dat
ons die tyd sal uitkoop en die beste gebruik sal maak
van
elke geleentheid wat op ons pad kom.
Ons
is opgewonde oor die pad wat God met ons stap.
Ons
as gemeente het gekies om in hierdie tyd waarin ons leef
gehoorsaam en getrou aan God en sy Woord te bly,
ongeag wat die res van die wêreld wil doen.
Ons
gebed vir u vir 2025:
Mag 2025 'n jaar wees
waar u van dag tot dag,
elke dag
die liefde, genade, krag en vrede
van die Here ervaar.
Kom
skakel in en wees deel
van ons geloofsgemeenskap!
Whatsapp / SMS u Naam en Van asook Selfoon
nr na 083 707 2952 met "NGKWBS" indien u
graag op hoogte wil bly van gemeentelike
aktiwiteite en boodskappe wil ontvang.
Jesus het talle wonderwerke gedoen, soos die
genesing van siekes en Hy het selfs mense uit die dood
opgewek. Hy wil met daardie selfde krag in jou lewe
werk. Ds Frik Jordaan gesels vanuit Matt. 8: 1 – 4
Julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor
julle kom ...
Hoe pas Paasfees en Pinkster
bymekaar? Ds Johan van As gesels vanuit Johannes 14 en
ander gedeeltes oor die werking van die Heilige Gees.
--ooOoo---
1 Junie 2025
Dis hoe die wind waai!
Melissa Mc Donald gesels vanuit
Johannes 3: 1 - 21 oor bekering, wedergeboorte en die
werking van die Heilige Gees.
--ooOoo---
30 Mei 2025
Dit is met hartseer dat ons bekend maak dat
Ds Gert Badenhorst se eggenote Elize
op Vrydag 16 Mei 2025 oorlede is.
Ons is dankbaar vir die kosbare insette wat hulle as
egpaar oor baie jare in die gemeente gelewer het.
--ooOoo---
25 Mei 2025
Die politiek van die koninkryk
van Jesus Christus
Die onverwagte uitnodiging van President Dondald Trump
van die VSA aan Suid-Afrikaners om met vlugtelingstatus
na die VSA te kom, het rassespanning in Suid Afrika
aansienlik laat toeneem. Van orals is daar beskuldigings
en lelike opmerkings. Daar is klaarblyklik duisende
persone wat aansoek gedoen het, maar net 59 wat sover
gekwalifiseer het.
Daar is merkwaardige
ooreenkomste tussen hierdie situasie en God se
uitnodiging om deel van sy koninkryk te word. Ds Johan
van As gesels vanuit Johannes 14 en ander Skrifgedeeltes
oor die situasie.
--ooOoo---
18 Mei 2025
Christus leef!
Ds Frik Jordaan gesels vanuit 1 Kor 15: 12 - 20 oor die
implikasies en impak van Jesus se opstanding uit die
dood op ons lewe.
--ooOoo---
11 Mei 2025
Moeder, stel jy met jou lewe 'n voorbeeld
wat jou kinders kan navolg?
Ds Johan van As gesels met die Moedersdag boodskap oor
die voorbeeld van verskillende ma's van wie ons in die
Bybel lees, en die impak wat hulle op die lewe van hulle
kinders gehad het.
--ooOoo---
1 Mei 2025
Moeder, stel jy met jou lewe 'n voorbeeld
wat jou kinders kan navolg?
Moedersdag boodskap deur Ds Johan van As
oor verskeie ma's in die Bybel.
--ooOoo---
27 April 2025
Die rol van Bloed
in God se Verlossingsplan
Ds Johan van As gesels oor Bloedoffers in die Bybel en
die belangrikheid en implikasies daarvan vir ons lewe.
--ooOoo---
20 April 2025
Die Opstandingslewe
Jesus Christus se opstanding uit die dood stel ons in
staat om saam met Hom te lewe. Dit stel ons in staat om
'n oorwinningslewe te kan lewe. Ons kan depressie,
neerslagtigheid en probleme oorkom. Ds Attie Nel gesels
vanuit Lukas 24: 36 - 49
--ooOoo---
13 April 2025
"Is jy gereed vir die ware
Jesus?"
Deur die eeue het mense hulle
eie idee gevorm oor die Messias - hoe moet Hy wees? Hoe
gaan Hy wees? Hierdie verkeerde idees het tot gevolg
gehad dat hulle Jesus verwerp het omdat Hy nie aan hulle
verwagtinge voldoen het nie.
Natasha ten Krooden gesels
vanuit Matteus 21: 1 - 10 en Matteus 16: 13 - 18 oor
hierdie verwagtinge en verduidelik wie is die ware
Jesus.
Sy laat ons met die vraag: Wie is Jesus vir jou?
--ooOoo---
6 April 2025
Die Christen se
Identiteit-spoor is die Koninkryk van Christus
In 1 Kor 11: 1 sê Paulus:
"WEES my navolgers, soos ek dit ook van Christus is."
As
ons ware navolgers van Jesus Christus is, kan ons net
soos Paulus 'n voorbeeld vir ander stel wat hulle met
vertroue kan volg.
Ds
Ewald Bosch gesels vanuit Johannes 18: 36 - 19: 11 oor
die tema.
--ooOoo---
23 Maart 2025
Wat is Jesus vir jou werd?
Wat sou jy bereid wees om vir Jesus
of terwille van Jesus op te offer?
Maria het die allerbeste gegee wat sy kon.
Dit is 'n teken van ware liefde.
Net so het Jesus sy allerbeste vir ons gegee - sy lewe.
--ooOoo---
23 Maart 2025
Onverstaanbare Genade
Melissa Mc Donald verduidelik die wonder van God se
genade
op 'n mooi eenvoudige manier.
--ooOoo---
16 Maart 2025
MeiWie volhard tot die einde, sal gered word.
Hannes vd Walt van Geopende Deure Sendingaksie
deel
getuienisse van gevalle van christen vervolging.
Jy kan ook jou
gebedsversoek direk op die BLOG
intik!
Ons versoek u om
gereeld saam te bid vir die persone op die
gebedslys, en ook om ons in te lig indien
daar enige verandering / gebedsverhorings
plaasvind.