Sending

 

 

Kiosk Getuienis

 

23 Mei 2015

 

Pieter Strobos

 

Dit is Saterdag 23 Mei 2015.

 

Vroeg vanoggend het ons tydens ons gemeentegebedsgeleentheid oor die woordbetekenis uitnemendheid/ deug gepraat (Fil 4:8, 2 Pet 1:5). Ons het ook gevra wat daar alles in ons lewe en werk is wat ons op kan verbeter om vir die Koninkryk meer tot nut te kan wees?

 

Vandag was my beurt vir die Kiosk uitreik na Sunnyside. Met die ry na Sunnyside met die waentjie agteraan gehaak dink ek: Hoe ons dalk (met min ekstra koste) die funksionering van die Kiosk-uitreike op Saterdagoggende kan verbeter?

 

Wat van die plakkate, dink ek? Die huidige plakkate se teksverse is al byna 18 jaar dieselfde. Mense wat verbyloop sien dit dalk die eerste keer maar ons sien dit elke Saterdag. Dalk kan ons dit opgradeer met nuwes? So dink ek terwyl ons Sunnyside toe ry vir vanoggend se uitreik.

 

Ons kom by Sunnyside aan en pak alles reg. Ook die ongeveer 5 plakkate.

 

Voor ek verder vertel moet ek ook dit s:

 

So ongeveer 18 jaar gelede het die Kiosk tot stand gekom met die inspirasie wat ons in Hab 2:2 gekry het: Skryf dit duidelik op kleitablette sodat mense dit sommer in die verbygaan kan lees. Martin Alberts wat destyds betrokke was, het vir ons plakkate gerel deur n gewillige kunstenaar/ kunstenares. Ons was bly daaroor en tot nou toe het dit sy doel gedien - so dink ons. Duisende mense het al verby ons Kiosk waentjie geloop die afgelope 18 jaar. Honderde het al die woorde in die verbyloop gelees, sommige het selfs stil gaan staan en dit rustig gelees. Ek kan egter nie onthou dat oor al hierdie jare iemand met my gepraat het oor die plakkate oor die boodskap wat dit inhou of wat dit vir hulle beteken nie.

 

Maar vanoggend was dit die eerste keer, en sommer twee maal dat dit gebeur! Merkwaardig omdat ek spesifiek vanoggend gewonder het of ons dit nie dalk moet opgradeer nie! Sjoe!

 

Eerste geval: n Jong vriendelik swart man Simon, staan lank voor die plakkaat met n skildery van n jong swart seuntjie wat by n blommetjie staan met n toepaslike teksvers uit die Bybel. Toe hy aanhou na die plakkaat kyk, staan ek nader en vra hom waarom hy so stip na die plakkaat kyk? Hy s toe dit is vir hom n treffende uitbeelding en skildery. Hy wou toe die plakkaat koop maar ek dui aan dat ons dit nie verkoop nie. Ek vra vir hom of hy n skilder is? Ja s Simon. Het jy n Bybel Simon? Ja. Wil jy nie een skilder met n teks wat daarby pas en dit  vir ons kom gee om saam met die ander te gebruik nie? Ons sal jou daarvoor betaal anders kan hy dit skenk. Bendruk met die skildery stap Simon daar weg. Dit is duidelik dat die skildery iets in hom losgemaak het. Nouja, ons sal sien of ons hom weer daar gaan sien .................

 

Tweede geval so halfuur later: n Netjiese Swartman en sy vrou staan lank voor een van die plakkate. Ek vra later vir Susan om vir hom te gaan vra of ons dalk kan help? Nee, s hy, Die teks op hierdie plakkaat het hom aangegryp. Hy haal sy notaboekie uit en skryf die teksvers af. En daar gaan hulle ......

 

Uit bogenoemde merkwaardige gebeurtenisse moes ek enkele afleidings maak:

  1. Die Here lewe! Hy tel elke haar op jou hoof (Luk 12:7). Hy weet wat ons dink, weet wat ons begeertes en uitdagings is. Hy wil daarby betrokke wees. Verduideliking: Ek het gedink die plakkate maak nie meer indruk nie hier, glo ek, wys die Here vir my dat die plakkate wel n verskil maak.

  2. Die Here is bly as ons met Sy werk besig is. Dit is Sy laaste opdrag aan Sy dissipels en aan ons Matt 28:18 - 20 naamlik om mense Sy dissipels te maak.

  3. Die insidente hierbo beteken nie dat die plakkate nie nog steeds verbeter moet word nie. Ons werk daaraan.

 

Gebed: Dankie Jesus dat ons in U diens kan staan!