Sending

 

 

'n Dag met 'n Uitreik met die Bybelwaentjie

 

23 Aug 2014 Sunnyside Pretoria

 

Pieter Strobos

 

'n Yskoue windjie waai maar die son skyn lekker warm in Sunnyside. Daar is vandag geen smouse om die waenjie nie maar talle mense loop soos gewoonlik verby vir hul Saterdagoggend inkopies - of sommer net om te drentel. Sommige loop stadiger om die plakkate met prentjie en teksverse te lees. Sommige mense in die motors, wat wag vir die robot om groen te word, kyk belangstellend na wat by die Bybelwaentjie aangaan.

 

Dit is nogal stil vanoggend en ek begIn met oop o vir die mense in die omgewing te bid .... Veral vir diegene wie nog nie vir Jesus ken nie.

 

Ons verkoop baie min Afrikaanse Bybels. Ek sien die houer op die boonste rak van die waentjie raak en trek dit nader. Daar is 'n paar geskenkte Afrikaanse Bybels vanaf gemeentelede in die houer en ek blaai deur twee van hulle. Die een 1983 Afr vertaling is so te s nuut. Geen merkie in nie. Die ander sagteband is 'n luukse weergawe maar twee Bybelbladsye is geskeur. Terwyl ek so met die twee Bybels in my hande staan kom 'n middeljarige witman, wie ek nog nooit gesien het nie, na die waentjie. "Het oom dalk 'n AfrIkaanse Bybel?"

 

"Ja"

 

Man: "Wat kos dit?"

 

(Ek s vir myself: "Hoe lank laas het ek 'n Afrikaanse Bybel verkoop" Seker so drie jaar gelede. En hier terwyl ek met die Afr Bybels in my hande staan, staan hierdie man skielik hier langs my ........ Is dit "toevallig"? Onthou daar is omtrent meer as 200 Bybels in ongeveer 20 tale en vertalings in die waentjie.) "Dit hang af hoeveel wil jy betaal?"

 

Man: "Ek het 'n Gideons Nuwe Testament en ek wil graag die hele Bybel h"

"Ek het vir jou 'n gratis Bybel (die 1983Afr een) van iemand wat dit vir ons geskenk het hier in my hande."

 

Man: "Baie dankie oom ......." En daar gaan hy ........ Was dit 'n engel?

 

'n Vriendelike swartman, wie hom voorstel as Michael, kom na die waentjie. Hy vra hoeveel jaar verkoop ons al Bybels in die middestad. "Ongeveer so 14 jaar". Michael vertel: "Ek het 'n King James Version hier gekoop. Die Bybel het 5 jaar langs my bed op 'n kassie gel het maar ek het dit nooit gelees nie. Ek het baie gedrink en gerook. Een oggend terwyl ek na die Bybel kyk hoor ek duidelik 'n stem wat s: "Gaan kerk toe" Ek dink toe dit is die drank wat praat en ignoreer die stem. Dieselfde stem het toe nog 2 of 3 keer met my gepraat as ek naby die Bybel was. Ek gaan toe kerk toe en het toe daar die eerste keer wat ek gaan, en daar 'n uitnodiging was van hulle wie hulle lewens vir die Here wou gee, vorentoe gegaan en my lewe vir Jesus gegee! Tot vandag kan ek nie onthou waaroor die preek gegaan het nie maar ek was seker dat ek my lewe vir die Here wou gee. "Dankie dat julle die Bybels hier verkoop!"

 

Lina bly in Sunnyside en kom vra waar kan sy inskakel by 'n engelse Bybelstudiegroep. Ek neem haar naam en selnommer. Ek het haar dmv ds Martiens Swart van Arcadia gemeente na die PEN organisasie te Bronberg NG gemeente verwys......

 

Dit is enkele insidente tydens een van ons uitreike vanaf ongeveer 09:00 tot 12:00 Ongeveer 10 Bybels en 1 sangbundel is verkoop en talle traktaatjies is uitgereik.

 

As jy ook op hierdie wyse wil deelneem om Jesus se sendingopdrag uit te voer, skakel asb Suzette Theron by die SOD kantoor. Ons het veral ook 'n behoefte aan iemand met 'n trekstang aan sy of haar voertuig om die Bybelwaentjie mee te sleep.