Kinderstories

 

deur

Tersia van der Westhuizen

 

 

KINDERSTORIES UIT GALASIERS 5:22, VRUGTE VAN DIE GEES

VREUGDE

VREDE

LIEFDE

LANKMOEDIGHEID

BARMHARTIGHEID

NEDERIGHEID

 

 

VREUGDE

 

 

 

SONJA

 

EN DIE

 

NUWE MAATJIE

 

 

Sonja sit en speel in die tuin.  Dis n spesiale lang vakansie, want daar is groot sokkerwedstryde aan die gang.  Dis vir Sonja lekker om vakansie te hou, veral as sy by Mamma by die huis kan bly en nie hoef skool toe te gaan nie.  Nou speel sy maar met Rosie, haar mooiste pop.

 

Skielik lig Sonja haar kop en draai dit in die rigting vanwaar sy n geluid hoor.  Al kan sy niks sien nie, kan sy baie goed hoor en dit wat sy hoor, klink vir haar soos kinders in die erf langsaan.

 

Sonja spring op en draf na die heining.  Sy weet presies waar die heining is, want hulle bly al baie, baie jare in hierdie huis.  Naby die heining gaan sy staan.  Sy weet hier voor haar is n blombedding en sy wil nie daarin trap nie, dis modderig, want Pappa het net gisteraand die bedding natgespuit.  Nou sal dit modderig wees.

 

kyk, hier is n swaai aan die boom!  roep n stem uit.  Dit moet seker n dogtertjie wees wat so oud soos Sonja is, wat daar praat.

 

Hys bietjie stukkend.  S n ander stem, seker die ouer sussie van die dogtertjie.

 

Jy sal my nie op die swaai kan tel nie, hy is te hoog en ek is te swaar,  s die dogtertjie weer.

 

Ons sal iemand moet kry om hom net bietjie laer te maak, dan kan jy ook swaai.  Antwoord die ouer een weer.

 

Ag, ek wil tog nie swaai nie.  S die maatjie vies.  Dit help tog nie jy tel my daarop nie, dit sal nie werk nie.

 

Nou wonder Sonja hoekom dit nie sal werk nie.  Sal sy die maatjies roep om heining toe te kom?

 

Lindie, jys nou lelik.  S die ouer dogter vies.  Ek prober jou help, maar jy wil nie gehelp word nie.

 

En jy is lelik, Mandie, want jy weet ek sal nie daar kan swaai nie en jy kan.  Dis nie lekker nie.  Kom dit van Lindie.  Niks is meer lekker van die ongeluk af nie.

 

Nou wonder Sonja wat aan die gang is.  Sy wens sy kon sien, dan sou sy nou weet wat aangaan, al is daar blare teen die heining tussen hulle.  Sy draai om en loop in die huis in.  Dis nie lekker om blind te wees nie, want gewone maatjies wil nie met jou speel nie, dink Sonja.  Sy weet al hoe dit voel om alleen te wees.  En as mens nie sussies of boeties het nie, is dit nog erger.

 

Sonja,  roep Mamma toe sy by die kombuisdeur verbystap, het jy gehoor hier het nuwe maatjies ingetrek hier langsaan?

 

Ja Mamma.  Is al wat Sonja s.

 

Ek gaan netnou soontoe om vir die mense koffie en beskuit te vat.  Gaan jy saam?

 

Nee dankie Mamma.

 

Mamma weet hoe Sonja voel en sy kry haar jammer, maar sys tog baie rustig, jy hoef nie met hulle te speel nie, my kind.  Ons gaan maar net die drinkgoedjies afgee, dis al.  kom maar net saam dat hulle weet hier is dalk n maatjie vir hulle ook.

 

Ek sal nie vir hulle n maatjie wees nie, Mamma.  S Sonja.  Mamma weet mos, ander kinders wil nie met my speel nie.

 

Mamma kom staan voor Sonja.  Sy vou haar arms om Sonja se skouers.  My kind, ek weet dit is vir jou moeilik, maar kom s net hallo.  Mens moenie jouself jammerkry nie, want die Here het jou met n rede so gemaak.  Onthou jy hoe ons baiekeer by huisgodsdiens hoor van mense wat swaargekry het?  Dan het die Here later vir hulle gewys hoekom hulle moes swaarkry.  Onthou jy, my kind?

 

Ja Mamma,  brom Sonja.  Sy is nie nou weer lus vir n preek oor hoe dankbaar sy moet wees en sulke goed nie. 

 

Maar Mamma s wat sy altyd s as Sonja so ongelukkig raak.  Onthou, daar is mense wat baiekeer swaarder kry as wat jy kry, jy moet altyd bly wees oor wat jy het, my kind.  Kom, ons gaan gou langsaan, jy kan die bak beskuit vir my dra.

 

Sonja stap langs Mamma by hulle tuinhekkie uit, dan skuif sy so bietjie nader aan Mamma, dat sy kan voel waar Mamma loop.  Mamma moet die skinkbord met die koffie en bekers en goed dra, so, sy kan nie Sonja se hand vat om haar te lei nie.  Sonja het al so langs Mamma geloop, sommer hier op die sypaadjies, as dit nodig was.  By die bure se tuinhekkie maak Mamma die tuinhekkie oop en dan hoor Sonja iemand van ver af praat.

 

Goeiedag.  Ek is Elsie.  Kom nader, kom nader.  Ons laai nog net af, dis maar baie deurmekaar.

 

Hallo Elsie, ek is Sanet en dis my dogtertjie Sonja.  Hier is vir julle lekker koffie en beskuit.  Dit nou net om welkom te s.  Groet Mamma terug.

 

Dankie, dit gaan lekker wees.  Wag, ek roep net gou die kinders, dan kan hulle vir Sonja kom haal en maats maak.  Lindie!  Mandie!

 

Sonja kan hoor hoe die twee dogters al stry-stry om die hoek van die huis kom.

 

Jy stoot my te vinnig!  Jy gaan my nog laat uitval.

 

Nee man, jy sal nie uitval nie, ek kan mos die rolstoel bestuur.

 

Roelstoel?  dink Sonja.  Ag, hulle is seker net besig om met n ou rolstoel te speel.

 

Maar dan kry Sonja n groot verrassing.  Sonja,  s die tannie, dis nou my dogter, Lindie en dis haar niggie Mandie.  Lindie is in n rolstoel en Mandie het net gekom om haar bietjie te help terwyl ek uitpak.  Lindie, Sonja is blind

 

Sonja voel skielik baie snaaks.  Is Lindie dan in n rolstoel?  Is sy dan verlam?  Hallo Lindie.  S Sonja skamerig.  Sy vergeet skoon om vir Mandie ook te groet.

 

Hallo Sonja.  S Lindie.  Mandie, stoot my nader.  Sy kan my mos nie sien nie, nou moet sy voel hoe ek lyk.  S Lindie en die grootmense lag.

 

Mandie, sal jy vir Sonja ook kan lei tot daar agter waar julle swaai, dan kan julle daar speel.  Ek gaan nou vir julle koeldrank bring.  Ek het dit darem al uitgepak.  S Lindie se ma.

 

Kom, ek stoot vir Lindie, dan hou jy aan my vas.  S Mandie en daar gaan hulle soos n regte treintjie.  Agter die huis is daar n sandput en n swaai, maar Sonja weet nie hoekom nie, want die vorige mense wat hier gebly het, was n ou oom en tannie.  Hulle het nie kinders gehad nie.

 

Lindie, ek parker jou hier, dan sit jy hier op die sandput se muurtjie, Sonja  S Mandie.  Wats fout met jou o?  Hoekom is jy blind?  vra sy.

 

Ek weet nie, dis n groot word, maar die dokter en my ma s ek is so gebore.

 

Ek was in n motorongeluk.  Vertel Lindie skielik.  Ek sal nooit weer kan loop nie. 

 

Ek sal nooit kan sien nie.  S Sonja.  Maar jy kan nie loop nie en ek kan nie sien nie.  So, kan ons maatjies wees?

 

Nee.  S Lindie en Sonja voel weer die seerkry in haar opkom.

 

Hoekom nie?

 

Want ons sal nie dieselfde speletjies kan speel nie.  Ek kan sien wat ek speel en jy kan nie speel nie, want jy sal nie weet hoe om te speel nie.

 

Jy is nou laf, Lindie.  S Mandie sommer vies.  Sy is darem n paar jaar ouer as Lindie en sy dink dit kan anders werk.  Julle kan pop speel en sy sal mos weet hoe voel die poppe en klere en goed.

 

Dis reg, ek kan popspeel.  S Sonja nou onseker.  Ek het vier poppe en ek weet presies watter pop is watter pop en ek ken hulle klere en alles.

 

Regtig?  vra Lindie nou verbaas.  Hoe weet jy?

 

Mens voel aan die klere.  En ek kan mos voel hoe groot elke pop is.  Verduidelik Sonja.

 

Dis fantasties.  Roep Lindie uit.  Mandie gaan more huis toe, dan kan jy kom speel.  Bring jou poppe saam.  Watse poppe het jy?  Vra Lindie nou opgewonde en Sonja beskryf hoe haar poppe lyk.  So gesels Sonja, Lindie en Mandie tog te lekker tot die tannie hulle koeldrank en koekies bring.

 

Later, toe Mamma vir Sonja roep om saam huis toe te kom, vra Lindie, sal jy asseblief more by my kom speel?

 

Ja, ek sal, baie dankie!  s Sonja opgewonde.  En ek sal my poppe bring.  En o ja, ek en jy sal moet oefen dat ek die rolstoel stoot en jy kan s waar ek moet stoot.  Dit sal baie lekker wees!

 

Daardie aand, toe Sonja saam met Mamma en Pappa sit en eet, vertel Sonja vir Pappa van Lindie.  En weet Pappa wat?  Ek is nie meer kwaad vir Jesus oor ek blind is nie, ek kan darem loop.  Daaroor is ek baie, baie bly!