Sending

 

 

Kiosk Getuienis

 

27 April 2015

 

Pieter Strobos

 

Dit is Saterdag 18 April 2015

 

Daar is reŽn voorspel vir vandag. Dit is dig bewolk

 

Vir 'n oomblik twyfel ek: As 'n paar druppels val kan die Bybels beskadig ......... Dit bly egter droog en ek vra die Here om die uitreik te seŽn ........ Per slot van sake is dit Sy werk! Ons is net die instrumente In Sy hand.

 

Helpers is nie vandag vir my beskikbaar nie - Susan stap in Nelspruit en Retha se suster is by haar - familiesake.

 

Nadat ek my soos gewoonlik langs die hoofstraat deur Sunnyside ingerig het en plakkate (met sketse en tekste) uitgestal het, begin mense kyk na die Bybels en traktaatjies.

 

Daar kom 'n middeljarige swart man, noem hom maar Hasan, in die rigting waar die Kiosk waentjie staan aangeloop. Hy deel opgewek pamflette uit.

 

Neem tog asb die pamflet "Reasons why Islam is the truth" vra hy ook vir my in die verbyloop. Dieselfde vraag herhaal hy geduldig omtrent 5 keer gedurende die uur en 'n half se gesprek wat daarna volg.

 

Ek sÍ vriendelik en beleefd, maar doelgerig, "Dankie maar nee dankie.

Ek gaan jou nie oortuig nie en jy gaan my nie oortuig nie - net die Heilige Gees kan jou oortuig."

 

Hoekom wil jy nie 'n pamflet neem nie? Wil hy weet.

 

Omdat dit nie die waarheid is nie - Islam is 'n vals Godsdiens. Lees dit dan sal jy dit beter verstaan. Dit is nie nodig nie - ek het al daarop ingegaan en ek weet dit is nie die waarheid nie. Die enigste Waarheid is Jesus Christus.

 

Hoekom sÍ ek so?

 

Joh 3:16 is die antwoord. Ons lees dit saam uit die Engelse Bybel.

 

Maar daar word van God gepraat nie Jesus nie Ek sien wat jou pla. Kom ons kyk na Heb 1. Ons slaan dit na in die (Engelse) Bybel en lees dit saam hardop.

 

Wil ek nie asb een van die pamflette neem nie .............?

 

Kan ek jou nog 'n vraag vra?

 

Natuurlik.

 

Toe Jesus met die Satan op die berg gepraat het - waar staan dit?

 

Matt 4.

 

Jesus het vir die Satan geluister. Dit kan tog nie God wees nie! Ek glo ook in Jesus. Mooi, dan het ons Gesamentlike grond! Glo jy in Jesus die Verlosser en Saligmaker? Nee, Jesus was, soos Mohammed, net 'n profeet wat van God vertel het.

 

Kom ons kyk wat daar in Matt 4 staan. Die Here jou God sal jy alleen aanbid en Hom alleen dien.

 

Iemand wil 'n Bybel koop ...... Help hom gerus eers. Geduldig wag  Hasan totdat ek klaar die Bybel verkoop het, in die sakkie geplaas het en die skryfwerk gedoen het. ........ Dieselde prosedure vind ongeveer vier keer plaas.

 

Elke keer wag Hasan geduldig totdat ons weer verder rustig kan praat.

 

Kan ek nog 'n vraag vra?

 

Natuurlik

 

Hoekom sÍ ons Jesus is die Waarheid.

 

Kyk na Joh 14:6 Ek is die Weg die Waarheid en die Lewe .............

 

Maar daar staan duidelik 'n mens gaan DEUR Jesus Na God. Jesus is nie Self God nie! Mohammed doen dieselfde. Mohammed wys ons die weg na God.

 

Dan moet ons weer na Heb 1 kyk. Ons lees weer saam uit Heb 1. God spreek Sy Seun aan as God. Jesus is God self. Jy glo dit of jy glo dit nie. Ek kan jou nie oortuig nie. Ek glo dit wel.

 

Kan ek jou nog 'n vraag vra?

 

Natuurlik

 

Gaan babatjies hemel toe as hulle vroeg sterf?

 

Dit is 'n baie moeilike vraag ........

 

Die Koran het 'n antwoord op hierdie vraag .... babatjies wat vroeg sterf gaan almal Hemel toe.

 

Dit klink goed. Daar is opregte Christen gelowiges wat dieselfde sÍ, ek is bly as dit so is maar dit staan nie in die Bybel nie.

 

Hasan, het jy al van die wedergeboorte gehoor? Nee. Kom ons lees saam uit Joh 2 waar Nicodemus met Jesus praat ........... Ons lees dit hardop saam.

 

Dit is die belangrike vraag: Is jy al wedergebore? Nie soseer of babatjies wat vroeg sterf hemel toe gaan nie ..........

 

Toe Hasan gereed maak om weg te loop probeer hy die laaste keer: Neem asb die pamflet "Reasons why Islam is the truth"

 

"Hasan", antwoord ek: As die pamflet se titel "Reasons why Islam is not the truth" was, sou ek een geneem het!" Hasan staan verbaas dat ek so volhou daarmee dat daar net een Waarheid is naamlik "Jesus ons Verlosser en Saligmaker."

 

Toe hy wegstap kom hy twee keer terug. Die eerste keer kom sÍ hy vir my: "Sir do not stop doing the good work you are doing here!"

 

We will do so!

 

Die tweede keer kom vra hy my selnommer. Normaalweg gee ek nie maklik my selfoon uit nie. Hierdie keer doen ek dit egter.

 

Hasan stap weg en ek merk op dat hy nie meer pamflette uitdeel nie .............................

 

Dankie Jesus!