie moeilike tye. Jesus belowe: Openb 3: 10Omdat julle aan die boodskap van my volharding in lyding vasgehou het, sal Ek julle ook vashou in die tyd van beproewing wat oor die hele wreld gaan kom om die bewoners van die aarde op die proef te stel. 11Ek kom gou. Hou vas wat julle het, sodat niemand julle kroon wegvat nie.

 

 

As ek in Jesus geanker is, stel Hy my in staat om probleme anders te hanteer.

 

 

12Jesus s toe weer: Kyk, Ek kom gou! Ek bring die loon saam met My om elkeen te beloon vir wat hy gedoen het. 13Ek is die Alfa en die Omega, die Eerste en die Laaste, die Begin en die Einde.

 

Hy s: 14Gesend is di wat hulle klere was, sodat hulle reg kan h op die boom van die lewe en deur die poorte in die stad kan ingaan. 15Buitekant is die dwaalleraars, die bedriers en die onsedelikes, die moordenaars en die afgodsdienaars en almal wat valsheid liefhet en doen.

 

Hy wil dit so maklik as moontlik vir ons maak.

 

Hy gee n ope uitnodiging:

Opb. 22: 17Die Gees en die bruid s: Kom!

En elkeen wat dit hoor, moet s: Kom!

En elkeen wat dors het, moet kom;

elkeen wat die water van die lewe wil h,

moet dit kom kry, verniet!

 

 

God gee jou die genade om nou reg te maak.!

 

 Moenie uitstel nie, dit mag dalk te laat wees!

 

 

 

 As jy meer wil weet, lees Goeie Nuus ...

 

 

Kontak my gerus as jy behoefte het aan n gesprek :

 

Johan van As

Sel 083 7072 952

Epos: jvanas@dinamix.co.za

 

 

Ander preke oor die Wederkoms van Jesus:

 

Jesus kom weer - Hand. 2:17 -Fokus op die nuutste wreldgebeure in 2008!

 

Die eerste Sleutel - Luk. 21: 26

 

Om die ewigheid te sien - Openb. 22:12(Hierdie boodskap)

 

 

NB: Indien jy die boodskappe interessant gevind het, wil jy nie asb. die moeite doen om dit onder jou vriende en kennisse bekend te maak nie?

 

Die kennis kan vir iemand dalk die verskil beteken

tussen die ewige dood en die ewige lewe!