Nasionale Biddag

 

Gebeds byeenkoms

vir internasionale gebed tydens Covid-19

 

Direkte uitsending tydens nasionale biddag

Skakel gerus Sondagaand 31 Mei om 18:30 in vir 'n direkte stroming van 'n spesiale erediens vir die nasionale biddag in die tyd van COVID-19. Nelis Janse van Rensburg sal die liturgie lei met insetsels van die ander streeksinodes.


Die uitsending sal op www.kieskerk.com gedoen word.


Stuur gerus hierdie skakel vir familie en vriende en ander lidmate.

Program verskaf deur Noordelike Sinode

A picture containing person, indoor, holding, hand

Description automatically generated

 

Nasionale Dag van Gebed in die Koronatyd
31 Mei 2020

Gebedsgeleentheid tuis vir individue of gesinne

 

(Deur Hendrien van Vliet,

voorheen van die gemeente Pretoria en tans by Fort Beaufort in die Oos-Kaap)

 

Hierdie riglyn is bedoel vir gebruik in gesinne,
of deur individue op die Dag van Gebed vir die Korona- pandemie

 

1.       Wat gaan jy nodig h?

-           Kers

-           Papier

-           Kruis (enige grootte, enige iets wat jy naby het)

-          Foto van mense na aan jou

 

2.                      Om mee te begin:

a.              Opening:

         Steek die kers aan, en l die kruis naby die lig, as simbool van God se lig wat steeds skyn, veral nou.

         Word rustig, stil, en lees die volgende woorde of saggies by jouself, of as gesin/groep saam

Here,

U krag is my moed, U beloftes my troos,

U teenwoordigheid my versekering.

Amen.

b.             Gebed

(Nota: Indien 'n gesin die gebed beoefen kan 'n ouer of voorganger 'n deel van die gebed lees, en die gesinslede die res; alternatiewelik kan 'n individuele deelnemer die hele gebed lees)

Voorganger:            Genade en vrede vir julle van God die Vader

Gesinslede:             Aan sy liefde is daar geen einde nie

Voorganger:            En van God die Seun

Gesinslede:             Ons skuld het Hy gedra

Voorganger:            En van God die Heilige Gees

Gesinslede:             Hy maak ons nuut!

c.              Skriflesing en gebed gaan aan die hand van die volgende riglyne:

i.            Duim

(Ons duime gebruik ons baie keer om te s Sharp!, dis reg so.
Hier kan dit gebruik word om dankie te s)

o    Skriflesing: Handelinge 2:25-28

o   S dankie vir die Here dat Hy ons tot op hierdie punt gebring het. Daar is nog baie onsekerheid, vrees en angs, maar die Here loop die pad saam met ons. Dank Hom vir sy teenwoordigheid d.m.v. die Heilige Gees, vir Sy liefde en nabyheid. Vir veiligheid, gesondheid ens.

 

ii.         Wysvinger

(Die wysvinger word baie keer gebruik om vinger te wys en te s Pasop!)

o   Skriflesing: Handelinge 5:1-11

o   Bid vir wysheid, versigtigheid, goeie nadenke en besluite. Kom ons bid vir die leierskap in al die sektore van die regering, die kerk, skole, hospitale, ens.

 

iii.      Middelvinger

(Ons almal weet waarvoor hierdie vinger partykeer gebruik word, Oops!)

o   Skriflesing: Handelinge 2:37-38

o   S jammer vir die foute wat jy dalk inderhaas gemaak het, dinge wat in n moment van swakheid ges is, haat vir vyande, en vra die Here om jou te help vorentoe.

 

iv.       Ringvinger

(Ringe word baie keer aan die ringvinger gedra, omdat die storie loop,
dit die vinger is met die mees direkte lyn na die: Hart!)

o   Skriflesing: Handelinge 2:1-4

o   Bid dat die Heilige Gees jou sal aanhou lei om die liefde van God uit te leef en uit te dra, waar ook al jy gaan. Mag ons harte groter word, en mure rondom ons harte kleiner.

o   Bid vir di geraak deur Covid-19

 

 

v.         Pinkie

(Klein, maar belangrik!)

o   Skriflesing: Handelinge 2:39, 41-42

o   Hou die foto vas wat na aan jou hart l

o   Bid vir jouself, jou gesin en familie en vriende.

 

d.             Senbede

VONKK 159:2 Sing of lees hierdie lied

 

  

Heer, ons bid vir Afrika,

waar U ook regeer.

Raak die harde harte aan om tot U te keer.

Laat u koninkryk hier kom en u wil geskied.

Hoor ons pleit vir Afrika, Vader, as ons vra.

 

Bring die liefde van ons Heer

na die mense wat hier woon.

Sen Afrika!

Laat ons saam in vrede woon.

 

Aktiwiteit vir die jongspan

 

Indien daar kinders in die gesin is, kan hulle die volgende aktiwiteit doen:

 

Sit jou hand op papier, trek dit af en sny uit.

Skryf neer wat jy graag aan die Here wil gee of waaroor jy in gebed met die Here wil praat.

Sit die kantonhandjie en gebede alles aan 'n ringetjie of toutjie vas.

Bid deur die week hieroor.

 


  

 Kliek op hierdie skakel om hierdie bladsy se program af te laai.