Riglyne vir die gebruik van die E-Tracts

 

 

1. Installeer die DNL Leser op jou rekenaar alvorens jy die E-Tract in sy nuwe formaat kan lees.

    Let Wel: Die DNL Leser word van tyd tot tyd opgegradeer. Indien die program nie reg laai nie, sal jy asb. die DNL Leser weer moet installeer.

Get DNL reader

2. Jou rekenaarskerm se resolusie moet verkieslik 800 x 600 pixels of beter wees.

3. Maak die E-Tract "los" van Internet Explorer deur met die muis op die E-Tract te regsklik en die opsie "Detach" (heel onder aan die menu) te kies. Maak Internet Explorer klein.

4. Wanneer jy die E-Tract toemaak, sal dit vir jou die opsie gee om dit op jou rekenaar se harde skyf te stoor.

5. Wanneer jy die E-Tract weer wil oopmaak, dubbelklik op die lęernaam.

6. Blaai vorentoe en agtertoe deur op 'n bladsy te klik.

7. Jy kan te enige tyd na die Menu gaan deur bo-aan 'n bladsy op die Menu-funksie te klik.

8. Klik by die Menu op 'n bepaalde onderwerp om dadelik daarheen te blaai.

9. Kies die Druk funksie bo-aan 'n bladsy indien jy inligting wil uitdruk. Selekteer watter bladsye jy wil druk.

10. Die E-Tract is vol skakels. Wanneer die muis oor 'n skakel beweeg, sal die pyltjie in 'n handjie verander. Klik op die skakel om dit te aktiveer. Jou rekenaar moet aanlyn wees ten einde die skakels te benut.

 

Navrae: jvanas@dinamix.co.za

 

Lekker lees!

 

>>>>