Whatsapp / SMS u Naam en Van asook Selfoon
nr na 083 707 2952 met "NGKWBS" indien u
graag op hoogte wil bly van gemeentelike
aktiwiteite en boodskappe wil ontvang.
Die Bybel is vol van God se beloftes dat Hy ons wil
seën.
Saam met die beloftes gaan daar ook voorwaardes waaraan
ons moet voldoen.
Ds Johan van As gesels vanuit Openbaring 1 en 2 asook
ander Skrifgedeeltes oor God se wil vir ons.
--ooOoo---
4 Januarie 2026
Wat is Epifanie?
Ds Ewald Bosch verduidelik op 'n eenvoudige wyse die
betekenis en implikasies van Epifanie vir ons aan die
hand van verskeie Skrifgedeeltes.
--ooOoo---
28 Desember 2025
Wat is die blywende betekenis van Kersfees?
Prop. Marno Plaisier gesels aan die hand van verskeie
Skrifgedeeltes oor die impak van Kersfees en die
betekenis vir ons.
--ooOoo---
21 Desember 2025
God belowe deur die engele vrede op aarde.
As ons rondom ons kyk,
sien en hoor ons van ooroë, misdaad en geweld.
Wat het van hierdie vrede geword?
Hoe moet ons dit sien en verstaan?
--ooOoo---
14 Desember 2025
'n
Goeie tyding
Ons almal hou van goeie nuus.
Nogtans wil almal nie goeie
nuus hoor nie.
Dit is die grootste fout wat iemand kan maak!
Ds
Johan van As gesels vanuit verskillende Skrifgedeeltes
oor die implikasies vir mense wat die goeie nuus
verwerp.
--ooOoo---
7 Desember 2025
Geloof vir Kersfees
Melissa McDonald gesels vanuit Lukas 2 : 1 - 20 oor die
geweldige verskil wat geloof in Jesus, die Messias, in
ons lewe maak.
--ooOoo---
30 November 2025
Baie dankie aan almal wat saamgewerk het om die 2025
Kerssangdiens 'n baie spesiale geleentheid te maak!
Soli Deo Gloria!
--ooOoo---
30 November 2025
Leef met hoop ...
Prop. Marno Plaisier gesels vanuit Romeine 13: 11 - 14
oor die hoop wat Jesus ons gee vir hierdie lewe en
hierna.
--ooOoo---
22 November 2025
God gee vir ons riglyne vir ons lewenspad.
Jy wil graag die beste van jou lewe maak.
Dit is nie altyd so maklik as wat jy gedink het nie.
Ds Johan van As deel riglyne uit Ps 119 en 1 Kor 12 en
13
Baie geluk en baie welkom aan ons 3 nuwe lidmate
wat op 22 November belydenis van geloof gedoen het.
Hulle is: Theresa Conradie, Danielle van Niekerk en Iwan
Loots
--ooOoo---
16 November 2025
Nuwe Koning, nuwe koninkryk, nuwe lewe
Ds Ewald Bosch gesels aan die hand van gedeeltes uit
Matteus hoofstukke 3, 4 en 5 oor Jesus se uitsprake by
die bergrede.
--ooOoo---
9 November 2025
Mag jy die "Ons Vader" gebed bid?
Jesus het die "Ons Vader" gebed as 'n model gebed
vir sy dissipels geleer.
As mens dit mooi
bestudeer en daaroor nadink, kom jy agter dat nie elkeen
die reg het om die gebed te bid nie.
Ds Johan van As gesels oor die implikasies wat elke sin
van die gebed vir ons inhou. Skriflesing: Matteus 6: 9 -
13
--ooOoo---
2 November 2025
Want aan U behoort die koninkryk en die krag tot in
ewigheid ...
Ds Ewald Bosch gesels vanuit Matt 6:
13 oor die betekenis van die laaste bede in die "Ons
Vader" gebed.
--ooOoo---
19 Oktober 2025
Vasbyt in Geloof
Ons leef in al hoe moeiliker
wordende tye en omstandighede wat al hoe groter
uitdagings aan ons stel.
Natasha ten Krooden gebruik Paulus se 2e brief aan
Timoteus hf 3: 13 - 4: 5 om vir ons riglyne te gee om
vas te staan.
--ooOoo---
12 Oktober 2025
Ontdek Jesus in die Ou Testament
Die Ou Testament is nie net vol
profesieë oor die Messias wat gaan kom, ons leer Hom ken
as onder andere die Engel van die Here wat sy
teenwoordigheid in die Ou Testament bekend maak. Die
fisiese verskynings van Jesus in die Ou Testament staan
bekend as Christofanieë.
Ds Johan van As gesels vanuit 2
Tim 3: 14 - 4:5 oor Jesus se teenwoordigheid in die Ou
Testament.
--ooOoo---
5 Oktober 2025
God - die oorsprong van ons geloof
Ds Attie Nel gesels vanuit die gelykenis van die
mostertsaad in Lukas 17: 5 - 10 oor die oorsprong en
impak van ons geloof.
--ooOoo---
28 September 2025
Nou hoe nou?
Die internet was vol voorspellings dat die Wegraping op
23 September 2023 sou plaasvind. Dit het nie gebeur nie.
Die voorspellers was verkeerd.
Hoe moet ons die
situasie en foutiewe voorspellings verstaan en hanteer?
Ds Johan van As gesels oor die situasie na
aanleiding van Jesus se gesprek en opmerkings in Matteus
25: 36 en Handelinge 1: 7
--ooOoo---
21 September 2025
Maak jy erns met wat in jou
geloofslewe aangaan?
Abraham het 'n bitter
moeilike opdrag van God ontvang, nl. om sy seun Isak te
gaan offer. God het met hierdie opdrag sy geloof en
gehoorsaamheid getoets.
Hoe
sou jy so 'n opdrag hanteer?
Marno Plaisier gesels van uit Genesis 22: 1 - 18 oor die
situasie.
--ooOoo---
7 September 2025
Wat is die storie van jou lewe?
Ons lewe in al hoe moeiliker wordende omstandighede en
tye.
baie mense raak moedeloos en wil handdoek ingooi.
Melissa Mc Donald fokus op 5 persone in die Bybel wat
deur moeilike omstandighede is, en wys hoedat hulle die
situasies hanteer het.
--ooOoo---
Die jaarlikse fees op 6 September is verby
en was 'n groot sukses.
Ons hartelike dank aan elkeen wat saamgewerk het
en die funksie ondersteun het.
--ooOoo---
Krisis Hantering: Praat met
die Rots
Dawid kyk in Ps 95 terug na die uittog uit Egipte
en hoedat God vir die Israeliete in die woestyn gered
het met water uit 'n Rots.
Moses moes in opdrag van God met die rots praat.
God self is die rots op wie ons bou en op wie ons
kan vertrou.
--ooOoo---
Sê vir my dat die Here
gesterf het sodat ek dit kan hoor!
Ds Ewald Bosch deel met ons
praktiese implikasies
oor die Sakrament van die
Nagmaal vanuit Lukas 22: 7 - 23.
--ooOoo---
Jaloesie en Selfsug
vernietig jou lewe!
Koning Saul se jaloesie oor Dawid se sukses en
populariteit het sy verhouding met God en die mense om
hom totaal vernietig. Uiteindelik het dit homself ook
vernietig. Die les wat ons leer is dat ons nie moet
toelaat dat haat en onvergewensgesindheid ons lewe ook
op 'n afgrond laat afstuur nie.
Ds Johan van As
gesels vanuit Spreuke 3 en gedeeltes van 1 Samuel.
God het Dawid tussen al sy broers uitgekies as die nuwe
koning van Israel.
Wat het Dawid so spesiaal gemaak dat God hom bo sy 7
ouer broers as koning gekies het? Ds Johan van As gesels
oor 1 Samuel 15 en 16 en oor hoedat jy dieselfde
eienskappe kan ontwikkel.
--ooOoo---
22 Junie 2025
Jesus se onbeperkte almag.
Jesus het talle wonderwerke gedoen, soos die
genesing van siekes en Hy het selfs mense uit die dood
opgewek. Hy wil met daardie selfde krag in jou lewe
werk. Ds Frik Jordaan gesels vanuit Matt. 8: 1 – 4
Julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor
julle kom ...
Hoe pas Paasfees en Pinkster
bymekaar? Ds Johan van As gesels vanuit Johannes 14 en
ander gedeeltes oor die werking van die Heilige Gees.
--ooOoo---
1 Junie 2025
Dis hoe die wind waai!
Melissa Mc Donald gesels vanuit
Johannes 3: 1 - 21 oor bekering, wedergeboorte en die
werking van die Heilige Gees.
--ooOoo---
30 Mei 2025
Dit is met hartseer dat ons bekend maak dat
Ds Gert Badenhorst se eggenote Elize
op Vrydag 16 Mei 2025 oorlede is.
Ons is dankbaar vir die kosbare insette wat hulle as
egpaar oor baie jare in die gemeente gelewer het.
--ooOoo---
25 Mei 2025
Die politiek van die koninkryk
van Jesus Christus
Die onverwagte uitnodiging van President Dondald Trump
van die VSA aan Suid-Afrikaners om met vlugtelingstatus
na die VSA te kom, het rassespanning in Suid Afrika
aansienlik laat toeneem. Van orals is daar beskuldigings
en lelike opmerkings. Daar is klaarblyklik duisende
persone wat aansoek gedoen het, maar net 59 wat sover
gekwalifiseer het.
Daar is merkwaardige
ooreenkomste tussen hierdie situasie en God se
uitnodiging om deel van sy koninkryk te word. Ds Johan
van As gesels vanuit Johannes 14 en ander Skrifgedeeltes
oor die situasie.
--ooOoo---
18 Mei 2025
Christus leef!
Ds Frik Jordaan gesels vanuit 1 Kor 15: 12 - 20 oor die
implikasies en impak van Jesus se opstanding uit die
dood op ons lewe.
--ooOoo---
11 Mei 2025
Moeder, stel jy met jou lewe 'n voorbeeld
wat jou kinders kan navolg?
Ds Johan van As gesels met die Moedersdag boodskap oor
die voorbeeld van verskillende ma's van wie ons in die
Bybel lees, en die impak wat hulle op die lewe van hulle
kinders gehad het.
--ooOoo---
1 Mei 2025
Moeder, stel jy met jou lewe 'n voorbeeld
wat jou kinders kan navolg?
Moedersdag boodskap deur Ds Johan van As
oor verskeie ma's in die Bybel.
--ooOoo---
27 April 2025
Die rol van Bloed
in God se Verlossingsplan
Ds Johan van As gesels oor Bloedoffers in die Bybel en
die belangrikheid en implikasies daarvan vir ons lewe.
--ooOoo---
20 April 2025
Die Opstandingslewe
Jesus Christus se opstanding uit die dood stel ons in
staat om saam met Hom te lewe. Dit stel ons in staat om
'n oorwinningslewe te kan lewe. Ons kan depressie,
neerslagtigheid en probleme oorkom. Ds Attie Nel gesels
vanuit Lukas 24: 36 - 49
--ooOoo---
13 April 2025
"Is jy gereed vir die ware
Jesus?"
Deur die eeue het mense hulle
eie idee gevorm oor die Messias - hoe moet Hy wees? Hoe
gaan Hy wees? Hierdie verkeerde idees het tot gevolg
gehad dat hulle Jesus verwerp het omdat Hy nie aan hulle
verwagtinge voldoen het nie.
Natasha ten Krooden gesels
vanuit Matteus 21: 1 - 10 en Matteus 16: 13 - 18 oor
hierdie verwagtinge en verduidelik wie is die ware
Jesus.
Sy laat ons met die vraag: Wie is Jesus vir jou?
--ooOoo---
6 April 2025
Die Christen se
Identiteit-spoor is die Koninkryk van Christus
In 1 Kor 11: 1 sê Paulus:
"WEES my navolgers, soos ek dit ook van Christus is."
As
ons ware navolgers van Jesus Christus is, kan ons net
soos Paulus 'n voorbeeld vir ander stel wat hulle met
vertroue kan volg.
Ds
Ewald Bosch gesels vanuit Johannes 18: 36 - 19: 11 oor
die tema.
--ooOoo---
23 Maart 2025
Wat is Jesus vir jou werd?
Wat sou jy bereid wees om vir Jesus
of terwille van Jesus op te offer?
Maria het die allerbeste gegee wat sy kon.
Dit is 'n teken van ware liefde.
Net so het Jesus sy allerbeste vir ons gegee - sy lewe.
--ooOoo---
23 Maart 2025
Onverstaanbare Genade
Melissa Mc Donald verduidelik die wonder van God se
genade
op 'n mooi eenvoudige manier.
--ooOoo---
16 Maart 2025
MeiWie volhard tot die einde, sal gered word.
Hannes vd Walt van Geopende Deure Sendingaksie
deel
getuienisse van gevalle van christen vervolging.
Jy kan ook jou
gebedsversoek direk op die BLOG
intik!
Ons versoek u om
gereeld saam te bid vir die persone op die
gebedslys, en ook om ons in te lig indien
daar enige verandering / gebedsverhorings
plaasvind.